Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, May 06, 2012

Accountability of Extended FAMILY / Verantwoordbaarheid van Aangetroude FAMILIE


Daar's geen beter uitbeelding van ons ego-gedrewe natuur as hierdie nie: 
'Elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë.'
Die uitgangspunt was: 'Moenie my vertel wat om te doen nie.' 
Maar dis 'n uitgangspunt wat jou sonder wigte en teenwigte laat, wat jou blootstel aan die oorheersende mag van die vlees. 
Ons kan almal aan iets verslaaf raak of in 'iets', -('n verhouding) verstrik raak 
Deur dit te erken, neem ons die eerste stap om dit te oorkom. '
...Die sonde wat ons so maklik verstrik...' (Hebreërs 12:1 NV) kan 'n swakheid vir kos wees, of vir geld, seks, dwelms, alkohol, gewildheid, gevaarlike verhoudings, mag, werkverslawing, ens. 
As dit toeslaan, is dit baie meer waarskynlik dat jy sal toegee as jy alleen is en op bedekte wyse optree.
 '...Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie' (Prediker 4:10 NV).
 Jy moet dadelik 'na die lig kom' deur met jou ondersteuningstelsel te verbinden jou situasie met ander te deel. 
Jou onmiddelike & aangetroude familie moet ook die 'Christenskap' aan die dag le om in te gryp & daadwerklik iets aan die saak te wil & gaan doen & nie net apaties ' hands off ' van die kantlyn af hul hande in onskuld te was, (soos my gewese hoogs-Christen aangetroude familie gedoen het nie)
Moenie toelaat dat die duisternis van alleenheid jou oorweldig nie.
 'As die een val, kan die ander hom ophelp...' (v. 10 NV). 
Die trots wat maak dat jy jou swakhede wegsteek, sal jou permanent swak hou.
 Die nederigheid om dit te erken en hulp te vra is die sleutel om die bose kringloop te verbreek. God het ons geseën met volwasse, liefdevolle mense wat ons gewone sukkelbestaan ken en ons wil help om dit te hanteer. 
Ons is deel van Christus se kerk, en 'as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly' (1 Korinthiërs 12:26 NV). 
God het Moses beveel: 'Jy moet... bekwame...manne uitsoek, dienaars van die Here...hulle [sal] die verantwoordelikheid saam met jou dra' (Eksodus 18:21-22 NLV)
Aanvaar die hulp wat God voorsien!


Shalom....... Maranatha !

No comments: