Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Tuesday, May 31, 2011

Die Geheim........ van "Lewe"

....Enjoy the LITTLE things in Life, -as one day you'll look back & realize that they were actually the real BIG things...!

Eendag vra die een vriend vir die ander: 
"Hoe is dit moontlik dat jy altyd so gelukkig is...Jy het soveel energie; & ek het jou nog nooit af of moeg gesien nie..? "

Met 'n glimlag in sy oe se hy: 
"Ek ken............ 'Die Geheim ' ! "
" Wat se geheim is dit? "
Hy antwoord:
"Ek sal jou alles van die geheim vertel, -maar jy moet my belowe, dat jy die geheim met almal sal deel.....! "

 Die Geheim is dat.........
* Ek het geleer dat daar min is in my lewe wat ek kan doen om myself werklik gelukkig te maak, behalwe om :
- 'Positief' onder ALLE omstandighede te bly....
- Wees 'IN ALLES' Dankbaar ; (nie noodwendig VIR alles nie!)
- Wees vergenoegd ("content") met alles.
* Ek moet op God vertrou om my gelukkig te maak en te voorsien in my behoeftes.
Wanneer 'n behoefte in my lewe ontstaan, moet ek op God vertrou om dit te voorsien ooreenkomstig Sy Besluit......
* Ek het geleer dat meeste van die tyd het ek nie die helfte nodig van dit wat ek wil he nie.
* Hy (God die Almagtige via Sy Seun Jesus Christus & die Heilige Gees inwonend in my), het my nog nooit teleurgestel nie....!
Vandat ek hierdie geheim geleer het is ek 'gelukkig'.!

Die vriend se eerste gedagte was......
'Dit is te simpel en eenvoudig! '
* Nadat hy sy eie lewe oordink het, -besef hy, hy het gedink 'n groter huis sal hom gelukkiger maak; -maar nee dit het nie!
* 'n Meer betalende werk sal hom gelukkiger maak maar dit het nie !

Wanneer het hy besef was hy op sy gelukkigste.....?
Toe hy saam met sy kinders & kleinkinders op die mat gesit het, speletjies speel, pizza eet en vir hulle 'n storie gelees het.....
- Die doen van 'eenvoudige dinge' , meestal waar geld nie werklik 'n rol speel nie......
Dit is Waarlik........'n Geskenk van God.

Nou weet jy dit ook!
* Mens kan nie op mense vertrou om jou gelukkig te maak nie.
* GOD in en sy wysheid alleen kan dit doen.
* Vertrou nét op Hom! Sien Jesus raak ágter die probleme
* God in sy wysheid sal altyd na jou omsien!

Ek hoop en vertrou dat jy dit gaan doen!

Wéét egter.......
Onse Vader in die Hemel kan / sal  'deure'  oopmaak, -waar vensters toegeklap is óf andersom......  
"Slegs U o Here is in staat om deure oop te maak wat geen mens kan toemaak nie en om deure toe te maak wat geen mens kan oopmaak nie........ "
Dankie vir ons Gesondheid, kos & dak oorie kop & klere....   
Ons is lief vir U o Here en gee alle Eer aan U en ons aanbid U met ons hele Wese.  
Amen ....!"

Om God aan 'jou kant te he' beteken nie dat jy in 'n bootjie seil waar daar géén storms is nie, maar dit beteken dat géén storm jou bootjie sal kan sink nie.!

Shalom

No comments: