Ek het dit eers vinnig gelees, tot ek by die derde sin gekom het ...
Ek het opgehou ... en weer voor begin, maar dié keer s-t-a-d-i-g-e-r...
"Dit laat jou rerig... - stop en dink" -mymer ek nadenkend oor die nuutverworwe 'lewens-insig'
Jy weet ... Tyd, het 'n manier om vinnig te loop en jou onverhoeds te betrap sonder dat jy bewustelik aan die verbygaande jare dink.
Dit voel soos net-gister,-toe ek nog jonk was, pas getroud en 'n nuwe hoofstuk in my languitgestrekte sou lewe begin het...
Tog, op 'n manier, voel dit soos 'n leeftyd gelede... & ek wonder wáár al die jare heen is ?
Ek weet... -dat ek wel almal moes geleef het, -dog kry ek by tye terugflitse van hoe 'onvolmaak' dit tóé was, en ook van vele vergetele hoop en onbereikte drome.
Maar hier is dit ... 'die winter van 'n lewe', en ek is verras ... hoe het dit só gou aangebreek ! ?
Waar is die jare heen, en wat het van die vervloë 'Jeugdigheid' geword?
Ek onthou nog so goed, hoe ek deur die jare na ouer mense gekyk & gedink het dat ek nog baie jare agter daardie ouer mense is, ... en dat die 'wintertyd' nog so vér weg is... -dat ek myself nie kon indink hoe dit moes wees nie!
Dog,... - Kennisse & Vriende word grys; tree af ... hulle beweeg stadiger ... en ek sien tans meer ouer mense raak as ooit vantevore.
Sommige lyk beter en ander iewat slegter as ek ... maar, ek sien die groot verandering:
-Nie meer dié wat ek onthou wat jonk en lewenslustig was nie ... maar, soos ek, begin hulle ouderdom wys en óns is nou daardie ouer mense wat ek destyds gesien, maar nooit gedink het ek ook 'eendag' deel van sal word nie.
-Nou vind ek by tye dat net om in die stort te klim 'n regte prestasie & hoogtepunt vir die dag is.
-Dat 'n middagslapie nie meer 'n bederfie is nie, maar 'n vereiste!
As ek so 'n slapie nie uit my eie vrye wil doen nie ... raak ek bloot aan die slaap net daar waar ek sit!
So betree ons elk 'n nuwe seisoen van die Lewe ... -onvoorbereid op al die skete en kwale, en die verlies van krag en die vermoë om te gaan doen wat mens nog altyd wou, -maar nooit het, of meer sal doen nie...
Ten minste weet elk, -hoewel 'winter' gekom het; -geeneen seker is hoe lank dit sal duur nie ...
Dog, weet mens dat, wanneer dit hier op aarde verby is, 'is dit verby' ... & 'n nuwe 'Avontuur tot in Ewigheid', al-winkend wag...!
Ja, mens het verwyte, en veel is jammer oor dinge wat nie gedoen is nie, -dinge wat moes gedoen geword het, en baie dinge wat gedoen is, waaroor daar wel 'Stof tot Dankbaarheid' , in retrospek is.
Dit vorm alles deel van 'n amper 'vergetelde' Leeftyd...
As jy nog nie 'bewustelik' midde in die 'winter van jou lewensloop' is nie, laat ek jou 'sagkens' daaraan herinner dat dit vinniger hier sal wees as wat jy mag dink.
Wat jy ookal graag in jou lewe nog wil bereik, doen dit asseblief 'Gou' ...nou!
Moenie 'dinge' te lank uitstel nie!
Die lewe gaan te gou 'onnaspeurlik' verby...
Doen vandag wat jy kan, -want jy kan nooit seker wees of hierdie jou 'laaste aardse winter' is of nie!
Inaggenome dat jy'n onuitwisbare 'Ewigheids-Gelofte' as 'Koningskind' (in afwagting het); -Jy geen belofte het dat jy wéér al die seisoene van jou aardse lewe vir die hoeveelste maal na jou verjaarsdag, gaan beleef nie...
Leef derhalwe vir vandag en sê vir jou Geliefdes al die dinge wat jy sou wil hê hulle moet onthou ...
Hoop dat hulle sal aanhou om jou na te waarde te bly skat, -maar jou ook onteenseglik sal aanhou liefhê -tenspyte van al die dinge wat jy nagelaat het om te doen & te sê ....
Die Lewe is 'n 'Kosbare Geskenk' aan jou, en die 'manier' waarop jy jou lewe leef, is 'n wederkerige 'boemerang-geskenk' aan diégene, -met wie jy dit deel.
Leef goed!
Leef voluit!
Geniet vandag, élke dag!
Doen iets wat jy Geniet!
Wees 'Agape- Lief' vir een-ander!
Déél wat jy het, (-maar moet net nie 'selfvoldaan sonder tong' in die kies, -daarmee spog nie...!)
Laat 'n nalatenskap na waarvoor jy vir nog lank onthou sal word aan 'hóé jy andere laat voel het' , -wanneer jy met hul in 'interaksie' getree het...
Goeie gesóndheid is ware rykdom, -nié goud en silwer nie.
'Vrindskap' met familie & vriende is rykdom sonder weerga.
As jy/jul, -om watter rede ookal uitmekaar gedryf het, 'Vergewe-&-Vergeet'...
Leef vorentoe en nié in die verlede nie, want die aardse môre mag dalkies nooit aanbreek nie!
Vandag is die oudste wat jy nóg was ... -tog ook die jongste wat jy ooit sal wees - so, 'geniet' hierdie dag vir solank dit duur!
Jou kinders is goed ... maar jou kleinkinders is 'volmaak'!
Om 'uit te gaan' is goed, maar om by die 'huis terug te kom' is beter!
Vergeet jy ook name ...?
Dis óók "OK", -want daar is mense wat vergeet dat hulle 'JOU' ooit geken het...
Jy besef dat jy nooit regtig goed sal wees met vele dinge nie; met elke 'jaarring-geleef', word die lysie al hoe langer...
Die dinge wat jy altyd graag gedoen het, doen jy sonder rede nie meer nie, maar 'gedagtig' nogal somtyds daaraan dat jy nie regtig meer omgee dat jy dit nie meer doen nie ...
Slaap beter in n leunstoel, -as in jou bed ...?
Mis jy ook daardie dae toe alles met nét 'n AAN &/of AF skakelaar gewerk het ...?
Is jy ook geneig om meer kort woordsinne te gebruik soos "waar?" "hoe-sê?" ...?
Nou dat jy per geleentheid duurder dinge kan bekostig, is dit meestal nie veilig om dit enige plek te vertoon/ te dra nie ?
Wat altyd sproetjies was, is het mettertyd verander na "vlekke" ...?
Baie meer mense as voorheen, 'fluister' wanneer hulle praat,- maak jy jouselwers aldag wys.
Jy het 3 groottes klere in jou hangkas ... 2 waarvan jy nooit meer /weer sal wil dra nie ...
OUD is goed in sommige dinge: OU liedjies, OU flieks, OU wyn, en beste van alles ... OU VRIENDE !!!
“Mooi Loop my OU VRIND/VRINDIN & Seëning op 'dit' wat vir jou nog mag Voorlê….”