Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, August 23, 2020

'n ToekomsVisie vir die Nageslag......


Opgedra aan: Onse Haimi & Karin... met hul Verlowing !

Ter Opsomming: " 'n ToekomsVisie van Sukses/Mislukking vir die Nageslag - 'n Funksie van die Perspektief wat mettertyd ontwikkel vanuit die Orientasie van Persepsies wat posvat agv Belewenisse van Onmiddelike / Huidige Omstandighede......."

Toe het Kaleb die volk stil gemaak teenoor Moses en gesê: 

"Laat ons gerus optrek en dit in besit neem; want ons kan dit sekerlik oorweldig...." [NÚMERI 13:30 AFR53]

Numeri 13 & 14 vertel hoe Moses manne, hoofde van elke stam, stuur om die beloofde land te gaan verken. 
Twaalf manne, twaalf leiers, hoofmanne van stamme, pak hulle sakke en sit af op 'n ekspedisie om 'n land te gaan verken wat reeds aan hulle beloof is deur die onwankelbare God. 
Dis 'n ekspedisie wat hul en hul nageslagte se lewens en toekoms radikaal kan verander....

Hulle sien die land en die opbrengs daarvan, trosse druiwe wat twee mans moet dra, ongekende groot en helderrooi granate. 
Als is mooi, buitengewoon mooi, maar die volk wat daarin woon is sterk en groot. 
Die stede is versterk en baie groot. 
So groot as die moontlikhede van die land is, so groot is die struikelblokke om dit te bekom....

Met die terugkeer kom twaalf manne terug, manne wat dieselfde dinge gesien en beleef het.
Tien manne kom terug met die prentjie van die struikelblokke in hul gedagtes, en twee manne, Kaleb en Josua kom terug met melk en heuning in hul gedagtes. 
Tien manne se verslag is negatief, maar twee manne is positief, -ten spyte van die uitdagings!

Die geskiedenis van die storie leer ons dat dit slegs die twee manne, wat met smaak van melk en heuning in hul gedagtes teruggekom het, wat dit ook in die werklike lewe daarna fisies gesmaak het.... 
Kaleb en Joshua, twee manne wat voet op beloofde grond gesit het en gesmul het aan die land se melk en heuning. 
Kaleb en Josua se verslag het nie die gevare misken nie, hulle het melding gemaak van die gevare, maar hul slotsom was dat met God se hulp, -is dit moontlik...

Ons lewe ook in 'n land en in 'n tyd waar ons reuse in die gesig staar. 
Daar is bye wat ons van die heuning weerhou en koeie wat die melkemmers omskop. 
Daar is baie dinge en gebeure wat ons vanweë 'n negatiewe persepsie 'n neerdrukkende uitkoms kan laat skryf in ons verslag aan die nageslag..... 
Maar ek wil glo, dat wanneer ons die twee manne se voorbeeld volg deur ons gedagtes en fokus te hou op die melk en heuning, en nie op die dinge wat tussen ons en die smaak daarvan staan, dat ons dit ook in die fisiese sal smaak....!

Ons kinders, ons nageslag, het nie nodig om woestyntrekkers te wees as gevolg van ons ongeloof in God, dat ons van dié land se melk en heuning sal eet en drink nie. 
Ek wil aanhou glo, en ek wil aanhou om my gedagtes te vul en my fokus te vestig op die melk en heuning, en nie op die struikelblokke en reuse wat oorkom moet word nie.... 
Want wanneer God ons help met die reuse van die land, wil ek 'n Josua en 'n Kaleb wees, wat my kinders en kleinkinders sien met taai vingers van ons land se heuning, en wat lag met wit, melkglimlaggies om die rondings van hul mondjies....

Wat skryf jy in jou verslag vandag, is dit die reuse in jou hart, of sien jy nog die melk en heuning van ons beloofde land? 
My kinders, my kleinkinders en agterkleinkinders wil ek hê moet my in my Nalatenskap onthou as 'n man wat nooit opgehou glo het dat God se hand sal help teen vyande en reuse in die land, sodat hulle kan eet van die heuning en kan drink van die melk en my verslag geglo het, dat Gods hand ons sal help...!

Ons kinders en nageslagte verdien pa's en oupas en mans soos Kaleb en Josua, wat nog glo in God se hand wat kan help in hierdie land. 
Manne wat kennis neem van die gevare, maar wat die moontlikhede met God in hule gedagtes reeds beleef en uitleef. 
Manne met 'n "mindset" van " Ons kan...!"

Daarmee ontken ek nie die uitdagings nie en ontken ek nie dat ons gevoelens kry van magteloosheid in n demokrasie waar ons as ‘n minderheid eenkant toe gedruk word om toe te kyk hoe die volksvreemde meerderheid soos roofdiere alles verslind.
Ek ontken ook nie dat ons op die stadium leierloos en planloos is nie.
Dat ons teen ons Afrikaner aard ons rug draai om nog houe te vat sonder om terug te slaan.
Dat ons stomgeslaan niks doen behalwe toekyk hoe die volgende hou op ons gemik beplan word en onsself teenvoeterloos verskans en voorberei om die aanslag af te weer en te oorleef.
Om die volgende dag die te begrawe wat dit nie gemaak het en dan weer aan te gaan met ons lewe.

Ons Afrikaners vat hou vir hou. 
Hoe ons soos Dawid nie wraak neem op die Saul in ons lewe nie
Ons bekla ons lot soos Dawid maar ons neem nie reg in eie hande alhoewel ons dit baie sterk oorweeg.
Daar is iets wat ons terughou om teen ons aard op te staan teen die boelies....

As Gelowiges kan daar net 1 verklaring wees:
Ons wag vir God om ons te verlos of in beweging te bring.
Dit opsig self is dalk n goeie plek om op te wees want hierdeur plaas ons ons vertroue in ons Vader om op Sy tyd en Sy manier verlossing te bring.
Ons moet ons gebedslewe inrig en daaraan wy om as Vader se kinders te bly lewe terwyl Hy steeds na ons omsien al gaan dit hoe woes om ons.

Israel is as volk 400 jaar in Egipte onder die heidense nasie gekasty.
In die begin is hulle waardeer en het lekker gelewe en voorspoed beleef te midde van die teenoorgestelde van die Egiptenare.
Inderdaad was hulle teenwoordigheid tot voordeel van die Egiptenare.
Algaande het die Egiptenare jaloers geraak en die Israeliete begin onderdruk en slawe gemaak.
Hulle is sleg behandel maar het vasgebyt voor die aangesig van YHVH en op Hom staatgemaak vir uitkoms.
Dit maak my trots om Christen-Boere-Afrikaner te wees en te sien hoe my volk soos Dawid swaarkry sonder om reg in eie hand te neem waggend op YHVH want dit is wat ons doen of ons dit besef of nie.
Ons bely deur die posisie wat ons inneem:

“Sonder U gee ons nie 1 tree nie ‘maar saam met U deins ons nie terug om menigte aan te vat nie. 
Ons wag soos styfgesnaarde boog op U bevel om die heidene onder U leiding in orde te bring. 
Praat met ons Vader dat ons U leiding kan ervaar U stem kan hoor en in U vertroosting en rus kan vind”

Vir hulle wat klop word oopgemaak.
Kom ons bly klop aan die deur van ons Vader en herinner  Hom aan ons afhanklikheid in afwagting op Sy antwoord en uitkoms soos Kaleb en Josua met n positiewe verwagting...
Kom ons wees bewus van Sy teenwoordigheid wat ons sal reinig van die bose tot geregtigheid om Sy ontwil sodat niks in Sy pad staan om Sy kinders te kom red.

Versorg mekaar te midde van die aanslag tot Hy uitkoms bring....!

Your children are not your children.
They are the sons and daughters of Life’s longing for itself.
They come through you but not from you,
And though they are with you yet they belong not to you.
You may give them your love but not your thoughts,
For they have their own thoughts.
You may house their bodies but not their souls,
For their souls dwell in the house of tomorrow, which you cannot visit, not even in your dreams.
You may strive to be like them but seek not to make them like you.
For life goes not backward nor tarries with yesterday.
You are the bows from which your children as living arrows are sent forth.
The archer sees the mark upon the path of the infinite, and He bends you with His might that His arrows may go swift and far.
Let your bending in the archer’s hand be for gladness;
For even as he loves the arrow that flies, so He loves also the bow that is stable....

Shalom....& Maranatha!

No comments: