Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Labels

Encounter with GOD (347) Daily Life (335) Relationships (251) Work related (63) Travel - Adventure (8)
Showing posts with label Encounter with GOD. Show all posts
Showing posts with label Encounter with GOD. Show all posts

Thursday, January 25, 2024

Moontlik-verteerbare kos-virrie-Siel wat val vd Tafel van ‘Genadenstyd’….



Onwillekeurige Vlietende Gedagtes….

(Geskryf tydens/ na afloop ‘n ergere Siekbed in MediClinic Bleomfontein Jan’24)

Significance / Betekenisvolheid word daargestel met die ‘Beleef van ‘n Encounter’ met ’n mens(e), tydens een of ander ontmoeting, -hetsy toevallig / vooraf afgespreek…. Die’Stof tot nadenke’ wat soos ‘n sagte parfuumreukie agterbly wanneer die gesprek in herinnering geroep word, is een van die aspekte wat bydrae tot die ‘Persoonlike Groei’ ( vir jouselwers of die ander persoon), -wat moontlik ‘n uitvloeisel van die gebeurtenis kan wees….

Sunday, August 23, 2020

'n ToekomsVisie vir die Nageslag......


Opgedra aan: Onse Haimi & Karin... met hul Verlowing !

Ter Opsomming: " 'n ToekomsVisie van Sukses/Mislukking vir die Nageslag - 'n Funksie van die Perspektief wat mettertyd ontwikkel vanuit die Orientasie van Persepsies wat posvat agv Belewenisse van Onmiddelike / Huidige Omstandighede......."

Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: 

"Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig...." [NÚMERI 13:30 AFR53]

Numeri 13 & 14 vertel hoe Moses manne, hoofde van elke stam, stuur om die beloofde land te gaan verken. 
Twaalf manne, twaalf leiers, hoofmanne van stamme, pak hulle sakke en sit af op 'n ekspedisie om 'n land te gaan verken wat reeds aan hulle beloof is deur die onwankelbare God. 
Dis 'n ekspedisie wat hul en hul nageslagte se lewens en toekoms radikaal kan verander....

Hulle sien die land en die opbrengs daarvan, trosse druiwe wat twee mans moet dra, ongekende groot en helderrooi granate. 
Als is mooi, buitengewoon mooi, maar die volk wat daarin woon is sterk en groot. 
Die stede is versterk en baie groot. 
So groot as die moontlikhede van die land is, so groot is die struikelblokke om dit te bekom....

Met die terugkeer kom twaalf manne terug, manne wat dieselfde dinge gesien en beleef het.
Tien manne kom terug met die prentjie van die struikelblokke in hul gedagtes, en twee manne, Kaleb en Josua kom terug met melk en heuning in hul gedagtes. 
Tien manne se verslag is negatief, maar twee manne is positief, -ten spyte van die uitdagings!

Die geskiedenis van die storie leer ons dat dit slegs die twee manne, wat met smaak van melk en heuning in hul gedagtes teruggekom het, wat dit ook in die werklike lewe daarna fisies gesmaak het.... 
Kaleb en Joshua, twee manne wat voet op beloofde grond gesit het en gesmul het aan die land se melk en heuning. 
Kaleb en Josua se verslag het nie die gevare misken nie, hulle het melding gemaak van die gevare, maar hul slotsom was dat met God se hulp, -is dit moontlik...

Ons lewe ook in 'n land en in 'n tyd waar ons reuse in die gesig staar. 
Daar is bye wat ons van die heuning weerhou en koeie wat die melkemmers omskop. 
Daar is baie dinge en gebeure wat ons vanweë 'n negatiewe persepsie 'n neerdrukkende uitkoms kan laat skryf in ons verslag aan die nageslag..... 
Maar ek wil glo, dat wanneer ons die twee manne se voorbeeld volg deur ons gedagtes en fokus te hou op die melk en heuning, en nie op die dinge wat tussen ons en die smaak daarvan staan, dat ons dit ook in die fisiese sal smaak....!

Ons kinders, ons nageslag, het nie nodig om woestyntrekkers te wees as gevolg van ons ongeloof in God, dat ons van dié land se melk en heuning sal eet en drink nie. 
Ek wil aanhou glo, en ek wil aanhou om my gedagtes te vul en my fokus te vestig op die melk en heuning, en nie op die struikelblokke en reuse wat oorkom moet word nie.... 
Want wanneer God ons help met die reuse van die land, wil ek 'n Josua en 'n Kaleb wees, wat my kinders en kleinkinders sien met taai vingers van ons land se heuning, en wat lag met wit, melkglimlaggies om die rondings van hul mondjies....

Wat skryf jy in jou verslag vandag, is dit die reuse in jou hart, of sien jy nog die melk en heuning van ons beloofde land? 
My kinders, my kleinkinders en agterkleinkinders wil ek hê moet my in my Nalatenskap onthou as 'n man wat nooit opgehou glo het dat God se hand sal help teen vyande en reuse in die land, sodat hulle kan eet van die heuning en kan drink van die melk en my verslag geglo het, dat Gods hand ons sal help...!

Ons kinders en nageslagte verdien pa's en oupas en mans soos Kaleb en Josua, wat nog glo in God se hand wat kan help in hierdie land. 
Manne wat kennis neem van die gevare, maar wat die moontlikhede met God in hule gedagtes reeds beleef en uitleef. 
Manne met 'n "mindset" van " Ons kan...!"

Daarmee ontken ek nie die uitdagings nie en ontken ek nie dat ons gevoelens kry van magteloosheid in n demokrasie waar ons as ‘n minderheid eenkant toe gedruk word om toe te kyk hoe die volksvreemde meerderheid soos roofdiere alles verslind.
Ek ontken ook nie dat ons op die stadium leierloos en planloos is nie.
Dat ons teen ons Afrikaner aard ons rug draai om nog houe te vat sonder om terug te slaan.
Dat ons stomgeslaan niks doen behalwe toekyk hoe die volgende hou op ons gemik beplan word en onsself teenvoeterloos verskans en voorberei om die aanslag af te weer en te oorleef.
Om die volgende dag die te begrawe wat dit nie gemaak het en dan weer aan te gaan met ons lewe.

Ons Afrikaners vat hou vir hou. 
Hoe ons soos Dawid nie wraak neem op die Saul in ons lewe nie
Ons bekla ons lot soos Dawid maar ons neem nie reg in eie hande alhoewel ons dit baie sterk oorweeg.
Daar is iets wat ons terughou om teen ons aard op te staan teen die boelies....

As Gelowiges kan daar net 1 verklaring wees:
Ons wag vir God om ons te verlos of in beweging te bring.
Dit opsig self is dalk n goeie plek om op te wees want hierdeur plaas ons ons vertroue in ons Vader om op Sy tyd en Sy manier verlossing te bring.
Ons moet ons gebedslewe inrig en daaraan wy om as Vader se kinders te bly lewe terwyl Hy steeds na ons omsien al gaan dit hoe woes om ons.

Israel is as volk 400 jaar in Egipte onder die heidense nasie gekasty.
In die begin is hulle waardeer en het lekker gelewe en voorspoed beleef te midde van die teenoorgestelde van die Egiptenare.
Inderdaad was hulle teenwoordigheid tot voordeel van die Egiptenare.
Algaande het die Egiptenare jaloers geraak en die Israeliete begin onderdruk en slawe gemaak.
Hulle is sleg behandel maar het vasgebyt voor die aangesig van YHVH en op Hom staatgemaak vir uitkoms.
Dit maak my trots om Christen-Boere-Afrikaner te wees en te sien hoe my volk soos Dawid swaarkry sonder om reg in eie hand te neem waggend op YHVH want dit is wat ons doen of ons dit besef of nie.
Ons bely deur die posisie wat ons inneem:

“Sonder U gee ons nie 1 tree nie ‘maar saam met U deins ons nie terug om menigte aan te vat nie. 
Ons wag soos styfgesnaarde boog op U bevel om die heidene onder U leiding in orde te bring. 
Praat met ons Vader dat ons U leiding kan ervaar U stem kan hoor en in U vertroosting en rus kan vind”

Vir hulle wat klop word oopgemaak.
Kom ons bly klop aan die deur van ons Vader en herinner  Hom aan ons afhanklikheid in afwagting op Sy antwoord en uitkoms soos Kaleb en Josua met n positiewe verwagting...
Kom ons wees bewus van Sy teenwoordigheid wat ons sal reinig van die bose tot geregtigheid om Sy ontwil sodat niks in Sy pad staan om Sy kinders te kom red.

Versorg mekaar te midde van die aanslag tot Hy uitkoms bring....!

Your children are not your children.
They are the sons and daughters of Life’s longing for itself.
They come through you but not from you,
And though they are with you yet they belong not to you.
You may give them your love but not your thoughts,
For they have their own thoughts.
You may house their bodies but not their souls,
For their souls dwell in the house of tomorrow, which you cannot visit, not even in your dreams.
You may strive to be like them but seek not to make them like you.
For life goes not backward nor tarries with yesterday.
You are the bows from which your children as living arrows are sent forth.
The archer sees the mark upon the path of the infinite, and He bends you with His might that His arrows may go swift and far.
Let your bending in the archer’s hand be for gladness;
For even as he loves the arrow that flies, so He loves also the bow that is stable....

Shalom....& Maranatha!

Friday, April 12, 2019

God se Vryheid ... & 'n Baie Dankie.......!



" Dankbaarheid gee Sin aan GISTER; Vrede vir VANDAG; & Skep 'n Droom vir MORE...."
                                                   
 Sonde probeer die "lekker" uit die lewe haal....deur 'n slinkse slenter!

Eers probeer hy vir jou ’n leuen vertel deur te sê hy weet waar die ware 'fun' van die lewe is, maar as jy jou weer kom kry, het jy meer probleme as iets anders.... 
Of probeer jou vasdruk in reëls en regulasies van jy mag nie dit nie en jy mag nie daai nie. 
Ja, aanvanklik lyk daardie kant beter, makliker, maar ongelukkig begin jy gou aan ’n groot stuk bagasie sleep.

Stadig maar seker word jy ingekatrol en voor jy lekker kan sien, is jy in hulle kloue en vasgevang en in die nette van gebondenheid. 
Dan is jy ’n gevangene, ontneem van vryheid – God se Vryheid.

Daar is gewetenlose mense daar buite. 
Daar is mense wat glad nie omgee om ander mense se siel te verkoop nie. 
Hulle is nie bang vir die dood nie. 
Hulle trap met hulle groot bootse op enige iets – selfs op mense se harte.

Dalk sê jy vir jouself dat jy dit nooit sal toelaat nie, die bose sal my nie met ’n slap riem kom vang nie. 
Moenie so seker wees nie. 
Op baie slinkse maniere kom hy en probeer God se vryheid by jou steel.

Miskien sal dit goed wees as ons een of ander tyd op ’n klip gaan sit en mooi kyk na wat ons glo en die maniertjies wat ons vir onsself aangeleer het. 
Maak dit ons vry, of bind dit ons juis vas?

Om te voorkóm dat ons om die bos gelei word, moet ons ’n lewe leef waar ons die heeltyd vir onsself sê: God het alles gemaak. God is die Skepper. Alles wat God gemaak het, het groot waarde.
Wie is ek dan om nou die beheer daarvan oor te neem en te besluit wie mag en wie mag nie? 
Miskien sukkel ons so met die lewe omdat ons alles nie in die regte perspektief sien nie.

Derhalwe...... 
Sê vir God dankie vir alles. 
Vir elke ding wat jy doen, sê vir God dankie daarvoor. 
Dan besef ’n mens gou waar dit vandaan kom en wat die waarde daarvan is. 
Wanneer jy dan nie vir God daarvoor dankie kan sê nie, weet jy hier is iets nie reg nie. 
Dalk is dit dan nie ’n Godgegewe geskenk nie, maar ’n mensgemaakte ding en wanneer die mens iets te make het met die ding, is die kans maar al te goed dat daar êrens iets gaan ontspoor.
Maak ’n punt daarvan om elke oomblik vir God dankie te sê vir alles wat jy om jou het. 
Hy het tog alles gemaak en al die lof kom Hom toe. 
Daarom moet jy in alles wat jy doen jou dank aan Hom betuig en dit ook uitleef. 
As jy iewers by ietsie kom waar jy sukkel om dankie te sê, moet jy dadelik stop om seker te maak dit is God se goed en nie dalk net jou goed nie.
En as jy agterkom daar is iets in jou lewe is wat jou laat twyfel of dit van Hom is, vra Hom om Hulp via die Heilige Gees, om dit te laat staan....

... En dit is reg so, want alles wat God gemaak het, is goed. 
’n Mens hoef nie jou neus op te trek vir enigiets as jy vir God daarvoor dankie sê nie. 

God self het vir ons gesê dat alles wat gemaak is Syne is.

Shalom ... & Maranatha !

Tuesday, January 22, 2019

The PURPOSE of Life...?


 



What is the purpose of life?

In a nutshell, life is preparation for eternity.
We were not made to last forever, and God wants us to be with Him in Heaven.

--One day my heart is going to stop, and that will be the end of my body-- but not the end of me.

--I may live 60 to 100 years on earth, but I am going to spend trillions of years in eternity.
This is the warm-up act --the dress rehearsal.
God wants us to practice on earth what we will do forever in eternity..

--We were made by God and for God, and until you figure that out, life isn't going to make sense.

--Life is a series of problems:
Either you are in one now, OR you're just coming out of one, OR you're getting ready to go into another one.

--The reason for this is that God is more interested in your character than your comfort; God is more interested in making your life holy than He is in making your life happy.

--We can be reasonably happy here on earth, but that's not the goal of life.
The goal is to grow in character

--No matter how good things are in your life, there is always something bad that needs to be worked on.

--And no matter how bad things are in your life, there is always something good you can thank God for.

--You can focus on your purposes, or you can focus on your problems:

--If you focus on your problems, you're going into self-centerdness, which is my problem, my issues, my pain. But one of the easiest ways to get rid of pain is to get your focus off yourself and onto God and others.

--We need to ask ourselves:
Am I going to live for possessions?
Popularity?

Am I going to be driven by pressures?
Guilt?
Bitterness?
Materialism? 

OR......am I going to be driven by God's purposes (for my life)?

--When I get up in the morning, I sit on the side of my bed and say, God, if I don't get anything else done today, I want to know You more and love You better.

God didn't put me on earth just to full-fill a to-do list.
He's more interested in what I am than what I do.

--That's why we're called human beings, not human doings.

--Happy moments, PRAISE GOD.
--Difficult moments, SEEK GOD.
--Quiet moments, WORSHIP GOD.
--Painful moments, TRUST GOD.
--Every moment, THANK GOD.

Shalom........ & Maranatha

Tuesday, October 16, 2018

10 Beloftes... / "Promises made by God....."

....Hou vas aan God se Beloftes... !


1. As Ek die eerste plek in jou lewe inneem, sal jy geen ander gode wil dien nie, want Ek sal die ereplek in jou lewe hê!

2. As Ek in jou hart woon, sal dit nie nodig wees om gesnede beelde van My te maak nie, want jy sal self My beeld dra!

3. As jy My liefhet, sal My naam nooit ’n vloekwoord oor jou lippe kan wees nie, maar in alle omstandighede deur jou eerbiedig en gerespekteer word!

4. As Ek die ereplek in jou lewe het, sal Sabbat die hoogtepunt van die week vir jou wees. Dit sal vir jou ’n vreugde wees om in die Gemeenskap van die gelowiges My te aanbid. ’n Dag om na uit te sien, nie om teen op te sien nie!

5. As Ek in jou lewe is, sal dit vir jou ’n voorreg wees om jou ouers te eer en lief te hê. Dit sal nie vir jou moeilik wees nie, want agter Hulle sal jy My sien wat hulle vir jou uitgekies het!

6. As jy my liefde jou eie gemaak het, sal jy nooit iemand wil seermaak of haat nie, wat nog te sê doodmaak!

7. As jy My liefhet, sal dit nie moeilik wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie. As Ek ’n plek in jou huwelik het, sal julle vir mekaar lief wees en julle geluk sal ek in my hande bewaar en vashou!

8. As Ek op die troon van jou lewe sit, sal jy daagliks vra: ‘Aan wie en waar kan ek aan ’n ander iets gee en jy sal nooit iets van ’n ander wil neem nie?’

9. As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees om van ’n ander kwaad te praat nie. Deur my gees sal jy ’n mens wees wat van ’n ander niks sal sê as dit nie iets goeds is nie!

10. As jy een met My is, sal My gees jou tevredenheid gee om vergenoegd te wees met wat jy het, met die besef dat YAHWEH gee soos wat jy nodig het en wat Hy gee, gee Hy altyd genoeg sodat jy niks sal kortkom nie!

Shalom... & Maranatha !

Wednesday, October 03, 2018

God's Voice..... ? / God se Stem.....?


'n Berader wat op 'n stadium 'n verslaafde was, skryf: 
'Ek was onder behandeling vir chemiese afhanklikheid en het 'n werk nodig gehad. Ek het vir maande gesoek, maar niemand wou my in diens neem nie. Een dag terwyl ek vir die bus gewag het, het 'n klein stemmetjie vir my gesê: 'Kyk agter jou.' Ek het langs 'n prokureurskantoor gestaan. 'Gaan praat met die hoof van die firma en sê vir hom dat jy 'n werk nodig het,' was die woorde wat ek gehoor het..... 

'Dis mal,' het ek gedink, maar steeds het daardie stem my aangemoedig..... 
Toe ek met die prokureur praat en hom vertel wat in my lewe aan die gang was, het hy dit verstaan omdat iemand in sy familie ook op die herstelpad van verslawing was. 

Toe het hy na my gekyk en gesê:
'Dis snaaks dat jy vandag ingekom het. 
Ek dink daaraan om 'n posisie vir 'n regssekretaresse te skep en het nog nie daarby uitgekom om die pos te adverteer nie.'

Twee weke later het ek die werk gekry en dit was beter as enige ander posisie waarvoor ek aansoek gedoen het. 
Die salaris was meer en het die beste moontlike gebruik van my vaardighede gemaak.

Die probleem is nie dat God nie meer met ons praat nie, dis dat ons nie meer sy stem herken nie. 
Moenie so gou wees om die toevallige gedagtes te ignoreer nie. 
Oor die algemeen, sal God nie 'n weerligstraal uit die hemel stuur om jou aandag te kry nie. 
Hy praat meer dikwels met jou deur jou gedagtes, 'n familielid, 'n vriend, 'n verandering in jou omstandighede, of die stilte wanneer Hy jou hart met perfekte vrede vul. 
Luister dus vir God se stem.

Shalom ... & Maranatha !

Tuesday, September 25, 2018

Practice... the Presence of God / Ervaar die Immer & Alomteenwoordigheid van die Gees van God..!



Being a stockman & sheep-farmer myself, have taught me some valuable lessons in Life...

You don't just leave sheep to find their way in a camp / pasture. 
They are infamous for getting lost, being attacked by predators; falling into some 'hole', &  that is why they must stay 'close to the shepherd', & follow his voice..... 

No shepherd could be called 'good' unless he personally guided/protect his flock through/ from danger.... 

But that is precisely what God promises us to do.... 
He wants to speak to you; He wants to lead you to good pasture. 
Now, it doesn't happen in an instant! 

Walking with God is a 'Way of Life'. 
It's something..... to be learned; our ability to hear God's voice and discern his word to us grows over time. 
We need to daily ".....Practice the Presence of God....."

Shalom & Maranatha!

Friday, August 31, 2018

Vreugde...... / "Joy !"



God se idee is dat ons met ’n sak vol vreugde deur die lewe moet stap.... 
Ons moenie met lang gesigte rondstap nie. 
Dis nie hoe God dit bedoel het nie.
 ......maar ons sukkel! 
Ons sukkel om deur die swaar ons vreugde te vind. 
Ons sukkel om die opdrag van Paulus deel te maak van ons lewe: 
Wees altyd vol blydskap.(1 Tessalonisense 5:16-22)

Ek vermoed dit het iets te doen met die feit dat ons ons vreugde op verkeerde plekke soek.
Ons moet ons vreugde eerder in God soek. 
Wanneer ’n mens regtig die liefde wat God vir ons het, verstaan, kan ons te midde van die geswoeg vol vreugde wees....

Die Oorsprong van Vreugde:
Omdat God my liefhet, raak Hy nie ongeduldig met my nie.
Omdat God my liefhet, hou Hy ook nie boek van my oortredinge wat Hy vergeef het nie. 
Hy vergeet daarvan.
Omdat God my liefhet, sê Hy nooit daar is nie meer hoop vir my nie.
Omdat God my liefhet, laat Hy my nooit in die steek nie, al doen baie van my sg. beste vriende / familie dit.
Omdat God my liefhet, ondersteun Hy my wanneer ek 'n punt van wanhoop bereik.
Dit is in sulke oomblikke dat ek werklik kan glo dat God my liefhet.
“Omdat God my liefhet...” se resultaat is vreugde in my.....& diesodanige vreugde in my loop altyd oor na die ander rondom my. 

Jy, die grootste van alle geskenke, is God se volmaakte liefde.
Vreugde is vir altyd....
Wanneer 'n mens lag, is dit asof jy in jou binneste begin draf - jou geheime oefenprogram.
Die beste skoonheidskuur is 'n gelukkige hart en 'n vreugdevolle gees.
Verryk die lewe van ander mense met alles tot jou beskikking en jou eie beker van vreugde sal gou-gou oorloop.
Hoop op die beste! 
Wees voorbereid op die ergste en gaan alles glimlaggend tegemoet.
Lag gee smaak aan die lewe - soos sout oor 'n eier.
Genot is vlietend en kan binne sekondes verdwyn. 
Maar blywende vreugde kom via die Heilige Gees en bly stroom deur jou hart soos 'n diep rivier.
Die rede waarom Christene so vol vreugde kan wees, is omdat Christus gister gesterf het, vandag leef, - & môre wéér sal kom...

Mag vreugde deel van ons lewe aldag word.....!

Shalom & Maranatha !

Thursday, June 07, 2018

60-Jaar se Genade: Enkele Pitkos-gedagtes.... soos versameld met die verloop van Tyd .....

Image result for genade

In English (Two words): 
1. Grace: Free & Unmerited favour/accolades received for something not earned or qualified for: (Favor for nothing done; Not punishing as our sins deserve; deliverance from judgement)
2. Mercy: Pardon received/Forgiveness for actual wrongdoings of the past: ( Pardon for something done; blessing us despite the fact that we do not deserve it; extending kindness to the unworthy )

In Afrikaans: Slegs een woord: Genade - Om te kry wat jy NIE verdien nie ASOOK NIE te kry wat jy inderwaarheid WEL verdien.....

In die skemering & wyl alles steeds 'stil' is sê ek aan God: 
"Baie Dankie...Dankie dat U nie Genade in teelepels afmeet nie...!"

Oorvloediglik is Genade aldag & elke dag beskikbaar, -dog moet ons steeds daarvoor vra met 'n Dankbare hart & Vergenoegdheid, & nie bekommerd wees dat daar nie genoeg oor sal wees vir môre & die dae daarna nie......
Daar sál volgens Sy 'afmeet daarvan' (maat) -genoeg wees vir elke dag.
Ek kan nie verwag om vandag al die Genade te ontvang wat ek môre dalkies nodig sal hê nie!
Daarom kan ek ook nooit by voorbaat weet dát ek wel, & hóé ek in 'n krisissituasie sal kan oorleef nie...
Dit gaan nie nét om te kan oorleef nie, -maar ook om só daagliks te kan leef ten einde God te kan verheerlik daardeur & vir my medemens tot Seën te kan/mag wees....

Dis Genade wat my deur talle beproewings, strikke & gevare tot hier gebring het, & Genade wat my tot die einde .......behoue sal laat bly want ek is nie wat ek behoort te wees nie; wat ek graag sou wou wees nie; wat ek nog hoop om te wees nie; maar deur slegs Sy Genade van God is ek tans wat ek is......

God gee Sy straf volgens verdienste, -dog Sy Genade is immer sonder maat(einde).....
Dis nie asof Christus ewe skielik 'n deur oopsluit & ek my hand moet uitsteek; die knop moet draai & moet ingaan nie....
Reeds staan ek/ons aan die binnekant -met verwondering in hulpelose afhandlikheid oor hoe dit nou eintlik plaasgevind het, -dog intens ook bewus van God se grenslose Liefde vir my as een van die onverdienstelikes...

God skenk nie net vir ons Sy Genade nie, -Hy gee vir ons Jesus,-ook as Simbool van Sy nimmereindigende Genade.
Desnieteenstaande soos met enige geskenk, -kan hierdie nie-verdienbare Genadegeskenk slegs ontvang, mits jy jou 'hand' uitsteek om dit in gewilligheid te wil ontvang...
Sy Genade kan nie gesoek, gekoop of bewerk word nie.....
God se wonderbare, oneindige & ongeëwenaarde Genade word vrylik geskenk aan almal wat glo! 
Ek wil glo dat hierdie 'gewilligheid om genade te ontvang' -ook 'n Geskenk van God is, -om mildelik te mag ontvang...in Sy tyd!

'n Ieder & elk deesdae in Suid-Afrika is in hulself & 'ware menswees' gewond &/of emosioneel gebreklik & gebroke.
Die heelmaakproses ten einde te kan oorleef word die uiteindelike onmiddelike 'sin van die lewe'
God se Genade is die enigste 'Gom'
Genade vorm derhalwe deel van 'n verrassende krag om die aardse werklikheid te konfronteer & onder oë te sien; sy treurige & tragiese kant te sien; sy wrede snye se pyn in jou lewe te ervaar, -dog desnieteenstaande diep in jou wese te 'weet' dat dit goed & reg vir jouselwers is om (steeds) op aarde te wees....

Genade-ontvang hoef nie getaan te word deur die herinnering aan gister se mistappe & sondes nie. 
God IS.......was altyd gewees; is; sal altyd wees!
Derhalwe is Hy ook die God van ons 'gisters' & 'van more & oormore'.
God is derhalwe by magte om die selfkastyding in herinneringe van gister se flaters te omskep as 'n wonderlike geleentheid vir geestelike groei ten opsigte van die toekoms...
Wanneer 'n mens egter verstaan wát die Genade van God in Christus is, -bring dit jou daartoe om nie net jou sonde nie, -maar juis jou eie goeie werke as waardeloos te erken.
Dog om steeds as gewone alledaagse mense, -die Wonder van Sy Genade na vore te laat kom in alledaagse menswees.....
God se Genade kan soms op 'n wonderlike manier in klein kindertjies / skapies / kalfies & ander pasgeborenes pragmaties & in eenvoud herken word.
Moenie daardie klein flentertjies Genade miskyk nie....
Jy moet net 'n geoefende oog & oor kry om dit te ervaar & te geniet.
Om in die Skoonheid van God se Genade in die natuur te kan beleef, is iets besonders, want Sy Genade is voor jou; agter jou; om jou; bo jou & binne -in jou.... 

'n Unieke eienskap van Genade is dat dit 'n mens 'bevry' om heeltemal jouselwers voor God te kan wees.....
Die mens wat Geesvervuld & waarlik 'Godsontdekkend' is, het nie 'n "geestelike" houdinkie van vroomheid met 'n hofvaardige halo-effek nie, maar wel 'n ongekunstelde, spontaan-eerlike eenvoud met diepgaande natuurlikheid. 
Genade verander die menslike natuur; as Genade ons nie 'anders' maak nie, -is dit nie die soort Genade wat God die Vader aan Sy uitverkorenes skenk nie.... 

Genade aan diegene wat 'Dankbaar' is daarvoor, is nimmereindigend... 
Soos in brief aan Jakobus wil dit vir my al hoe meer voorkom asof dit eerder aan nederiges mildelik toegedeel word & weggeneem word van die 'hoogmoediges'.....

Genade verstom.... -omdat dit teen gesonde verstand indruis.....(Grace vs Mercy)

Genade werk deur ons natuurlike vermoëns ten einde in tydens beoefening van "stil te wil wees" Hom as "Genade Gawe" te kan beleef.

Ons word 'taai & hardgebak' in Sy Genade ten einde die 'nie-goddellik geiinspireerde eise' van Suid-Afrika die hoof ten kan bied.
Desnieteenstaande sal God se Wil ons nêrens heen neem waar God se Genade ons nie sal kan deurhelp nie..... 

Mense wat al deur die meule van swaarkry is, verstaan Genade soveel beter as mense wat dag vir dag op die kruin van die golf van God se Guns ry.
Deur terugslae ontdek jy die wonder van Genade, -nes die warm sonstrale 'n winterkoue Vrystaat se vroegmore....
God se Genade beteken nie dat Hy altyd ons moeilike situasie verander nie, -maar wél dat Hy altyd ons swaarkry 'raaksien.....afbuig & ons vashou'!

Genade is altyd 'n Eenrigtingpad van God na die mens.....
Dit het niks met 'n wedersydse wisselwerking te doen nie; dit is altyd onverdiend & dit bly steeds 'n verrassing.
Dit is altyd God wat na ons uitreik; God wat sy Liefde vir ons sonder meer kom aanbied...
Hierdie Genade is heeltemal 'gratis'; ons kan dit maar net in Dankbaarheid aanvaar & op ons beurt weer God se Genade deurgee aan diegene wat ons lewenspad 'toevallig'sou kruis...

60-Jaar lank was God my genadig & ook môre sal Hy my Genadig wees totdat die konsep van tyd deur die ewigheid ingesluk mag word.

Tussen deser & die Hemel is elke oomblik van die Christen se lewe 'n 'Oogwink van Genade'.....

Shalom....... & Maranatha

Friday, May 18, 2018

Humbleness due to Brokenness, -His way of Blessing amidst of a Period of Growth......

"...Don't only go through Life, -Grow through Life !"

No one is granted immunity from the hardships of life — not even believers... 
Whether it’s the death of a loved one, prolonged physical illness, or the loss of a job, suffering strikes us all...

But just as we can be guaranteed of sorrow in life, we can also count on God’s comfort & redemption.

In His kingdom, He has the final say on our brokenness and His plan is always to trade beauty for ashes.

Being broken, -is a tender process of being inspired in hope to look ahead for the joy that awaits all those who trust in the Lord amidst their most trying seasons.

When all is destroyed, and life seems broken beyond repair, it’s time to make a trade: your ashes for His beauty.

Brokenness brings us to the place where we say:
“God Is Our All in All; all that matters is God and His presence in my life,”
...the place where we awaken with God’s purposes in mind, praying:
“What do you want me to do, say, and be today in order to bring You glory?”

At that point we are in a submission: 
We desire God to produce in us the inner fruit of Christlike character...
The fruits of the Spirit described by the apostle Paul in Galatians 5:22-23 listed here reflect the character of Jesus Christ:

Love: Christlike sacrificial love gives, and then gives more, and then gives still more.
When we are following Christ and His example, we can pour out this kind of love on others...

Joy: Every time we are broken by God and sin is defeated in our lives, joy is the outcome.
And when we are full of joy, people notice and are drawn to the Lord, the source of our joy...

Peace: When we submit our lives completely to Christ, we choose to trust that He is in control, and we are able to rest in His arms.
Being at peace in one’s spirit is a countercultural and appealing trait in this pressure-filled world.

Patience: When we know that we are God’s for all eternity, we are much more inclined to wait on Him for what He has for us in this life, and we can be patient with others who we think are interfering with our plans.

Kindness: Brokenness brings us to the place where we realize we have no rights; we have turned them over to God.
We no longer insist on having our own way or getting what we want when we want it. 
As a result, we are kinder to others...

Goodness: When God breaks us, we realize that God alone is good and that the only good we have in us is because the Holy Spirit lives in us.
The Spirit’s presence in us gives us the desire to do good works, make good decisions, and come up with good solutions.
The goodness of God also compels us to look for the good in others and to encourage them, to help those in need, to pray for those who don’t know the Lord and to seek justice on behalf of those who are oppressed.

Faithfulness: A broken spirit enables us to say:
“I am truly Yours, Lord.
You alone are God, and I never want to stray.”

The Holy Spirit produces in us a desire to be in close relationship with the Father and to never leave Him, not for a moment.
In human relationships, our faithfulness may be evident in our integrity and being true to our word.

Gentleness: We are able to be gracious and gentle with others when we have experienced brokenness because we recognize that God has been gracious and gentle with us.

Self-control: When we turn total control of our lives over to God, He gives us self-control, the ability to say no to Satan’s temptations, and the capacity to resist evil.
This self-control makes it easier for us to live in a way that honours God and respects others.

In addition to producing this fruit in us, God breaks our voracious hunger to satisfy our own longings and desires.
He breaks us so we will want what He wants, and we discover that God wants us to have what we need and what will bring us joy.
Brokenness changes our desires...
Brokenness causes us to consider the fruitfulness of our witness...
The outer fruit that God calls us to produce is to declare His truth and to meet the needs of those we encounter who are in need. 
We are to be ready witnesses to God’s love and power.

We are to reflect God’s compassion with our actions when someone needs help, with our lifestyles as unbelievers watch us, with service that builds up the body of Christ, and with our words when someone asks us about our hope, joy, or love.

Again, the reason for brokenness is so that we might realize that the life we live is not our life: it is Jesus’ life.
And we must surrender on a daily basis to the life that He desires to live through us.
Then, what we discover through brokenness is that when we truly submit our will to Jesus’ will and allow Him to work through us, our service to others has much greater power and effectiveness.

The way to the blessing of a new character — the character of the Lord Jesus Christ himself — and of a new power in your personal ministry and service to others is going to be a path that involves brokenness.
God has no other plan for us.

That results in the Outer Fruit of God’s Inner Presence...solely reliant upon His' Leading...

The state of brokenness is not proof that God is mad at you.
He allows brokenness in us as a tool to make us more like Himself, more the way we were created to be, less reliant on ourselves, to bring Him glory, and to bless us.
Blessing and relationship are always God’s biggest desires for us.

That results in the Outer Fruit of God’s Inner Presence...

Shalom & Maranatha

Saturday, February 17, 2018

Established....... / "Bevestigd"!

Established in Jesus Christ...! 
This is the Secret to a Fulfilled and Abundant Life...

"Established"......

This word conveys the ideas of...

...Permanence, Strength & the Ability to withstand attack & with Long-term Stability. 

This is the word Peter used in his 2nd letter: 2Peter:
So I will always remind you of these things, even though you know them and are firmly established in the truth you now have. (2 Peter 1:12)

With every gift you give and prayer you offer to others, -you are like the Apostle Peter, firmly establishing believers in God's Love and Grace... 
It is reminding believers of all that Christ has accomplished – essential truths that Peter shares in verse 3 and 4:
-God has given us everything we need for Life and Godliness.
-God has given us His' very great and precious Promises.
-Through these, we may participate in the Divine nature and escape the world's corruption.

Being established in the fundamentals is so vital to living the abundant life... 
...Jesus has promised!

He boldly declares that we can add to our Faith...
-Goodness, 
-Knowledge, 
-Self-control, 
-Perseverance, 
-Godliness, 
-Brotherly kindness &
-Love, -as a result of these truths..!

Then, he reminds us that if we find any of these things missing in our lives it is because we've forgotten the fundamentals! 
Specifically, we've forgotten that, in Christ, we are forgiven people.

Therefore, -no reason being anymore confused about our status with God.
Remember consequently who we are in Him and allow Him to re-establish each of us as one of His children, -immovable in the face of everything life throws at us, -daily!

Here is Peter's message: If you want to be established, you must be grounded in the basics. 
.....There simply is no other way!

Grace through Faith in Jesus Christ... 

So easy..., -yet we make it so difficult at times!
Through us, His' hands and feet in the world, He establishes people in His Grace, Forgiveness & Life...

Shalom & ....Maranatha

Thursday, January 04, 2018

Where do we go.... from here? ' Quo Vadis ' .....2018 ?


Where do we go from here.....?

"This life, -ought to be spent by us only as a journey towards heaven." 

That's the only story worth living in now... 
The road goes out before us and our destination awaits. 

In the imagery of Hebrews, a race is set before us and we must run for all we're worth. 
Our prayers will have been answered if we've helped to lift some of the deadweights so that your heart may rise to the call, hear it more clearly, respond with "eager feet.

Our final thoughts echo the advice found in Hebrews 12:2-3:
Keep your eyes on Jesus, who both began and finished this race we're in. 

Study how he did it... 
Because he never lost sight of where he was headed—that exhilarating finish in and with God—he could put up with anything along the way: cross, shame, whatever. 

......And now he's there, in the place of honor, right alongside God. 
When you find yourselves flagging in your faith, go over that story again, item by item, that long litany of hostility he plowed through. 
That will shoot adrenaline into your souls! (Eugene Peterson's translation from The Message)

Jesus remembered where he was headed, and he wanted to get there with all his heart....! 
These two themes, memory and desire, will make all the difference in our journey ahead. 

Without them, -we will not run well,
........if we run at all...

Shalom.... & Maranatha!

Saturday, December 30, 2017

'Gewillige-Bereidwilligheid' tot Sensitiwiteit vir die Heilige Gees se Leiding!

.....Let GOD Lead you........ Today... & ALWAYS !...
Handeling 16: 6~10...... Wat 'n merkwaardig-intressante gedeelte !
Hy het 'n Masedoniese man gesien wat hom staan en smeek: 'Kom oor na Masedonië toe en help ons.' Nadat Paulus die visioen gesien het, het ons onmiddellik Masedonië toe vertrek omdat ons tot die oortuiging gekom het dat God ons geroep het om die evangelie daar te verkondig' (verse 6-10). 

God het 'n 'Oop-deur Beleid.' !
Wanneer Hy 'n deur oopmaak, is jy veronderstel om daardeur te loop.... 

Merkwaardig dat toe God Paulus daarvan weerhou het om in Asië in te gaan, het hy nie rondgehang en gevra, 'Hoekom, Here?' nie. 
Hy het aanhou beweeg..... 

Vir Paulus was dit niks snaaks om iets te probeer en dan werk dit nie uit nie. 
Hy het geglo dat sy gawe aan God sy gewillige hart is; en God se gawe aan hom was dat Hy hom altyd sou lei waarheen hy moes gaan

Dit wat God voorkom, -is net soveel Goddelike Leiding as dit wat Hy toelaat. 
Elke deur wat NIE oopgaan nie, elke geleentheid wat jy NIE kry nie en elke oproep wat NIE deurkom nie is nèt soveel God se leiding as die wat doen...... 

Die wete dat jy nie kan bly waar jy nou is nie, -mag dalk die beginpunt van God se leiding in jou lewe wees. 
Hierdie leiding begin dikwels met 'n roering en 'n rusteloosheid in jou siel.......

Shalom ..... & Maranatha !

Tuesday, December 19, 2017

To seek God's Face......

.....Seek God 1st....! Matt. 6:33

So often, we view others for what they can do for us, instead of who they are.... 


There is a difference between being a servant vs. being a friend. 
There is a difference between being an employee vs. being a son.

Do you seek God's face, or do you find that you spend more time seeking His hand? 

God wants us to seek Him for our every need. 
However, there is a higher calling for every believer. 
That is to seek God's face, and to see Him for His love and tenderness toward us as His children. 
He can provide for our physical needs, but when we see Him face to face, we are changed..... 

We no longer see Him as one to be feared as much as one to know intimately. 
We no longer view Him for what He can give to us, but for what He already has given for us.

When we see Jesus face to face, we are no longer slaves, -but friends. 
We do not fear Him as a slave fears his master. 
We have entered a new kind of relationship-a relationship that has mutual respect and care.

Jesus is calling us to seek His face, not just His hand.... 

When you seek His face, you will know His provision and His mercy in all aspects of life. 
Seek His face today and become a 'friend & son of God'....

Shalom .....& Maranatha

Monday, December 18, 2017

An Ultimate Test : Betrayal...... / Verraad........

.....The saddest thing about betrayal is...-it never comes from your enemies...?!"

"You will always be attacked in the place of your inheritance," .....I read.

"God has called you to bring people together and to impact other people's lives ....
You must make sure that you seek to maintain righteousness in all of your relationships." 
......Those words came from someone who had the wisdom and authority to tell them to me.




I have had a number of close relationships that ended in betrayal. 

I am very loyal to my friends and those with whom I have relationships. 
Yet there are times that no matter how righteous you are, when someone means to betray you, he/she will do it..... 
Loving those who betray you is "graduate-level" Christianity.
-The religious community and one of His closest friends betrayed Jesus. 
-Those who were closest to David betrayed him. 
-Joseph's own family betrayed him.... 



Loving our enemies cannot be accomplished by mustering it up. 
It can only happen when we have come to a death in ourselves so that Christ can love through us. 
It is truly one of those acts of identifying-with-the-cross.

You can be sure God will allow you to experience betrayal... 

It is one of those courses in the Kingdom that may not be required until God has seen that you have successfully passed other tests ! 
It is the most difficult and most gut wrenching of all tests! 

A godly response goes against all that is in us. 




Our natural response is..... 
* To protect, retaliate, and retain un forgiveness and bitterness. 
* Satan's most powerful weapon! 




To overcome it requires much grace from God. 

To ask God to build His nature in you now, -is to be pro-active, so that when such attacks come, you will be aware that it is a test and you will respond in righteousness.....

Shalom .... & Maranatha

Monday, November 27, 2017

Groei.... / Growing towards Maturity...

...It is achieved by 'becoming' more 'Christ-like'. After Salvation, every Christian begins a process of Spiritual Growth..., with the intent to become 'Spiritually Mature'......before they 'untimeously die'!

'n Konstruksiewerker het van die stellasie op die veertigste vloer van 'n wolkekrabber afgeval........ 
Soos hy verby die venster op die twintigste vloer geval het, het 'n vrou in die kantoor uitgeroep: 'Hoe gaan dit met jou?' 
Die man het geantwoord: 'So ver, heel goed!' 

Geestelike groei voel soms of ons twee treë vorentoe en drie treë terug neem..... 
Dit is nie maklik nie, dis hoekom Petrus ons aanmoedig om nie moed te verloor nie.... 

Oor die algemeen, kom jy nie agter dat jy fisies ouer word nie totdat jy 'n vroeër foto van jouselwers sien...! 

Dis dieselfde met geestelike groei; dis moeilik om te meet hoe ver jy al gekom het totdat jy terugkyk en sien waar jy was voor Jesus jou lewe omgedraai het. 
Die Bybel sê, '...Dis natuurlik die Here self, Hy wat Gees is, wat ons verander om al hoe meer te lyk en te leef soos Hy dit wil hê' (2 Korintiërs 2:18 ). 

Wanneer jy dus mismoedig is, herinner jouself daaraan dat jy op 'n geestelike reis is, dat jy ten spyte van jou probleme vordering maak en dat die duiwel altyd op die uitkyk is vir maniere om jou te herinner hoe ver jy nog het om te gaan. 

Moenie na hom luister nie! 

Jesus het gesê, '...As hy sy mond oopmaak, lieg hy...' (Johannes 8:44 ). 
As jy mismoedig raak en opgee, wen satan. 
Die Bybel sê, '...Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak' (2 Korintiërs 10:5 )

Hou moed: Dit mag dalk nie altyd so lyk nie, maar jy word elke dag meer volwasse en sterker in Christus. 
Moet dus nie eers daaraan dink om tou op te gooi nie.

Christianity is not a promise to enjoy a life without pain nor to be given a shortcut 'through' it. 
It is a promise that pain, sorrow, sin—ours and others—will not swallow us, destroy us, define us, or have the final word... 
Jesus has won the victory!
And in him so have we...

"Don't EVER Quit! "

Shalom & Maranatha !