Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, June 07, 2018

60-Jaar se Genade: Enkele Pitkos-gedagtes.... soos versameld met die verloop van Tyd .....

Image result for genade

In English (Two words): 
1. Grace: Free & Unmerited favour/accolades received for something not earned or qualified for: (Favor for nothing done; Not punishing as our sins deserve; deliverance from judgement)
2. Mercy: Pardon received/Forgiveness for actual wrongdoings of the past: ( Pardon for something done; blessing us despite the fact that we do not deserve it; extending kindness to the unworthy )

In Afrikaans: Slegs een woord: Genade - Om te kry wat jy NIE verdien nie ASOOK NIE te kry wat jy inderwaarheid WEL verdien.....

In die skemering & wyl alles steeds 'stil' is sê ek aan God: 
"Baie Dankie...Dankie dat U nie Genade in teelepels afmeet nie...!"

Oorvloediglik is Genade aldag & elke dag beskikbaar, -dog moet ons steeds daarvoor vra met 'n Dankbare hart & Vergenoegdheid, & nie bekommerd wees dat daar nie genoeg oor sal wees vir môre & die dae daarna nie......
Daar sál volgens Sy 'afmeet daarvan' (maat) -genoeg wees vir elke dag.
Ek kan nie verwag om vandag al die Genade te ontvang wat ek môre dalkies nodig sal hê nie!
Daarom kan ek ook nooit by voorbaat weet dát ek wel, & hóé ek in 'n krisissituasie sal kan oorleef nie...
Dit gaan nie nét om te kan oorleef nie, -maar ook om só daagliks te kan leef ten einde God te kan verheerlik daardeur & vir my medemens tot Seën te kan/mag wees....

Dis Genade wat my deur talle beproewings, strikke & gevare tot hier gebring het, & Genade wat my tot die einde .......behoue sal laat bly want ek is nie wat ek behoort te wees nie; wat ek graag sou wou wees nie; wat ek nog hoop om te wees nie; maar deur slegs Sy Genade van God is ek tans wat ek is......

God gee Sy straf volgens verdienste, -dog Sy Genade is immer sonder maat(einde).....
Dis nie asof Christus ewe skielik 'n deur oopsluit & ek my hand moet uitsteek; die knop moet draai & moet ingaan nie....
Reeds staan ek/ons aan die binnekant -met verwondering in hulpelose afhandlikheid oor hoe dit nou eintlik plaasgevind het, -dog intens ook bewus van God se grenslose Liefde vir my as een van die onverdienstelikes...

God skenk nie net vir ons Sy Genade nie, -Hy gee vir ons Jesus,-ook as Simbool van Sy nimmereindigende Genade.
Desnieteenstaande soos met enige geskenk, -kan hierdie nie-verdienbare Genadegeskenk slegs ontvang, mits jy jou 'hand' uitsteek om dit in gewilligheid te wil ontvang...
Sy Genade kan nie gesoek, gekoop of bewerk word nie.....
God se wonderbare, oneindige & ongeëwenaarde Genade word vrylik geskenk aan almal wat glo! 
Ek wil glo dat hierdie 'gewilligheid om genade te ontvang' -ook 'n Geskenk van God is, -om mildelik te mag ontvang...in Sy tyd!

'n Ieder & elk deesdae in Suid-Afrika is in hulself & 'ware menswees' gewond &/of emosioneel gebreklik & gebroke.
Die heelmaakproses ten einde te kan oorleef word die uiteindelike onmiddelike 'sin van die lewe'
God se Genade is die enigste 'Gom'
Genade vorm derhalwe deel van 'n verrassende krag om die aardse werklikheid te konfronteer & onder oë te sien; sy treurige & tragiese kant te sien; sy wrede snye se pyn in jou lewe te ervaar, -dog desnieteenstaande diep in jou wese te 'weet' dat dit goed & reg vir jouselwers is om (steeds) op aarde te wees....

Genade-ontvang hoef nie getaan te word deur die herinnering aan gister se mistappe & sondes nie. 
God IS.......was altyd gewees; is; sal altyd wees!
Derhalwe is Hy ook die God van ons 'gisters' & 'van more & oormore'.
God is derhalwe by magte om die selfkastyding in herinneringe van gister se flaters te omskep as 'n wonderlike geleentheid vir geestelike groei ten opsigte van die toekoms...
Wanneer 'n mens egter verstaan wát die Genade van God in Christus is, -bring dit jou daartoe om nie net jou sonde nie, -maar juis jou eie goeie werke as waardeloos te erken.
Dog om steeds as gewone alledaagse mense, -die Wonder van Sy Genade na vore te laat kom in alledaagse menswees.....
God se Genade kan soms op 'n wonderlike manier in klein kindertjies / skapies / kalfies & ander pasgeborenes pragmaties & in eenvoud herken word.
Moenie daardie klein flentertjies Genade miskyk nie....
Jy moet net 'n geoefende oog & oor kry om dit te ervaar & te geniet.
Om in die Skoonheid van God se Genade in die natuur te kan beleef, is iets besonders, want Sy Genade is voor jou; agter jou; om jou; bo jou & binne -in jou.... 

'n Unieke eienskap van Genade is dat dit 'n mens 'bevry' om heeltemal jouselwers voor God te kan wees.....
Die mens wat Geesvervuld & waarlik 'Godsontdekkend' is, het nie 'n "geestelike" houdinkie van vroomheid met 'n hofvaardige halo-effek nie, maar wel 'n ongekunstelde, spontaan-eerlike eenvoud met diepgaande natuurlikheid. 
Genade verander die menslike natuur; as Genade ons nie 'anders' maak nie, -is dit nie die soort Genade wat God die Vader aan Sy uitverkorenes skenk nie.... 

Genade aan diegene wat 'Dankbaar' is daarvoor, is nimmereindigend... 
Soos in brief aan Jakobus wil dit vir my al hoe meer voorkom asof dit eerder aan nederiges mildelik toegedeel word & weggeneem word van die 'hoogmoediges'.....

Genade verstom.... -omdat dit teen gesonde verstand indruis.....(Grace vs Mercy)

Genade werk deur ons natuurlike vermoëns ten einde in tydens beoefening van "stil te wil wees" Hom as "Genade Gawe" te kan beleef.

Ons word 'taai & hardgebak' in Sy Genade ten einde die 'nie-goddellik geiinspireerde eise' van Suid-Afrika die hoof ten kan bied.
Desnieteenstaande sal God se Wil ons nêrens heen neem waar God se Genade ons nie sal kan deurhelp nie..... 

Mense wat al deur die meule van swaarkry is, verstaan Genade soveel beter as mense wat dag vir dag op die kruin van die golf van God se Guns ry.
Deur terugslae ontdek jy die wonder van Genade, -nes die warm sonstrale 'n winterkoue Vrystaat se vroegmore....
God se Genade beteken nie dat Hy altyd ons moeilike situasie verander nie, -maar wél dat Hy altyd ons swaarkry 'raaksien.....afbuig & ons vashou'!

Genade is altyd 'n Eenrigtingpad van God na die mens.....
Dit het niks met 'n wedersydse wisselwerking te doen nie; dit is altyd onverdiend & dit bly steeds 'n verrassing.
Dit is altyd God wat na ons uitreik; God wat sy Liefde vir ons sonder meer kom aanbied...
Hierdie Genade is heeltemal 'gratis'; ons kan dit maar net in Dankbaarheid aanvaar & op ons beurt weer God se Genade deurgee aan diegene wat ons lewenspad 'toevallig'sou kruis...

60-Jaar lank was God my genadig & ook môre sal Hy my Genadig wees totdat die konsep van tyd deur die ewigheid ingesluk mag word.

Tussen deser & die Hemel is elke oomblik van die Christen se lewe 'n 'Oogwink van Genade'.....

Shalom....... & Maranatha

No comments: