Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, October 11, 2010

Never Quit....moenie OOIT Moed opgee nie....

"When you have nothing left but God, you have more than enough to start over again!!!"  


Die verhaaltjie het veel meer ommie lyf as net .........inspirasie !  Trek die skoen aan waar hy pas, ...& as hy druk; bring die nodige veranderings aan....in jou eie lewe!


In Derde Laan staan 'n klein huisie met 'n pragtige roostuin en 'n groot populierboom.
Dit is hier waar Theo en sy ma gebly het.
Hulle het alleen daar gebly, want sy pa is jare gelede al oorlede.
Almal in die dorp het dié twee se verhouding bewonder.  
Theo se ma het nie een van sy rugbywedstryde misgeloop nie.  
Of dit nou mooiweer of stormweer was, jy kon verseker weet, Theo se ma was daar.  
Sy was haar seun se grootste aanhanger.  
Ironies, Theo het nooit in 'n wedstryd gespeel het nie;  hy was altyd die reserwe.  
Ná elke wedstryd was sy ma se woorde:  "Miskien speel jy volgende keer my kind."  
Dan het sy altyd met haar arm om Theo se skouers daar weggestap......


Sonder enige druk van sy ma se kant, het Theo aangehou oefen en het hy altyd sy beste by elke oefening gegee.  
Hy het egter deur sy hele hoërskoolloopbaan die reserwebank vol gesit, want - omdat die skool klein was - het hulle net een span in sy ouderdomsgroep gehad.  
Maar sy ma het steeds getrou al die wedstryde bygewoon.

Dit was voor een van die laaste wedstryde in sy matriekjaar dat 'n tragedie Theo tref.
Sy ma is skielik dood.  
Dit was vir hom 'n baie groot skok.  
Hy het die afrigter gevra om dié week van die oefeninge verskoon te word.  
Die afrigter het vir hom gesê:  "Theo, neem soveel tyd as wat jy wil, want dis 'n groot verlies wat jou getref het."

Die Saterdag met die wedstryd daag Theo in sy rugbyklere by die wedstryd op.  
Hy gaan staan voor die afrigter en pleit-vra:  "Meneer, kan ek asseblief vandag speel?"  
Die afrigter het gevoel dat hy met so 'n belangrike wedstryd nie kon bekostig om 'n swak speler in te span nie, maar besluit toe tog om hom te laat speel.  
Hy het geredeneer: Hoeveel jare lank oefen hy nou al getrou sonder om te speel en boonop is sy ma dood.  Ek sal hom 'n kans gee.
Theo speel fantasties en druk selfs die wendrie.  
Na die tyd stap die afrigter na Theo:  "Waar het jy al die tyd hierdie talent gebêre?  Jy was briljant."  
Theo het met trane in sy oë gesê:  "Meneer, my ma is in die hemel.  
Meneer weet sy het getrou al die wedstryde bygewoon, al was sy blind.  
Wel, vandag was die eerste keer dat sy my kon sien speel.  
Ek wou vir haar wys ... ek kán speel!"

Onthou, ongeag hoe jy nou voel, iemand is trots op jou, dink aan jou, gee om vir jou en is lief vir jou. 
God - en al die mense wat lief is vir jou - hou jou in liefde dop.


Shalom 

No comments: