Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, May 08, 2014

JOU "Lewens-Tilde" - Leef dit immer Voluit, elke oomblik IS kosbaar......!



'n  Huldeblyk aan 'n baie interessante man.....

'n Man van formaat; Boer in murg & been, -wat ek 28-jaar gelede ontmoet het.

'Rooi-Naas', was nog altyd 'n man van passievolle Eenvoud. 
"What you had seen, was what you could expect & truly count on...always!" 
Sy 'bynaam' het gestand gedoen aan sy voorkoms, optrede & menswees......
Sy onderhoudende gesels oor veelerlei onderwerpe; (-gesprekke wat gewissel het van basiese boerdery-waarhede tot komplekse ekonomiese beginsels,) het gesorg vir stof tot nadenke, in meer as een opsig.
Hy was 'Aards', -soos die grond wat hy so lief gehad het....
Sy 'donderbuie' was haastig & intens; dog, sy Gemoedelike Gasvryheid soos koel lentereens; altyd welkom, opreg & inspirerend..... !

Ek ervaar 'n heimwee & hunkering na die bekendheid van 'n toentertyd se 'lekkerruik' doringboom-bosveldvuur, met die aanhoor van 'n weergawe van 'Abide with me',  wyl ek in my gees daarmee saam, die Lieven Heer vra vir Woorde om my vlietende gedagtes te rig in die 'neerpen' van hierdie 'heengaan-skrywe'; -opgedra aan diegene wat agterbly & belang gehad het, in die lewe & sterwe van hierdie besondere mens.

Gedagtig aan sy geboortedatum, as mens, - 74-jaar gelede; met 'n 'tilde' waarop sy sterfdatum mettertyd sou volg.......
Dog, -wat die meeste saakgemaak het, was die 'tilde'; die 'strepie' tussen daardie jare (1940~ tot deser), 74+ voluit, vrugbare jare, letterlik & figuurlik gesproke...!

Die 'tilde' verteenwoordig al die tyd wat hy, 'lewend op aarde' gespandeer het......
Slegs diegene wat na aan hom gelewe het & hom liefgehad het, besef rerig, die werklike impak, waarde & inhoud van daardie 's-vormige horisontale strepie' . 
Dit as ryke nalatenskap, in kosbare herinneringe, -wat dog ook met die verloop van tyd, oor die jare wat nog kom, -sal vervaag.......
Net in ons waardering van mekaar & elkander se 'geite', (waarmee elk van ons ryklik mee toebedeeld is,) sal in historiese meelewing, herinnering deur ons gedagtes, die "legacy" van die afgestorwene 'lewendig hou', ten spyte van die afwesigheid van die persoon wat reeds heengegaan het.



Aan die 'Einde van Tyd', sal dit nie meer werklik saak maak wat die tasbare, 'wereldse items' was, wat ons elk versamel & vergaar het', rondom hom/haar oor die menige jare van 'n ganse leeftyd nie.
Wat wel belangrik sal wees, -is die 'onaantasbare' ; hoe ons 'Geleef & Liefgehad' het; die impak wat dit op andere gehad het & hoe ons die daaglikse kwota van 86,400 kosbare sekondes, uitgeleef het, (-'dit' wat tog uiteindelik die geheel van die 'tilde' uitmaak; verteenwoordigend van ons totale lewensbestaan.....)  
Met die onstopbare verloop van 'tyd-wat-met-reelmaat-aftik', is dit onbekend hoeveel sekondes nog oor is... 
Dit alles as 'n poging om dit in 'n meer korrekte volgorde prioriteite te probeer herrangskik, ten einde oordeelsfoute wat voorheen begaan is, in die toekoms te kan voorkom...... 

As ons soms net 'n bietjie rustiger kan besin oor die dinge in die daaglikse wandelgang van ons  sleurbestaan; -ten einde te kan onderskei tussen wat 'opreg & waar' is, al dan nie...... 
(Hoe wens ek nie soms dat ek aspekte in die vervloe tyd kon terugdraai & dinge ongedaan kan maak waar ek foutteer het nie...)
Dis egter nie 'menslik-moontlik' nie........
Net die 'hede' , die 'nou', is ter sake om 'n verskil  te kan maak; die gedeelte van die 'tilde' wat nog vir elk van ons beskore is....
Dit mag egter gouer eindig as wat elk van ons, sou wou he......
Die 'lewe-hier-benede' is kort.......
Ons behoort inkenniglik nie  bevrees te wees om die 'pap-van-volluit-lewe' dik aan te maak nie....
Dis belangrik om nie al ons 'energie' vir die finale rondte te wil spaar nie, -welwetende dat die 'mat enige oomblik, onaangekondig onder ons voete uitgetrek kan word'....
Lewe derhalwe jou eie unieke 'tilde' met passie uit & sing uit volle bors jou eie 'swanesang' .........totdat jou 'lewensdraad' finaal geknip sal word, in God se immmer-alwetende Tyd....... 

Vaarwel .........Oom Naas !
.....Tot weersiens, .....Eendag, -onder 'Heerliker  & meer Gunstiger Omstandighede'.
Ek kan nie wag daarvoor nie.!
Dog intussen........... laat ons nie ons oe sluit wyl nog in die 'hierbenede wereld' nie; -ons mag dalkies die 'Wonderwerk' mis wat regvoor ons neuse, aan't gebeur is !




Shalom & Maranatha




No comments: