Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, October 27, 2011

Mens !...........Wie se & watse Maaksel is jy agter die 'Ooge'?

My eie waterbak het al male sonder tal
stukkend geval, 

......Here.
Dan het ek dit sélf probeer regmaak.
Ek het die stukke probeer optel & dit probeer lym en las.
Maar,  -so 'n kruik lek, Here.... ?

My lymwerk is swak, & my laswerk skeef.
Die water loop vinnig weg & dié wat daaruit moet drink, 
-bly ........dors ?

Daarom wil ek vandag kom vra dat Ú my sal heelmaak, 

....Here ?

Ek weet dat ek altyd broos sal bly, & dit is ook reg so....
Maak my egter só heel -dat ek vir 'n dors wêreld
die lewende water kan aanbied !

Maak my heel én vol.
Maak my vriendelik-geduldig,
eerlik-regverdig,
liefdevol-sensitief.....





























O, Bron van Lewende Water,
vul my met Uself !


Gee my Moed met Deursettingsvermoë.
Gee my Geloof met Hoop.
Maak my hardwerkend-helpend my om my plig goed te doen.

Maak my werklik .......U beelddraer,
'n héél mens wat ander sal inspireer,
nié met die 'ets' van my woorde nie.....
maar met wie ek is ...
In-Jesus-Christus!

Shalom

No comments: