Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, December 15, 2010

16 Desember 1838........Die Bewese Realiteit

 16 Desember 1838....
'n Verbond "covenant " met God, die Almagtige vind plaas, tussen Hom & die Voortrekkers / Afrikanervolk van destyds, ingesluit hul 'nasate'; afstamelinge van die Voortrekkers! Die Afrikanervolk.....Die "Boere"
Die Zoeloes het 'n plan gehad....
Die Here het 'n Plan gehad....
Die Voortrekkers het hulle onder die Plan van die Here geskaar.....met 'n Voorwaarde, -as Hy hulle wonderbaarlik sou red van 'n gewisse dood !


 Ps. 76:11   Doen geloftes en betaal dié aan die HERE julle God


 Wie is jy ......waar kom jy vandaan ..."BOER" ? 
Hoekom kan & moet jy trots wees op 'Wie jy is' &
 'Wat & Wie verteenwoordig jy'?



In 1838 is God se hulp gevra om die boere in hul nood te steun, te behoed en te bewaar
'n Monument sal hulle bou en die dag sal heilig bly,
Hul grootste wapen - hul 'onwrikbare' Geloof - met die Here (alléén), -aan hul sy ...



Die gelofte, deur Charl (Sarel) Cilliers opgestel, bestaan uit 'n versoek en drie beloftes wat nagekom sou word:
1. Ter ere van die Here, waar dit Hom sal behaag, 'n kerk bou.
2. Die datum van die oorwinning jaarliks soos 'n Sabbat van die Here deurbring.
3. Ons sal ons kinders daarvan vertel sodat ons nageslagte die Gelofte kan onderhou en die Roem en die Eer aan Hom daarvoor te gee.



"Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan hom te gee."


Vandag.......In 2010: 
Hier staan ons voor die lewende Drie-enige GOD,
Vader, Seun en Heilige Gees.
Ons, die ondergetekendes erken SY soewereine almag en ons diepe afhanklikheid van HOM.
Ons bely dat ons as volk van HOM weggedwaal het.
Ons wil ons in ootmoed tot HOM keer.
Ons herbevestig ons verbondenheid aan die Gelofte van 16 Desember 1838.
MAG GOD ONS DAARTOE HELP



Shalom


No comments: