Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, October 27, 2011

Commitment........Verbintenis tot God!

Totdat ek my verbind het, 
........ is daar 'n huiwerigheid, 'n omdraai-kans om kop uit te trek. 


Die oomblik egter wat ek my onherroeplik verbind,(in 'n Verbond), tree God toe en dán eers is daar 'n hele reeks van gebeurtenisse....... 
Allerhande onvoorsiene voorvalle, ontmoetings, mense, en materiële bystand waaroor ek nooit eens kon droom nie, kom na my toe.
Verbind jou dus! 
As niemand wil saamgaan nie, moet jy alleen gaan - dis verbintenis. 


Daniël het alleen geëet en gebid. 
Elia het alleen geoffer en getuienis gelewer. 
Jeremia het alleen geprofeteer en gehuil. 
Paulus het gesê, 
'Almal het my verlaat... Maar die Here het my bygestaan... En Hy het my van 'n gewisse dood gered.' 




Dis slegs wanneer ek my omonwonde verbind het (tot God), dat God daarná, om my onthalwe intree.....


Toe die drie Hebreeuse jong manne geweier het om die heidense koning se afgode te aanbid, het God hulle uit die brandende oond gered sonder dat daar selfs 'n haartjie van hulle hoofde geskroei is. 
Koning Nebukadnesar was so beïndruk dat hy verklaar het, '...Daar is geen ander god wat so kan red soos Hy nie' (Daniël 3:29). 


My/Jou goddelike roeping....? 
Vind uit. 
Gehoorsaam Hom. 
Volg Hom in die Geloof. 


'Ek sal eerder 'as' wees, as stof. 
My vonk moet eerder heeltemal uitbrand, as om te verrot. 
Die ware doel van my lewe ís om te leef, 
.......nie om maar nét te bestaan nie!
Ek sal dus nie my dae mors,
- deur hulle te probeer verleng nie. 


Ek sal elke oomblik ten volle gebruik.' 


Shalom

No comments: