Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, October 03, 2018

God's Voice..... ? / God se Stem.....?


'n Berader wat op 'n stadium 'n verslaafde was, skryf: 
'Ek was onder behandeling vir chemiese afhanklikheid en het 'n werk nodig gehad. Ek het vir maande gesoek, maar niemand wou my in diens neem nie. Een dag terwyl ek vir die bus gewag het, het 'n klein stemmetjie vir my gesê: 'Kyk agter jou.' Ek het langs 'n prokureurskantoor gestaan. 'Gaan praat met die hoof van die firma en sê vir hom dat jy 'n werk nodig het,' was die woorde wat ek gehoor het..... 

'Dis mal,' het ek gedink, maar steeds het daardie stem my aangemoedig..... 
Toe ek met die prokureur praat en hom vertel wat in my lewe aan die gang was, het hy dit verstaan omdat iemand in sy familie ook op die herstelpad van verslawing was. 

Toe het hy na my gekyk en gesê:
'Dis snaaks dat jy vandag ingekom het. 
Ek dink daaraan om 'n posisie vir 'n regssekretaresse te skep en het nog nie daarby uitgekom om die pos te adverteer nie.'

Twee weke later het ek die werk gekry en dit was beter as enige ander posisie waarvoor ek aansoek gedoen het. 
Die salaris was meer en het die beste moontlike gebruik van my vaardighede gemaak.

Die probleem is nie dat God nie meer met ons praat nie, dis dat ons nie meer sy stem herken nie. 
Moenie so gou wees om die toevallige gedagtes te ignoreer nie. 
Oor die algemeen, sal God nie 'n weerligstraal uit die hemel stuur om jou aandag te kry nie. 
Hy praat meer dikwels met jou deur jou gedagtes, 'n familielid, 'n vriend, 'n verandering in jou omstandighede, of die stilte wanneer Hy jou hart met perfekte vrede vul. 
Luister dus vir God se stem.

Shalom ... & Maranatha !

No comments: