Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, November 27, 2017

Groei.... / Growing towards Maturity...

...It is achieved by 'becoming' more 'Christ-like'. After Salvation, every Christian begins a process of Spiritual Growth..., with the intent to become 'Spiritually Mature'......before they 'untimeously die'!

'n Konstruksiewerker het van die stellasie op die veertigste vloer van 'n wolkekrabber afgeval........ 
Soos hy verby die venster op die twintigste vloer geval het, het 'n vrou in die kantoor uitgeroep: 'Hoe gaan dit met jou?' 
Die man het geantwoord: 'So ver, heel goed!' 

Geestelike groei voel soms of ons twee treë vorentoe en drie treë terug neem..... 
Dit is nie maklik nie, dis hoekom Petrus ons aanmoedig om nie moed te verloor nie.... 

Oor die algemeen, kom jy nie agter dat jy fisies ouer word nie totdat jy 'n vroeër foto van jouselwers sien...! 

Dis dieselfde met geestelike groei; dis moeilik om te meet hoe ver jy al gekom het totdat jy terugkyk en sien waar jy was voor Jesus jou lewe omgedraai het. 
Die Bybel sê, '...Dis natuurlik die Here self, Hy wat Gees is, wat ons verander om al hoe meer te lyk en te leef soos Hy dit wil hê' (2 Korintiërs 2:18 ). 

Wanneer jy dus mismoedig is, herinner jouself daaraan dat jy op 'n geestelike reis is, dat jy ten spyte van jou probleme vordering maak en dat die duiwel altyd op die uitkyk is vir maniere om jou te herinner hoe ver jy nog het om te gaan. 

Moenie na hom luister nie! 

Jesus het gesê, '...As hy sy mond oopmaak, lieg hy...' (Johannes 8:44 ). 
As jy mismoedig raak en opgee, wen satan. 
Die Bybel sê, '...Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak' (2 Korintiërs 10:5 )

Hou moed: Dit mag dalk nie altyd so lyk nie, maar jy word elke dag meer volwasse en sterker in Christus. 
Moet dus nie eers daaraan dink om tou op te gooi nie.

Christianity is not a promise to enjoy a life without pain nor to be given a shortcut 'through' it. 
It is a promise that pain, sorrow, sin—ours and others—will not swallow us, destroy us, define us, or have the final word... 
Jesus has won the victory!
And in him so have we...

"Don't EVER Quit! "

Shalom & Maranatha !

No comments: