Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, July 11, 2012

Leef....'n Lewe van Liefde...?

Capture the best moments of your Life....... in your heart by Living them with Love ... 

Die volmaakte voorbeeld van 'wat' Liefde is, -sien ons by God wat vir MY/JOU so ontsettend lief is.. dat Hy sy Seun Jesus Christus aan ‘n kruis laat sterf het, sodat ONS gered kon word.....

Dit is die 'ultimate' daad van liefde. 
Geen groter daad van liefde is moontlik nie en ons, ek en jy, staan aan die ontvang-kant daarvan. 
Dit weet ons wel, maar in die Fisika is daar ‘n reël: 'Vir elke aksie is daar ‘n gelyke & teenoorgestelde reaksie....' 
Derhalwe: Wat is jou reaksie op die groot aksie van God? 
Stamp die liefdes-aksie van God jou van die bank af? 
Stamp God se aksie jou van jou ou koers op ‘n nuwe ene? 
Of fnuik jy die wetenskap en lê jy onaangeraak knus op die bank as 'coach-potato'?

God het vir ons gewys wat ware liefde is..... 
Ons behoort mekaar ook so lief te hê. 
Wanneer jy sê dat jy in God en in Jesus glo, sê jy in dieselfde asem dat jy die mense met wie jy elke dag in aanraking kom, OOK so sal liefhê. 
Dit kom outomaties saam met kind van God wees.
 Jy kan nie net vir die een kies en nie vir die ander nie. 
Ons verstaan dit nie lekker nie, -want in ons wêreldjie pas ons alles aan soos wat dit vir MY die beste werk. 
Ons gaan eet uit. Ek is lankal lus vir vis en bestel dit. 
“Meneer, daar is drie tipes. 
Watter ene?” “Nee, ek weet nie, bring maar die .....” 
En so word ons toegelaat om elke keer ons eie ding saam te stel, net sodat dit vir ons die beste pas. 
Tog, wanneer dit by God se manier van lewe kom, is daar nie opsies A, B tot Z nie. 
Daar is net opsie A. 
Glo in God EN leef sy liefde uit aan al die mense met wie jy in aanraking kom. Indien die liefde van God nie sigbaar in sy kinders is nie, moet daar ‘n groot vraagteken oor die persoon se identiteit as Gods kind geplaas word. 
Ek sê nie so nie.... 
God se Woord sê so:
 20As iemand vertel dat hy God liefhet, maar liefdeloos teenoor ‘n medegelowige optree, is hy ‘n regte leuenaar. 

Dink net: As iemand nie eens die medegelowige liefhet wat hy elke dag sien nie, hoe sal hy God kan liefhê wat hy nie eens sien nie? 
Hierdie vers sny ‘n bietjie diep. 
Hoeveel keer val ek...ons nie in die kategorie nie? 
Hoeveel keer los ons die liefde by die huis en is koud en klinies in ons verhoudings .... 
Hoeveel lyke los ons op ons dag se paadjie? 
Dan kom daar ongelukkig outomaties ‘n vraagteken agter ons woorde van geloof in God en ons sit in die kerk se bank en so.

As ons sê ons glo in God, verstaan ons so op ‘n manier ietsie van die liefde wat God so aanmekaar oor ons uitstort EN dan word ek outomaties aangeskakel om ook van die liefde in die wêreld te gaan uitstort. 
Wanneer ek dit regkry en ander mense ook die voordeel van God se liefde ervaar, het dit ‘n ongelooflike effek: die onsigbare God word vir ander mense sigbaar
Ja, in die wêreld waar dit so donker is en die mense doelloos ronddwaal, sien die mens ewe skielik weer. 
Kry hulle hoop, want deur jou liefdesdaad het God se verhale grond gevat en waar geword. 
12Niemand het God nog ooit gesien nie. As ons egter mekaar liefhet, kan mense God in ons lewe sien. 
Sy liefde blom in ons soos Hy bedoel het dit moet wees. 
Verstaan jy die netto effek van die liefde wat ons uitleef? 
God word verheerlik, nie ons nie. 
God word sigbaar vir die mense wat moed en eintlik geloof in God verloor het. 
Hulle is blind en sien net die swaar raak. 
Hulle het hulle oorgegee aan die strome en die winde wat om hulle woed en skielik kom jy en kom gee ‘n greintjie hoop met jou daad van liefde
En op ‘n manier hoor jy die persoon sê: 
“Dan moet God seker nog bestaan”!

God het baie planne.
 Een daarvan is dat Hy sigbaar word vir al die mense vir wie Hy lief is. 
Die mense het Hom ontsettend nodig. 
Baie van hulle weet nie eens hoe nodig hulle Hom het nie. 
En Hy wil vir my en jou daarvoor gebruik.
Jy is deel van God se plan. 
Gaan leef dit uit. 
Gaan soek plekkies waar jy sy liefde kan gaan uitleef, want dan sal die wêreld weer vir God kan raaksien
.......deur JOUSE bydrae in/deur 'daad(e)' van Liefde..!

Shalom ...Maranatha

No comments: