Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Friday, August 31, 2018

Vreugde...... / "Joy !"



God se idee is dat ons met ’n sak vol vreugde deur die lewe moet stap.... 
Ons moenie met lang gesigte rondstap nie. 
Dis nie hoe God dit bedoel het nie.
 ......maar ons sukkel! 
Ons sukkel om deur die swaar ons vreugde te vind. 
Ons sukkel om die opdrag van Paulus deel te maak van ons lewe: 
Wees altyd vol blydskap.(1 Tessalonisense 5:16-22)

Ek vermoed dit het iets te doen met die feit dat ons ons vreugde op verkeerde plekke soek.
Ons moet ons vreugde eerder in God soek. 
Wanneer ’n mens regtig die liefde wat God vir ons het, verstaan, kan ons te midde van die geswoeg vol vreugde wees....

Die Oorsprong van Vreugde:
Omdat God my liefhet, raak Hy nie ongeduldig met my nie.
Omdat God my liefhet, hou Hy ook nie boek van my oortredinge wat Hy vergeef het nie. 
Hy vergeet daarvan.
Omdat God my liefhet, sê Hy nooit daar is nie meer hoop vir my nie.
Omdat God my liefhet, laat Hy my nooit in die steek nie, al doen baie van my sg. beste vriende / familie dit.
Omdat God my liefhet, ondersteun Hy my wanneer ek 'n punt van wanhoop bereik.
Dit is in sulke oomblikke dat ek werklik kan glo dat God my liefhet.
“Omdat God my liefhet...” se resultaat is vreugde in my.....& diesodanige vreugde in my loop altyd oor na die ander rondom my. 

Jy, die grootste van alle geskenke, is God se volmaakte liefde.
Vreugde is vir altyd....
Wanneer 'n mens lag, is dit asof jy in jou binneste begin draf - jou geheime oefenprogram.
Die beste skoonheidskuur is 'n gelukkige hart en 'n vreugdevolle gees.
Verryk die lewe van ander mense met alles tot jou beskikking en jou eie beker van vreugde sal gou-gou oorloop.
Hoop op die beste! 
Wees voorbereid op die ergste en gaan alles glimlaggend tegemoet.
Lag gee smaak aan die lewe - soos sout oor 'n eier.
Genot is vlietend en kan binne sekondes verdwyn. 
Maar blywende vreugde kom via die Heilige Gees en bly stroom deur jou hart soos 'n diep rivier.
Die rede waarom Christene so vol vreugde kan wees, is omdat Christus gister gesterf het, vandag leef, - & môre wéér sal kom...

Mag vreugde deel van ons lewe aldag word.....!

Shalom & Maranatha !

No comments: