Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Labels

Encounter with GOD (347) Daily Life (336) Relationships (252) Work related (63) Travel - Adventure (8)
Showing posts with label Daily Life. Show all posts
Showing posts with label Daily Life. Show all posts

Wednesday, August 19, 2026

What children WILL Remember..... most, -about their parents !




Most parents worry about the big things...
- The vacations. 
- The gifts. 
- The milestones. 
- The opportunities they can provide... 

But researchers discovered that many children remember something much simpler... 

How their parents made them feel. 

Years later, most children won't remember every toy they received. 
They WON't remember every meal, or every conversation. 
But they often remember the feeling of being understood... 
The feeling of being safe. 
The feeling that someone was genuinely happy to see them. 

Researchers found that emotional experiences tend to leave the deepest impressions. 
A child may forget what was said. 
But they often remember how they felt when it was said. 
That's why small moments matter so much. 
The way a parent reacts when their child makes a mistake. 
The way they listen when their child is excited about something. 
The way they respond when their child is scared, embarrassed, or overwhelmed. 

To an adult, those moments can seem ordinary... 
To a child, they become part of the story they tell themselves about who they are. 

Over time, those experiences shape 
... confidence. 
... Trust. 
... Self-worth. 
... even future relationships. 

The surprising part is that children rarely need perfect parents. 
They need present ones. 

Because long after the details are forgotten... 
The feeling remains.
 
...Often, that's what children remember most..!

Saturday, August 08, 2026

Ordinary moments...

To combine Grief with Gratitude...

The moments we think are ordinary, -are often the ones we would give anything to experience again...

A simple conversation...
A familiar laugh...
A quiet day beside someone we love...
We never 'know when' a normal moment will become a memory we replay for the rest of our lives.
We never 'know when' a goodbye is already waiting inside a day that feels completely ordinary.
That is the painful lesson, -Loss leaves behind, not just missing someone, but realizing how much beauty was hidden inside the moments we thought we had more time for...
Hold the people you love a little closer ,-hug them!
When they're gone,-you would long to do it so badly, it will hurt...!
Say NOW the words that matter, -sooner than later...
When they are gone, there is no way you can get this message in Heaven, -& it is all you would like to do & want to say... over and over... 
After their passing, -what remains, will only be an empty room -wherein you would be 'stoksiel-alleen' ! 
Tomorrow is never promised, but the Love we share can remain forever...!
It is not easy to be 'the one left behind!'
Learn in timeous manner: To combine Grief with Gratitude...
Then you will have a multitude of memories to help you through one of the most difficult times of your life...
Someday each of us will Grow Old & Gray, -side by side... 
And One day...one of us will have to say: "GoodBye..." ...first.
While you still can...Let your Loved one know...
"You are the Greatest Love I've ever known.
My only Dad; dearest Mom; closest Friend.
My safe place.
My Everything...
If I should leave 1st: Celebrate the Love we shared, -don't only grieve my absence; Remember our Laughter, -not the 'wasted time' embedded in tears...
And always know that I lived my happiest Life -because of You...!"
Some Loves' -are just meant to last beyond a Lifetime...
...don't you create 'regrets', -that could have been avoided!
Maranatha  !

Monday, July 27, 2026

.... & TOE íS DIT Winter ...



... & toe IS dit Winter..!

Ek het dit eers vinnig gelees, tot ek by die derde sin gekom het ... 

Ek het opgehou ... en weer voor begin, maar dié keer s-t-a-d-i-g-e-r... 
"Dit laat jou rerig... - stop en dink"  -mymer ek nadenkend oor die nuutverworwe 'lewens-insig'

Jy weet ... Tyd, het 'n manier om vinnig te loop en jou onverhoeds te betrap sonder dat jy bewustelik aan die verbygaande jare dink. 
Dit voel soos net-gister,-toe ek nog jonk was, & 'n nuwe hoofstuk in my uitgestrekte sou lewe begin het... 
Tog, op 'n manier, voel dit soos 'n leeftyd gelede... &  ek wonder wáár al die jare heen is ?
Ek weet... -dat ek wel almal moes geleef het, -dog kry ek by tye terugflitse van hoe 'onvolmaak' dit tóé was, en ook van vele vergetele hoop-illusies & onbereikte drome.

Maar hier is dit ... 'die winter van 'n lewe', en ek is verras ... hoe het dit só gou aangebreek ! ? 
Waar is al die jare heen, en wat het van die vervloë 'Jeugdigheid' van destyds geword? 
Ek onthou dit nog so goed; -hoe ek deur die jare na ouer mense gekyk & gedink het dat ek nog baie jare agter hierdie ouer mense is, ... en dat die 'wintertyd' nog so vér weg is... -dat ek myself nie eens kon indink hoe dit rerig eendag gaan wees nie!
Dog,... - Kennisse & Vriende word grys; tree af ... hulle beweeg stadiger ... & ek sien tans méér ouer mense raak as ooit vantevore. 
Sommige lyk beter en ander iewat slegter as ek ... maar, ek sien die groot verandering: 
-Nie meer dié wat ek onthou wat jonk en lewenslustig was nie ... maar, soos ek, begin hulle ouderdom wys en óns is nou daardie ouer mense wat ek destyds gesien, maar nooit gedink het ek ook 'eendag' deel van sal word nie. 
-Nou vind ek by tye dat net om in die stort te klim 'n regte prestasie & hoogtepunt vir die dag is. 
-Dat 'n middagslapie nie meer 'n bederfie is nie, maar 'n vereiste! 
As ek so 'n slapie nie uit my eie vrye wil doen nie ... raak ek bloot aan die slaap net daar waar ek sit!

So betree ons elk 'n nuwe seisoen van die Lewe ... -onvoorbereid op al die skete en kwale, en die verlies van krag en die vermoë om te gaan doen wat mens nog altyd wou, -maar nooit het, of meer sal doen nie... 
Ten minste weet elk, -hoewel 'winter' gekom het; -geeneen seker is hoe lank dit sal duur nie ... 
Dog, weet mens dat, wanneer dit hier op aarde verby is, 'is dit verby' ... & 'n nuwe 'Avontuur tot in Ewigheid', al-winkend wag...!

Ja, mens het verwyte, en veel is jammer oor dinge wat nie gedoen is nie, -dinge wat moes gedoen geword het, en baie dinge wat gedoen is, waaroor daar wel 'Stof tot Dankbaarheid' , in retrospek is. 
Dit vorm alles deel van 'n amper 'vergetelde' Leeftyd...

As jy nog nie 'bewustelik' midde in die 'winter van jou lewensloop' is nie, laat ek jou 'sagkens' daaraan herinner dat dit vinniger hier sal wees as wat jy mag dink. 
Wat jy ookal graag in jou lewe nog wil bereik, doen dit asseblief 'Gou' ...nou! 
Moenie 'dinge' te lank uitstel nie! 
Die lewe gaan te gou 'onnaspeurlik' verby... 
Doen vandag wat jy kan, -want jy kan nooit seker wees of hierdie jou 'laaste aardse winter' is of nie! 
Inaggenome dat jy'n onuitwisbare 'Ewigheids-Gelofte' as 'Koningskind' (in afwagting het); -Jy geen belofte het dat jy wéér al die seisoene van jou aardse lewe vir die hoeveelste maal na jou verjaarsdag, gaan beleef nie...
Leef derhalwe vir vandag en sê vir jou Geliefdes al die dinge wat jy sou wil hê hulle moet onthou ... 
Hoop dat hulle sal aanhou om jou na te waarde te bly skat, -maar jou ook onteenseglik sal aanhou liefhê -tenspyte van al die dinge wat jy nagelaat het om te doen & te sê .... 

Die Lewe is 'n 'Kosbare Geskenk' aan jou, en die 'manier' waarop jy jou lewe leef, is 'n wederkerige 'boemerang-geskenk' aan diégene, -met wie jy dit deel.
Leef goed! 
Leef voluit! 
Geniet vandag, élke dag! 
Doen iets wat jy Geniet! 
Wees 'Agape- Lief' vir een-ander! 
Déél wat jy het, (-maar moet net nie 'selfvoldaan sonder tong' in die kies, -daarmee spog  nie...!)
Laat 'n nalatenskap na  waarvoor jy vir nog lank onthou sal word aan 'hóé jy andere laat voel het' , -wanneer jy met hul in 'interaksie' getree het...

Goeie gesóndheid is ware rykdom, -nié goud en silwer nie.
'Vrindskap' met familie & vriende is rykdom sonder weerga.

As jy/jul, -om watter rede ookal uitmekaar gedryf het, 'Vergewe-&-Vergeet'...
Leef vorentoe en nié in die verlede nie, want die aardse môre mag dalkies nooit aanbreek nie!

Vandag is die oudste wat jy  nóg was ... -tog ook die jongste wat jy ooit sal wees - so, 'geniet' hierdie dag vir solank dit duur!

Jou kinders is goed ... maar jou kleinkinders is 'volmaak'!

Om 'uit te gaan' is goed, maar om by die 'huis terug te kom' is beter!

Vergeet jy ook name ...? 
Dis óók "OK", -want daar is mense wat vergeet dat hulle 'JOU' ooit geken het...

Jy besef dat jy nooit regtig goed sal wees met vele dinge nie; met elke 'jaarring-geleef', word die lysie al hoe langer...
Die dinge wat jy altyd graag gedoen het, doen jy sonder rede nie meer nie, maar 'gedagtig' nogal somtyds daaraan dat jy nie regtig meer omgee dat jy dit nie meer doen nie ...

Slaap beter in n leunstoel, -as in jou bed ...?

Mis jy ook daardie dae toe alles met nét 'n AAN &/of AF skakelaar gewerk het ...?

Is jy ook geneig om meer kort woordsinne te gebruik soos "waar?" "hoe-sê?" ...?

Nou dat jy per geleentheid duurder dinge kan bekostig, is dit meestal nie veilig om dit enige plek te vertoon/ te dra nie ?

Wat altyd sproetjies was, is het mettertyd verander na  "vlekke" ...?

Baie meer mense as voorheen, 'fluister' wanneer hulle praat,- maak jy jouselwers aldag wys.

Jy het 3 groottes klere in jou hangkas ... 2 waarvan jy nooit meer /weer sal wil dra nie ...

OUD is goed in sommige dinge: OU liedjies, OU flieks, OU  wyn, en beste van alles ... OU VRIENDE !!!

“Mooi Loop my OU VRIND/VRINDIN & Seëning op 'dit' wat vir jou nog mag Voorlê….” 
'Vaar wel' op die 'Lewens-see' wat jou 'mistig tot aan die gesigseinder', nog mag omring...

Monday, April 27, 2026

Being in the Arena...?!



 Being in the Arena...?!

It is not the critic who counts; -not the man who points out how the strong man stumbles, or where the doer of deeds could have done them better...


The credit belongs to the man who is actually in the arena; 

-whose face is marred by dust and sweat and blood; 

-who strives valiantly; who errs, who comes short again and again... 

-who spends himself in a worthy cause; 

-who at the best knows in the end the triumph of high achievement, 

....and who at the worst, 

-if he fails, at least fails while daring greatly...


You should NOT be listening to those trying to downplay what you’re doing at present with your life...

Their opinions have NOTHING to do with the outcome of the fight.

...Because they are NOT in it!

-They aren't doing what you are doing at 3am, -while half the planet is asleep…

-They aren't experiencing the Risk…

-They aren't learning the one thing you can't foresee (how you behave when your own efforts are solely on the line).

...but I am !

... &  that's the only qualification that matters.


The arena nevertheless always costs something to enter...
-A gladiator needed armor.

-A soldier needed a weapon.
-A boxer needed a corner.

Not to prove anything to the critic!

... but, to be able to survive long enough in the arena to actually win !


Sunday, December 14, 2025

A challenge to conventional financial wisdom…/ Herbesinning oor 'n Nuwe/Suksesvolle begin , -slegs mvn Finansiele aspek.



  'Herbesinning' … 

* ’n Gedetailleerde opsomming van konsepte.

* ’n Stapsgewyse aksieplan in drie fases.

* Kritiese reëls. 

Idiomatiese uitdrukkings is sleutelkonsepte, derhalwe behou “Slim-dog-Arm" en 'Dom-dog-Ryk' die paradoksale gevoel…

KernBegrippe

Die uitgangspunt is dat tradisionele, konserwatiewe finansiële raad (gaan skool toe, kry ’n veilige werk, spaar geld, vermy skuld, belê stadig in aftreefondse) dikwels lei tot om ‘Slim-dog-Arm' te wees, d.i. intellektueel-vaardig, -dog finansieel stagnant!

Aan die ander kant is die ‘Dom-dog-Ryk' diegene wat, dikwels beswaard deur oormatige ontleding &\of vrees, hefboomwerking ("leverage”), daadwerklike aksie en entrepreneursrisiko gebruik om welvaart te bou, selfs al lyk hul metodes roekeloos of "dom" volgens sg. konvensionele standaarde…


Gedetailleerde Opsomming van Sleutelkonsepte

1. Die Twee Argetipes (=Paradoksale Teenstrydiges…)

  • Die Slim-dog-Arm':
    • Kenmerke: 
      • Hoogs opgelei, finansieel geletterd op ’n tradisionele manier, risiko-vermydend , inkomste-gerig. 
      • Hulle prioritiseer werksekuriteit, salarisse en voorspelbare toekoms-/loopbaanpaaie.
    • Finansiële Benadering: 
      • Hulle begroot noukeurig, spaar ywerig, belê in lae-koste-indeksfondse, en vermy skuld. 
      • Hulle soek veiligheid en voorspelbare uitkomste.
    • Die Paradoks: 
      • Ten spyte van hul intelligensie en dissipline, bly hulle dikwels vas in die ‘muis-reisies', met hul 'welvaartgroei' beperk deur die plafon van hul eie/individuele arbeid en die stadige groei-tempo van saamgestelde rente. 
      • Hulle is "arm" i.t.v. kontantvloei en vryheid in diskresionere tyd ‘beskikbaar' (-om tyd te kan spandeer op die onmiddelike familie &/of stokperdjies), & nie noodwendig net in 'netto bate waarde' nie.
  • Die 'Dom-dog-Ryk':
    • Kenmerke: 
      • Aksiegerig, geleentheidsgefokus (“Grab-EVERY-Oppurtunity,everttime..!”), gemaklik met enige onsekerheid. 
      • Hulle mag formele finansiële opvoeding kort, maar beskik oor hoë straatslimheid ("Street wise”) en ’n voorkeur vir daadwerklike aksie ipv net te praat-praat-praat…!
    • Finansiële Benadering: 
      • Gebruik ‘Ander-Se-Geld’ ("OPM:OtherPeople’sMoney") – deur skuld (‘Gearing') en beleggers se kapitaal te gebruik. 
      • Verkry kontantvloei-bates (soos besighede, sekere soorte vaste eiendom) eerder as net ‘papierbates’ (slegs ryk-op-papier [Finansiele State]…). 
      • Fokus op die oplossing van probleme & die 'skep van omvangryke waarde’(“Value Added”), in enige konteks…
    • Die Etiket "Dom": 
      • Strategieë lyk oënskynlik roekeloos, aggressief of dwaas vanuit ’n konserwatiewe oogpunt (bv. om hoë skuld aan te gaan, besighede te begin sonder ’n "veilige" plan). 
      • Hierdie "dom" aggressie is egter wat eksponensiële welvaartskepping moontlik maak…

2. Kritiek op Konvensionele Wysheid

Pilare van sg. ’standaard-advies’…

  • "Kry ’n Goeie Werk": 
    • Dit verruil tyd vir geld; skep ’n inkomstelimiet en afhanklikheid..
  • "Spaar Geld": 
    • In ’n inflasionêre ekonomieë, is die 'spaar van kontant' ’n verloorstrategie. 
    • Geld moet eerder ingespan word om aktief, aldag (24/7) vir jou te werk!
  • "Vermy Skuld": 
    • Onderskei tussen slegte skuld (verbruikerskuld vir aankoop van 'Laste') vs. goeie skuld d.i. Gehefboomde ("leveraged") skuld wat gebruik moet word om inkomstegenererende bates aan te skaf). 
    • Die 'Dom-dog-Ryk' bemeester goeie skuld!
    • ”Belê in ’n nagevorsde Gediversifiseerde Portefeulje” (2025>=)
      • Dit is ’n 'stadige', passiewe pad wat hoofsaaklik ontwerp is om welvaart te preserveer, nie om welvaart uit 'niks' te skep nie…
      • Dit het ’n geweldige steil leerkurwe van 3+jr met voorbehoud dat jy eers ‘alles' van byna-alles moet weet alvorens aanhoudende suksesse sal begin realiseer….
      • Enkele gedagtes rondom bg. & aktiwiteite in die Finansiële (om allereers verder te ondersoek. [ 1e via ‘paper-trading’ vir 3-maande, & eers na die suksesvolle verfynde implementering daarvan: Gaan dan eers ‘Live’…]
      • Selekteer ’n goed-nagevorsde ‘Broker' wat voldoen aan vooropgestelde ‘eie' kriteria.
        • Trading met Eie Geld 
          • vs.
        • Proprietary Trading /Brokerage
      • Paper-trade / ‘Kamma-Belê' in investopedia.com/simulator om praktiese blootstelling te onwikkel.
        • Ná 36%>= p.a. ROCE vir 3-m agtereenvolgend, gaan live…
      • Ondersoek ForecastTrader.InteractiveBroker.com se Risk:Reward-Ratio. - Te ondersoek
      • PortFolioBoss.com het ’n naspoorbare geskiedenis van resultate…-Te Ondersoek
      • Copy-Trading is ook ’n opsie om te ondersoek.
      • Crypto.com se ‘Level-up’Program - Te ondersoek.
      • AlphaAI.Capital - Te Ondersoek


’n Pragmatiese Aksieplan met Stappe vir Kort-, Medium- en Langtermyn

Oorhoofse Filosofie: Meet Kontantvloei en Batewaarde, nie nèt salaris of netto bate waarde nie. 

Verskuif van "Hoe kry ek ’n beter werk?”, -na:            

”Watter probleem kan ek oplos of bate kan ek beheer?”


FASE 1: Korttermyn Grondslag (Maande 0~6)

Doel: 

Verander denkpatroon, verseker ’n basislyn en begin met entrepreneursopvoeding.

Te-doen-lys:

  1. Finansiële Prioriteits-vasstelling :(=’Triage’):
    • Ontleed Uitgawes: 
      • Kategoriseer alle uitgawes vir die afgelope 90-dae. 
      • Sny 'Laste-uitgawes' (o.a. subskripsies, waardevermindering-aankope) genadeloos uit.
    • Verseker ’n 'NoodUitgang': Streef daarna om ’n "Vryheidsfonds" te spaar (3-6 maande van luuksheid-gestroopte 'karige' lewenskoste). 
    • Dit is nie vir veiligheid nie, maar om jouself die mag te gee om berekende risiko's te neem, sonder desperate wanhoop.
    • Doen weg met Slegte Skuld: Hou op om hoë-rente verbruikerskuld (kredietkaarte, persoonlike lenings) aan te gaan.
  1. Denkpatroon & Opleiding (Die "Slim" Deel om Ryk te Word):
    • Verbruik Pragmatiese Inhoud: Lees 30-minute daagliks. 
      • …Begin met The Richest Man in Babylon (basiese spaar-/beleggingsbeginsels), 
      • …dan The Millionaire Fastlane deur MJ DeMarco (entrepreneursmindset), 
      • …The Simple Path to Wealth deur JL Collins (om markte te verstaan).
    • Maak ’n lys van jou Vaardighede: Lys al jou professionele vaardighede. Identifiseer dan watter een gereproduseer  (vermenigvuldiging via duplisering), kan word (bv. konsultasie, vryskutdiens, digitale produk).
    • Netwerk Opwaarts: Ontmoet/skakel doelbewus met 2 mense per maand, wat reeds is, waar jy graag wil wees "Networking" (entrepreneurs, beleggers). Gebruik LinkedIn of plaaslike sake-byeenkomste &/of Online R&D 
    • Stel vrae, maak notas, moet nie nou al jouself 'verkoop' nie.
  1. Aanvanklike Aksie (Die "Dom" Deel – Begin Voordat Jy Klaar Is):
    • Begin ’n Mikro-projek: Begin binne 90-dae met ’n nuweprojek. 
    • Dit kan vryskutwerk (“Upwork"); ’n nische blog; ’n eenvoudige digitale produk (e-boek, templaat); of die koop/verkoop van plaaslik-vervaardigde produkte wees. 
    • Doel: Leer die proses van waarde-skep (“Value-added"), bemarking en waarvoor jy betaal moet/sal word. 
    • Wins is egter ‘tans' ondergeskik aan ervaring wat jy gaan verwerf deur hierdie insette van jou.
    • Open Aparte Rekeninge: Skep ’n aparte/toegewyde besigheidsrekening en ’n hoë-opbrengs spaarrekenking vir jou "Vryheidsfonds"/toekomstige kapitaal.

FASE 2: Mediumtermyn Bateverkryging & Vaardigheidsbou (Maande 6~24)

Doel: Vervang indiensnemingsinkomste met bate-afgeleide kontantvloei en bemeester ’n hoë-waarde vaardigheid.

Te-doen-lys:

  1. Vaardigheidsmonetisering & Sistematisering:
    • Verdubbeling op die Wenner: Van jou Fase 1 mikro-projek, identifiseer die aktiwiteit met die beste kontantvloei en skaalbaarheid/volhoubaarheid. 
    • Fokus al jou nuwe/neweprojek-energie hier.
    • Sistematiseer & Dokumenteer: Skep standaard bedryfsprosedures (SBP's) vir jou diens-/produklewering. 
    • Dit berei dit voor vir toekomstige delegering of verkoop.
    • Verhoog Jou Tarief: Verhoog pryse met ten minste 25% vir nuwe kliënte/klante. 
    • Leer derhalwe om 'waarde' te verkoop, nie 'tyd' nie.
  1. Verkry Jou Eerste Kontantvloei-verskaffende Bate:
    • Bestudeer Een Bate-klas (Intensief): 
    • Kies slegs EEN….: – óf
      • Aanlynbesigheid (jou geskaalde neweprojek) ….. óf
      • Vaste Eiendom (residensiële huureenhede). 
    • Bestee 3-maande daaraan om dit intensief te bestudeer (boeke, podcasts, forums).
    • Vaste Eiendom: Spaar vir ’n abetaling op ’n klein multi-eenheid eiendom (2-4 eenhede) deur ’n gesubsidieerde-lening te gebruik (lae afbetaling). 
      • "Huis-hack" (woon in een eenheid, verhuur die ander). 
      • Die huurinkomste moet die grootste deel van jou verband dek (ASG in aksie).
    • Besigheid : Herbelê 100% van winste terug in bemarking, stelsels of ’n virtuele (KI/“AI") assistent, -om jou eie tyd vry te maak. 
    • Streef daarna dat die besigheid 50% van jou indiensnemingsinkomste vervang.
  1. Bemeester Hefboomwerking ("Leverage") & Finansiële Meganika (“Gearing"):
    • Bou Besigheidskrediet: Vestig ’n besigheidskredietprofiel (EIN, besigheidskredietkaart met net-30 voorwaardes) apart van jou persoonlike krediet.
    • Verstaan Belastingstrategie: Raadpleeg ’n GRA wat met entrepreneurs werk. Leer die basiese van aftrekkings, afskrywings en regstrukture (BBB, S-Korp) vir jou onderneming.
    • Deurlopende Verbetering & Herposisionering: Neem ’n kursus in kopieskryf, digitale advertensies of verkoop. Dit is kragvermenigvuldigers ("multiplier”) in menige bedryf vir alle bates.


FASE 3: Langtermyn Skaal & Optimalisering (Jare 2~7+)

Doel: Bereik finansiële vryheid waar passiewe kontantvloei vanuit bates lewensstyluitgawes ("COL: Cost of living”), oorskry.

Te-doen-lys:

  1. Skaal of Automatiseer Jou Primêre Bate:
    • Besigheids-aspek: Sistematiseer tot op die punt waar jy ’n algemene bestuurder aanstel. Skakel oor van operateur na eienaar. OF, berei die besigheid voor vir verkoop om verdere beleggings te finansier.
    • Vaste Eiendom-aspek: Gebruik die KRVHH-metode: (Koop, Renoveer, Verhuur, Herfinansier, Herhaal) om jou kapitaal te herwin. 
    • Na herfinansiering van jou eerste eiendom, gebruik die onttrekte kapitaal vir ’n afbetaling op die volgende een.
  1. Diversifiseer Bate-tipes:
    • Sodra jou primêre bate konsekwente kontantvloei genereer, gebruik daardie inkomste om in papierbates (laekoste-indeksfondse, soos die 'Slim-dog-Arm' sou doen) te belê, maar doen dit vanuit ’n posisie van krag, NIE as jou enigste hoop nie.
    • Oorweeg om ander batetipes by te voeg: Intellektuele Eiendom (kursusse, lisensiëring), Uitlening (eweknie-tot-eweknie, skuldbriewe), of Verkryging van Bestaande Klein Besighede.
  1. Hefboom Netwerke en ASG op Skaal:
    • Stig of Sluit Aan by ’n Sindikasie: Vir groter vaste eiendom transaksies (kommersieel, groot veelvuldige eenhede), kombineer hulpbronne met ander beleggers.
    • Soek Strategiese Belegging: As jy ’n besigheid skaal, berei ’n aanbiedingsdokument voor en soek engelbelegging of ’n kleinbesigheidslening deur jou rekord as kollateraal te gebruik.
    • Mentor & Delegeer: Huur kundiges: Finansiële expert (‘CFP/A’), ‘nie-skelm'-prokureur, eiendomskundige en ’n virtuele (KI/"AI") assistent in! 
    • Jou tyd moet van strategies na takties-operasioneel beweeg.
  1. Die Uiteindelike Doel – Die "Dom Ryk" Portefeulje:
    • Bou ’n portefeulje van bates wat kontantvloei genereer met minimale weeklikse tydinsette:
      • 1-3 Verhuringspersele (bestuur deur ’n professionele persoon).
      • 1 Aanlynbesigheid (gesistematiseer en gedelegeer).
      • 1 Passiewe Papierbate-Portefeulje (geoutomatiseerde beleggings).
      • Nood-/Likiditeitsfonds (12+ maande se uitgawes in kontant/kontantekwivalente).

Kritiese, Nie-onderhandelbare Reëls vir die Reis:

  • Gesondheid is ’n Bate: Verwaarlosing van fisiese/psigiese & emosionele gesondheid vernietig omonkeerbaar (meeste v.d tyd), alle reeds-gemaakte finansiële intensies/planne…!
  • Aksie > Perfeksie: Begin net…, & kalibreer (verfyn) dan mettertyd. 
  • Jou eerste transaksie, produk of eiendom sal nie perfek wees nie.
  • Beskerm Jou Kapitaal: Gebruik regsentiteite (BBB's), versekering (sambreel, aanspreeklikheid) en deeglike 'due diligence'. 
  • Wees "dom" in aksie, nie in regs-/finansiële beskerming nie.
  • Hersien Kwartaalliks: Elke 3 maande, hersien: Kontantvloei van Bates vs. Werk, Netto Waarde, en Vordering op jou een hoofdoel vir die kwartaal. 
  • Pas jou koers aan &/of Verminder, vermy & skakel uit, -as iets nie werk nie!


Hierdie plan optimaliseer die aggressiewe, hefboomgefokusde (‘leverage’) etos van: "Dom Ryk" met die pragmatiese, stelselmatige implementering van  wat nodig is om dit ’n werklikheid te maak, nie net as ’n uitdagende/briljante idee nie… 

Die "dom" deel is om die dapper aanvanklike aksie te neem; die "slim" deel is om die daaropvolgende stappe met dissipline en deurlopende aanpassing & verbetering uit te voer…..