Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, July 18, 2012

Skoene ............van 'gister' .....



Al is jou spore vergete .............. 

& jy, 
tans met sole verslete ........
gedy, 
op 'n pad.... lank en swaar ,
'die skoene', -moet jy dra: 

Jouse verlede klou verbete aan die veters van jou gewete

Maak jouself derhalwe los van jou GISTERS.........
dis finaal verby .....
& self vir jou geliefde & (eertydse) kinders,
is jy slegs maar 'n vergete herinnering
met geen uitgesproke behoefte
aan verdere verbintenis

LEEF derhalwe slegs maar vir vandag,
(nie fatalisties gesproke...)
want dis al wat jy rerig het...... 

Hoe dikwels klou ek & jy nie nog aan die veters van gister vas,
- oor dit wat ons moes of nie moes gedoen.......... of gese......... of gewees........ het nie

As sogenaamde vriende, of veral geliefdes & familie van weleer, jou al 'onderstebo' gestamp het,
& miskien steeds nog op jou wil trap,
sal jy inderdaad met 'letsels van gister' weet, 

hoe moeilik dit is om jou ou skoene van gister uit te trek
& met nuwes verder te wil stap !

Jy's verknog aan die skoene van GISTER,
want dis mos lekker sag en gemaklik en uitgetrap 
terwyl enige NUWES jou tog maar erens in die 'dra-proses' iewat erens sal druk en knyp.

Mag ons Hemelse Vader elk van ons help om los te kom van al die gisters, sodat elkeen sy mores .....

in Jesus Naam & tot Sy Eer
te volle 'uitbundig' kan leef...........

Shalom & Maranatha

1 comment:

Anonymous said...

Al is dit moeilik, ja, vir elkeen wat gisters moet los by gister, is dit die voetslaanrigting vir 'n beter môre.