Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, May 05, 2012

Wysheid & Karakter......



"....die geweldige 'druk & hitte' is die 'katalisator' in die proses, bepalend in die uiteindelike Kwaliteit van die Diamand...!"
Een van die groot ' misteries' van die lewe is God & Sy Wyse van Dinge doen.............
Vir my as kleine 'mensie' ..... onvoorspelbaar & buite die konteks van begrip.

Sommige van diesulke optredes bring ons in die mees 'gevaarlikste plekke', -en asof God nie sou omgee wat met ons gebeur te midde van beproewings nie!

Hierdie gebeure in ons lewens, het egter 'n spesifieke doelwit in ons lewe, te volvoer.
Die 'doel' is om ons aan die einde van onselwers te bring, sodat ons die 'skat-van-donkerte' kan beleef....
Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom. (Job 30:26)

Wanneer ons in hierdie 'donker dieptes' inbeweeg, begin ons 'n 'Lig' ervaar wat onbekend aan ons was vantevore....
Ons 'sensitiwiteit' op vele vlakke is verhoog & ons begin dinge ervaar/sien deur ons 'geestelike oe'.

Tensy ons in hierdie valleie ingeneem word, ontwikkel ons 'menswees' geen diepte van karakter nie; dit ontwikkel net nooit nie........
(Byna soos die 'n 'diamant' wat gevorm word; die geweldige 'druk & hitte' is die 'katalisator' in die proses, bepalend in die kwaliteit.)
Derhalwe ontwikkel ons nooit Wysheid nie, maar slegs 'kennis'....
Kennis word verkry deur begrip; Wysheid word verkry deur die 'aktiewe'beleef & 'deurdruk' in donkerte.

Na afloop van sulke 'gebeurtenisse', kom dit tot ons bewussyn dat ons inderwaarheid nooit alleen was ten tye hiervan nie; God was altyd met ons; by ons...... elke tree van ons 'kruistog'
Het Hy nie ons telkemale in Sy Woord verseker dat Hy ons NOOIT alleen sal los nie...?
Nietemin, wanneer ons te midde van 'n krisis is, 'voel' dit by tye nie vir ons asof Hy met ons is nie, -want Hy 'red'/verlos ons nie terstond uit ons penarie nie.
Hy verwyder nie die omstandighede nie; ons 'roekeloos-onbevange vertroue' op Hom maak die verskil........
Sy nie-ingryping in ons situasie, strek ons tot voordeel; dat ons meer soos Jesus kan word...

Jesus het 'gehoorsaamheid' geleer uit dit wat tot sy nadeel was .
(Heb 5:8) Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;

Gehoorsaamheid....?
Omarm /verwelkom die 'donker tye'; weet jy is NIE alleen & verkry die Wysheid uit diesulke situasies, wat God vir JOU, -daarin bestem het !
Ek het........ keer-op-keer 'wyser' uit die vele 'veldslae' na vore getree...
Wat van Jou......... ?
Dit bly 'n daaglikse .........'Keuse'

Shalom.... & ...Maranatha !









No comments: