Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, May 24, 2012

JY is....die Kerk !


Waarom sou mense die kerk verlaat.... ? 
...Moontlik a.g.v. JOU !
of.....a.g.v die houding van sommige ander lidmate. 

Die oudste seun in Christus se gelykenis van die ' Verlore Seun' , het geweet hoe om 'n seun te wees, maar nie geweet hoe om 'n 'broer' te wees nie. 
As mens kyk na sy jaloesie & veroordeling van sy broer, is dit g'n wonder dat sy boetie padgegee het nie! 
Paulus skrywe:
'Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot 'n val kan bring nie.' 
Die Bybel sê: 
'Wie sy broer liefhet, bly in die lig, en daar is niks wat hom laat struikel nie' (1 Joh. 2:10). 

Versterk JOU houding en optrede ander mense, of laat dit hulle struikel? 

Het jy van Diotrefes gelees? 
Johannes het oor hom gepraat:
 'Ek het 'n briefie aan julle gemeente geskrywe, maar Diotrefes, wat danig daarop gesteld is dat hy hulle voorganger is, aanvaar nie ons gesag nie. Daarom sal ek die dinge wat hy doen, ter sprake bring as ek daarheen kom: hy versprei slegte en vals gerugte oor ons; en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy self ook nie die medegelowiges nie, en die wat dit wil doen, belet hy en ban hy uit die gemeente' (3 Joh. 9-10 NV)
Diotrefes was 'n prima-donna wat net een ding wou hê - beheer! 
Johannes het hom aan die kaak gestel as 'boos' deur te sê:
'...Wie verkeerd doen, het nie vir God gesien nie' (v. 11 NV). 

Slegs in die hiernamaals sal ons weet hoeveel mense uit die kerk weggedryf is deur......... kritiese, gevoellose, manipulerende Christene. 

Maak seker JY is nie een van hulle nie!
Sou jy WEL tans een wees.... Gaan & maak reg & smeek om Vergifnis by die wat jy skade berokken het...& by God !
(Lees gedeeltes oor ' Vergifnis' ....if you Please.)

So often,rather than accepting people wherever they are in life, there is often an unspoken (or sometimes spoken) expectation of needing to be a certain way or look a certain way first.
How can we, as a community of faith, work to not only share, but also embody the unconditional love of God to all of those whose paths we cross?


Shalom.... & Maranatha

No comments: