Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, November 07, 2011

Fear / Vrees....




So lank as wat vrees jou lewe beheer, sal jy nie in die geloof waag nie en so sal jy jou roeping misloop.

Die Bybel sê....,
'As jy NIE glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel' (Hebreërs 11:6).

Dis tog sekerlik beter om te glo en te waag en God so tevrede te stel, as om Hom ongelukkig te maak?
Ons almal ervaar vrees wat ons laat terugdeins.

Dis egter diegene wat die vrees trotseer (& oorwin met God se Hulp -deur die Heilige Gees) , wat sukses behaal...!
"Groot is die Here wat Hom verheug in die vrede van sy dienaar"' (Psalm 35:27).

Oorwinning oor die vrees vir mislukking begin met die vertroue dat God wil hê dat jy 'vrede' ervaar.
Ondersteun deur die feitelike Waarheid van die Bybel, sal jy nie alleen jou vrese in die oë kan kyk nie, maar dit ook kan verslaan.
Shalom

No comments: