Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, July 08, 2017

'n 'Hemels-Geïnisieerde Geskenk / Present'....



'n Tyd gelede het die onderstaande nota tesame met die bostaande Resep -onder oë gekom ............

Dit is 'n skrywe wat gelaat is deur 'n 'weldoener', -iemand wat die  'ontvanger' vd Geskenk,  -subjektief beoordeel het as: 'Verdienstelik' !

"Hiermee 'n Present, gelaat deur iemand wat vir julle nie 'werklik' ken nie.

Wie sou dit kon wees kan die natuurlike reaksie wees?
Is dit werklik SO belangrik om dit te weet ...?

Dit is wat 'n 'present' inderwaarheid moet wees: ' 'n Verrassing, hetsy verdienstelik of onverdiend!      

"...To just Accept & Enjoy...in the present, without 'face-value' "
The reasons 'why' should not always be sought or analyzed, -just accept it for what it is.......A Gift !"

Die 'waaroms & hoekoms' & ander normaalweg-relevante 'paraphernalia' wat in sekere gevalle geregverdig blyk te wees, word in hierdie geval as: 'weglaatbare nie-relevante' informasie, ge-ag deur die gewer'

Miskien is dit een van die lekkertes van menswees, (-veral vir julle op die platteland); dat verrassings nog uit die bloute jou pad dalkies kan kruis.... met géén voorwaardes daaraan gekoppel !. 
Dat die gasvryheidsbeginsels vanuit vervloë dae, hier & daar nog 'druppend-deursyfer'....
Dat mede-menslikheid wél nog daar is.....

Miskien is dit wat die Hemelse Vader jul as bewoners van die aarde voor geroep het; -om mekaar te ondersteun, bemoedig & ander verwante handelinge wat nie voorspelbaar is, óf gebasseer is agv 'n oorstemmende 'aksie-&-reaksie' nie... 
Die materiële waarde van items is derhalwe nie verdiskonteerbaar op die inset wat gelewer is nie. Die korrelasie is in hierdie geval is derhalwe 'nul'.

Die aanvaarding van 'n 'sommer-net-meevallertjie' wat jul as mense moet bemoedig & 'Geloof' in die feit dat 'Die HemelseVader' se Seëninge onuitputlik, -nes Sy Liefde is.....
Engele het die 'genietinge' daarvan aldag & alnag.

Die boer van wie die 'ongewisselde kalfvleis' verkry is op 'n wettige wyse, het nie teëgestribbel of vrae gevra nie; -net gehoorsaam...
Die 'iemand' wat die verskalf opgesny het, het egter snitte gebruik wat onkonvensioneel, -dog in sommige gevalle sinvol blyk te wees.... 
Indien dit nie presies is soos wat jul aan gewoond is nie, -aanvaar dit desnieteenstaande ter goedertrou in die gesindheid waarmee dit aan julle besorg is & bring sélf die volgende veranderings aan die verpakking vd snitte (wat elk in 'n afsonderlike stukkie "glad wrap" toegedraai is)
Die varsheid is uitstekend want die koue van v.d 'Area van oorsprong' het 'n wesenlike invloed gehad het met die vervoer daarvan.
Die vleis is nie 'rypgemaak' nie, -derhalwe doen dit self na eie smaak met 'n bietjie suurlemoensap of 'meat tenderiser'.....saam met 'n 'katspoegie' Rooiwyn.
Sou dit egter nog steeds 'te taai' wees volgens persoonlike voorkeur...... -maak asb. dan 'Biltong' daarvan !

Daar word baie gepraat in wye draaie oor die uitleef vd 'Liefdesgebod' soos volgens die Bybel verwoord. 
Miskien het die Hemelse Vader meer die 'intensie' gehad dat dit moet manifesteer in 'dade' eerder as ge-uit slégs in woorde.....
.........Nes jul ook 'diensbaar & beskikbaar' is vir andere as 'n "daaglikse Lewenswyse"

"Gratitude is one of the most difficult of emotions to express....

Until as 'Earthlings', a more adequate way of conveying their feelings are found.....

'Thank You' for whom you are and meant to others, -will Have-to-Do.....!"


Shalom... & Maranatha !

No comments: