Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Tuesday, November 08, 2011

Loneliness / Eensaamheid........


Min emosies is seker pynvoller as die 'herhalende dolksteek' van eensaamheid 
Geeneen is daarvan gevrywaar nie..... 
Dink maar aan die pyn wanneer :
- jy ’n geliefde verloor, 
- die geïsoleerdheid van die alleenloper wat alleen maaltye moet eet & moet slaap & 'saamdinge' alleen moet doen, 
- die verlange na kinders wat ver is 
- mense (sg. Christen-vriende) wat jou meerderwaardig veroordeel & afgeskryf het,  
- jou onrustige alleen-nagte, 
......of die ergste...die benouende gevoel as sekere verjaarsdae of veral familie-feestye van die jaar aanbreek.

As jy ook so voel, -is/was daar andere ook... 

Dawid het dit ervaar: 
“Want my vader en my moeder het my verlaat....”(Ps 27:10)

Paulus het dit beleef: 
“In my eerste verdediging het niemand my bygestaan nie, maar almal het my verlaat.”(2 Tim 4:16) 

Jesus het dit aan die kruis ervaar: 
My God, my God, waarom het U My verlaat?”(Markus 15:34).


Elk van hierdie drie mense het egter geweet waar die antwoord lê – in die Trou, Goedheid en Hulp van God. 

Dawid weet dat ten spyte van sy ouers wat hom verlaat het, God hulle plek sal inneem. Hy praat homself dus moed in: ....maar die Here sal my aanneem. O, as ek nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie... Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees!” (Ps 27:10b,13-14 ).

Paulus getuig van God se hulp in sy eensaamheid terwyl hy in die gevangenis sit: “Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee...”(2 Tim 4:17). 

Jesus bely in die kake van die dood hardop Sy vertroue in Sy Vader: “Vader, in u hande gee Ek my Gees oor!” (Luk 23:46)

Jou vertroue en geloof in die Here se teenwoordigheid by jou, is dus die eerste  & belangrikste manier waarop jy eensaamheid kan hokslaan.

Paulus se brief aan Timoteus lig egter nog ander maniere uit. 
- Hy wil tyd belê  met 'iemand' met wie hy aanklank vind; wat hy in sy vertroue kon neem en wat hom kon vertroos in sy eensaamheid.
- Paulus wil tyd spandeer in die Woord en krag daaruit  put terwyl hy alleen in die gevangenis sit en wag op sy dood....... 
(Selfs wagtend op die dood het hy nie toegelaat dat eensaamheid die oorhand kry nie! )

Met die Hulp van die Here wat jou sal help om bo die 'dryfsand' kan uitstyg kan JY iets aan hierdie 'pynlike' eensaamheid doen.......
-Weet dat die Here jou kan aanneem; 
- Gaan maak vriende, -met voels van eenderse vere..... JY wend die poging aan & gaan kuier jy by hulle as ’n geleentheid om na ander uit reik & hulle te Seen in die proses;
- Gaan uit in die Natuur & 'herontdek die Wonder van God se Skepping' met al 6 jou sintuie!
- Lees opbouende en verrykende boeke, maar verdiep jou veral in die lees van die Bybel..... 
Op dié maniere kan eensaamheid as katalisator dien om meer positiewe veranderinge in jou lewe teweeg te bring, totdat...........die Heer in Sy tyd sal Beskik.....

SHALOM

No comments: