Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, December 30, 2017

'Gewillige-Bereidwilligheid' tot Sensitiwiteit vir die Heilige Gees se Leiding!

.....Let GOD Lead you........ Today... & ALWAYS !...
Handeling 16: 6~10...... Wat 'n merkwaardig-intressante gedeelte !
Hy het 'n Masedoniese man gesien wat hom staan en smeek: 'Kom oor na Masedonië toe en help ons.' Nadat Paulus die visioen gesien het, het ons onmiddellik Masedonië toe vertrek omdat ons tot die oortuiging gekom het dat God ons geroep het om die evangelie daar te verkondig' (verse 6-10). 

God het 'n 'Oop-deur Beleid.' !
Wanneer Hy 'n deur oopmaak, is jy veronderstel om daardeur te loop.... 

Merkwaardig dat toe God Paulus daarvan weerhou het om in Asië in te gaan, het hy nie rondgehang en gevra, 'Hoekom, Here?' nie. 
Hy het aanhou beweeg..... 

Vir Paulus was dit niks snaaks om iets te probeer en dan werk dit nie uit nie. 
Hy het geglo dat sy gawe aan God sy gewillige hart is; en God se gawe aan hom was dat Hy hom altyd sou lei waarheen hy moes gaan

Dit wat God voorkom, -is net soveel Goddelike Leiding as dit wat Hy toelaat. 
Elke deur wat NIE oopgaan nie, elke geleentheid wat jy NIE kry nie en elke oproep wat NIE deurkom nie is nèt soveel God se leiding as die wat doen...... 

Die wete dat jy nie kan bly waar jy nou is nie, -mag dalk die beginpunt van God se leiding in jou lewe wees. 
Hierdie leiding begin dikwels met 'n roering en 'n rusteloosheid in jou siel.......

Shalom ..... & Maranatha !

No comments: