Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, September 13, 2010

Jou FONDASIE........Ondersteuningsvlak is...?

".......Op ’n dag was daar ’n verstandige man wat sy huis op rots gebou het. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom en winde het teen die huis gewaai en daaraan geruk. Tog het dit nie ineengestort nie, want die huis se fondament was op rots.

Sy buurman het sy huis op sand gebou. Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom en winde het teen die huis gewaai en daaraan geruk. Die huis het ineengestort en is heeltemal verwoes....."
 Oorspronklike storie aangepas uit Mattheus 7:24-27

Kom ons 'vertaal' hierdie gedeelte binne die konteks van vandag in Suid Afrika (of erens):

Op ’n dag was daar ’n verstandige man wat saam met sy vrou hul huwelik op God gebou het. Die stortreën in die vorm van stres by die werk, geleenthede om ’n buite-egtelike verhouding aan te knoop, geldelike probleme en/of siekte, het hard aan hul huwelik geruk. 
Tog het hulle telkens saam na God gegaan om Hom vir antwoorde te vra. 
Hul liefde vir God en vir mekaar het hulle telkens deurgedra, want hul huwelik was op God se fondament gebou.

Hierdie paartjie se bure het hulself “Christene” genoem, maar nie hulle verhouding met God ’n prioriteit gemaak nie. 
Die stortreën in die vorm van stres by die werk, geleenthede om buite-egtelike verhoudings aan te knoop, drank, geldelike probleme en/of siekte het hard aan hulle huwelik geruk. 
Omdat hul oe op hulle eie vermoens & die probleme gerrig was & JESUS nie raakgesien het te midde van al die probleme nie, het........
Hulle geswig voor die versoekings , maar die wereldse druk het hulle ook uitmekaar gedryf en veroorsaak dat albei groener weivelde ("keeping up with Joneses"), gaan soek het. 
Uiteindelik het hul huwelik ineengestort en is dit heeltemal verwoes
Hulle fondament was verkeerd.

(.....dit was ook my/ ons gewese huwelik se uiteinde........... )

 “As die Here die huis nie bou nie, swoeg dié wat daaraan bou, tevergeefs. As die Here die stad nie beskerm nie, waak dié wat dit beskerm, tevergeefs.”  Psalm 127:1

Stof tot Nadenke........
Is God die fondament vir jou huwelik, jou gesin en jou lewe? 
Sal julle huwelik (of jou lewe) staande bly as die stortreën val, die vloedwaters afkom en die winde aan jou huwelik ruk? 

Vaste Voorneme.....
Dis 'n Rasionele Keuse.... dit gebeur nie vanself nie; dis nie 'n gevoel of jy/jul lus is daarvoor of nie.
Kies om God die fondament in jou lewe te maak! 
Bid tot Vader God, met danksegging ("in advance") & vra Hom om die fondament van jou/my huwelik (of jou/my lewe) te bou. 
Vra verder om jou te Lei, -daagliks om nie besluite uit jou eie krag te neem nie, maar telkens te vra vir Sy Leiding deur u Heilige Gees. 
Vra dit ..........in die Naam van Jesus Christus.!

Shalom

No comments: