"......Be content with what.....IS!..." |
Onvergenoegdheid ("Discontentment") ...... is 'n slagyster wat jou kan vasvang en jou van vreugde en vervulling kan beroof!
Dit is hoekom die Bybel sê dat jy onder 'ALLE omstandighede' vergenoegd 'behoort' te wees.
Die idee dat 'n groter kar of 'n groter huis of 'n groter salaris 'groter geluk & vreugde' sal meebring, is 'n flagrante mite....
Daar is & sál ALTYD iets groters en beters wees daar buite....
Daar sál ALTYD mense wees wat méér as jy het, dus sal jy gevolglik NOOIT van die 'rotte-trapmeul' kan afklim nie.
Dit beteken nie dat jy tevrede moet wees om in skuld of destruktiewe gewoontes vasgevang te wees nie, of om vir middelmatig te skik en nie God se roeping op jou lewe te vervul nie.
Glad nie!
Inteendeel.......
Glad nie!
Inteendeel.......
Jy moet aanhou werk om jouself te verbeter, terwyl jy steeds ten volle afhanklik van God is om jou te seën, te bevorder en aan jou behoeftes te voldoen.
Vergenoegdheid beteken dat jy NIE iemand anders se posisie, besittings of persoonlikheid begeer nie.
Jou sekuriteit en selfwaarde moet op wie jy in Christus is gebaseer wees, (as Ewigheids-waardes), -NIE op jou 'verganklike' materiële bates nie.
Wat 'n wonderlike 'nou-manier' om te lewe in die hede!
Paulus het so gelewe....
Hy het gesê:
'...Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom.
Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê.
Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort.
Ek kan onder alle omstandighede regkom deur Hom wat my krag gee' (Fil 4:11~13).

Ons moet elke dag 'n keuse oor ons 'gesindheid' jeens omstandighede maak.
(Somtyds ten spyte van die onverbiddellikheid van die 'koudheid van realiteit' wat ons aldag in die gesig mag staar....)
Dit is & bly egter ......'n rationele / logiese keuse, om werklik 'verGENOEGd' te kan wees
Shalom...... & Maranatha
No comments:
Post a Comment