Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, July 23, 2017

Die Realiteit van 'n Shalom ervaring ..... vir die agtergeblewendes van 'n afgestorwene....


As 'n toekomstige mede-burger van die Koningkryk van YHWH, -kan 'n mens nie anders as om in die hart te wil saamjubel met die engele & die huidig-inwonende burgers in die Koningkryk van die Hemel, wanneer nóg 'n burger, -die aardse lewe suksesvol verlaat om by hulle in die Hemel aan te sluit nie.....

Derhalwe, -te midde van die hartseer & gemis wat die agterblywendes van die afgestorwene ervaar, wanneer diesulke geliefde nie meer met ons is nie, glo ek dat die agtergeblewendes nie vir 'n oomblik langer behoort te treur as wat nodig mag wees nie.
Mag ons agtergeblewendes, in Genade die Krag & Ondersteuning van die Heilige Gees ontvang om die trane-van-treur te laat verander in trane-van-blydskap oor dit wat 'eintlik' plaasgevind het ....
Mag ons as agtergeblewendes 'troos & berusting' vind in die 'geloofs-wete' van die jubelende ervaring wat die afgestorwene moes gehad het toe sy/hy die 'Meester in die oë kon kyk'....
'n Voorreg wat vir elk van ons agtergeblewendes nog voorlê !

Sterkte aan diesulke agterblewendes met die neem van afskeid; veral soveel te meer, -indien die agtergeblewendes, die afgestorwene 'help vashou' het aan haar/sy Geloof & Vertroue in die Verlosser & Redder, om die 'Eindstreep van die wedloop van die aardse lewe', in die arms van die Meester te kon voltooi.....
'Welgedaan' aan die afgestorwene om die 'wedloop te kon voltooi' -in SyTyd....

Shalom..... & Maranatha

No comments: