Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, October 25, 2012

....& as ek sou kon Sing !

The Musicopolis butterfly.

...As a symbol of freedom, imagination, transformation, grace, emerging potential and individuality !


Vanmore kras die radio iewat innie agtergrond wyl ek doen wat ek moet doen.....

Daar word gepraat oor Foefies, 'schemes' & derglike 'street-wise trickster'-parafanalia.

Luisterende na die emosies agter die woorde, kom gedagtes by op van ........
Hoe vele......
- Melodiee wat broei deur verloop van tyd in die hart, word nooit aan uiting gegee nie;
- Gedigte wat rym & uitdrukking wil gee aan dit wat woed in die gemoed, -word nooit neergepen nie;
- Prente wat skilderye is in wording & kook in ons verbeelding woelig & kreatief word nooit op doek of papier vasgevang met kleure wat kolkende emosies blootle, van naakte waarheid, -sonder pretensie;
- Risiko's van avontuurlus, bruisend in die gedagte, -nooit onderneem;
- Brue wat strome kruis wat die meule nooit weer sal maal wat nie oorgesteek is nie & by vasgesteek is;
- Woorde wat die inner-belewenis van 'n ander se welsyn nooit in leesbare, & /of hoorbare vorm uitdrukking aan gegee is nie;
.....alles omgewe & toegesluit in 'n eensame hart wat skreeu (meestal in stilte) om gehoor te word te midde van die woeligheid van andere wat 'belangrik - dog doof vir die hulpkrete, -besig bly' in 'n geroesmoes & skarrel van daaglikse 'mundane survival of the fittest' !

My hart 'Skip-'n-Beat' & ek besef vir hoe lank daar rondgedwaal word in die raaisel-maze tronk, deur 'n ander se toedoen :
Iemand het eendag, erens, iets aan ons toegesnou in 'n kru woord &/of onnadenkende daad, wat impliseer het ons NIE voldoen nie aan 'hul' verwagtinge nie & is NIE goed genoeg meer nie & gevolglik nou outomaties deel word  van die statistiek van 'uitgeworpenes'

Tragies, maar tog waar, & ...... Ons (ek, jy) het hul geglo !!!!!!!!!!!

Mag hierdie die draaipunt & mylpaal wees in onse lewenstydverloop ('metamorfose' as jy soms soos 'n wurm sou voel), waar ons bewustelik 'kies', (-'n Rasionele logiese Keuse uitoefen), om die skaduvolle skimme van yesteryear NIE meer enigsens te glo nie, want dit is onomkeerbaar FINAAL iets van die verlede, begrawe & vergete...(sover as die ooste is verwyder van die weste het Jesus se Bloed dit uitgewis !

Wat dan oorbly na hierdie 'Besluit'
...hierdie " Journey of New Beginnings" is om
.... te begin sing, sing, sing, & allereers as 'n 'roepstem innie woestyn' & metertyd in volle-harmonie met die skepping se inherente geluide, ten einde uitdrukking te gee aan die (vergetelde) onuitgeleefde kwaliteite van voluit menswees........
- elk op sy eie, outentieke, God-geinspireerde Menswees manier-in-eie-reg !

Shalom .... & Maranatha



No comments: