Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, June 25, 2017

Praying for......... vs Doing something for Someone (in Real terms),...-are Miles & 'many Moons' apart!



“Lord, I pray for your abiding presence in { someone's } life......”

Ek moes die grootheid van hierdie woord "abiding" gaan opsoek:
“Lasting a long time, in fact lifelong, eternal and everlasting.”

Ander sinonieme sou wees: “continuing, enduring, persisting, remaining, fixed, durable, permanent, stable, unchanging and steadfast”.

Wat ʼn mooi gebed om vir iemand te bid! 

Mag jy die Here se lewenslange en ewige, aanhoudende, standvastige, volhoubare, permanente, stabiele en onveranderde teenwoordigheid en nabyheid in jou lewe beleef.....!

Wat as God ons wil gebruik in antwoord op daai gebed.......? 

Hy wil ons nader dring aan die mense in ons gesin, in ons kantoor, in ons straat en in ons stad sodat ons naby-wees en nader kom aan ons naaste vir hulle God se “abiding” nabyheid en teenwoordigheid real kan maak, met ʼn regte paar hande en voete wat iets soos ʼn naby-aan-die-lyf-baadjie kan deel of ʼn “op-die-perfekte-tyd” WhatsApp kan stuur, ʼn broodjie vir die honger of ʼn glas water vir die dors, hulp met huiswerk of ʼn warm stort vir iemand se menswaardigheid kan gee…

Ons omgee en ons aangee van God se gee in watter vorm ook al is die aangee van God se nabyheid in mense se lewens.......

Ek glo dis ons eie naby-aan-God-wees wat ons in staat stel om nader en naby ons naaste te leef! 
My intimiteit met my Vader, dring my tot intimiteit en nader-kom aan Sy kinders! 
Al God se kinders! 
As ons arm is aan intimiteit met ons Vader, is ons ook baie keer arm aan intimiteit en naby-wees aan ander…

Mag ons ʼn lewenslange, volhoubare en stabiele pad met God se kinders stap sodat hulle Sy onveranderde, permanente, ewigdurende en permanente teenwoordigheid en nabyheid in hulle lewe sal ken!

Shalom & Maranatha !

No comments: