Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, April 27, 2014

A Paradigm shift on : "April.27 2014 - SA's Freedom Day"- A 'Skew ' so-called Democracy with reversed & inverted 'discrimination' for the past 20-years, -as an existing Reality.......!



Die onderstaande skrywe handel oor apartheid as ‘n lewensbeskouing en watter invloed dit op indiwidue en op groepe mense se normale regte, sedes, lewensstandaard en denkwyses het. 
Dis onafhanklik van enige organisasie geskryf ....  (& contradictory to the common one-sided propaganda, generalizations & cliche's)


In die besondere omstandighede wat ons in Suid-Afrika beleef, is dit insiggewend om die oorwoë mening ( uit die verwysingsraaamwerk  van 'n 'volbloed skaapwagter'), as 'n 'gewone burger' van Suid-Afrika te verneem, veral waar dit in geen mate deur geordene partypolitiek aangeraak is nie. 
Die trant is ordeliewend en rustig sonder enige nydigheid na enige kant toe........

Hopelik plaas hierdie informasie sommige sake in perspektief en daarom is dit rigtinggewend vir voorstanders en waarskynlik insiggewend vir teenstanders van apartheid....!
Jy as leser hoef seer sekerlik nie met alles saam te stem nie, -nietemin het ek 'n opinie & 'n Visie wat ek in Glo..........
Ten slegste,  -behoort u dit (ten minste) interressant vind !  

Daar bestaan soveel verwronge idees by mense oor die begrip apartheid dat dit noodsaaklik is om die juiste betekenis uit te spel, asook die geskiedenis daaraan verbonde.

In boeke wat al hieroor geskryf is, is meestal 'n Bybelse of geskiedkundige of partypolitieke perspektief weergegee, terwyl daar mense is wat dit as eensydige sienings beskou......
Hiermee word nie te kenne gegee dat 'n Bybelse of ander uitgangspunt verkeerd is nie, trouens, in hierdie skrywe word getrag om al die bewyse en getuienisse selfstandig saam te voeg sonder om eensydig te wees.
 

Hierdie skrywe is nie 'n poging om die wetlike aspekte van en oor demokrasie te bespreek en te verdedig nie, maar om die natuurlike lewenswaarhede waaruit demokrasie ontstaan het, op skrif te stel. 

Dit word aan regsgeleerdes oorgelaat om die natuurlike prosesse te beskerm  soos natuurkundiges probeer om die uitwissing van skaars dier & plantsoorte te beskerm.
 

Voordat die wyer betekenis en toepassing van demokrasie verduidelik word, moet die begrip 'Apartheid', allereers duidelik omskryf & uitgespel word:

Apartheid is 'n lewensbeskouing. 
 Dit gaan inter alia oor ...........
* Die betekenis van die lewe, kennis en korrekte optrede (gedrag) en denkwyse van 'n groep mense oor wat hulle glo korrek is en die waardes wat hulle daaraan koppel. 
* Grondbeginsels en begrip van lewenswaarhede.

Lewensbeskouing word nie deur wetgewing bepaal nie, maar wetgewing kan gebruik word om 'n lewensbeskouing te beskerm.


Apartheid is NIE 'n politieke beleid van onderdrukking teenoor ander (soos geiindoktrineerde  'nalopers' van
eensydiges dit probeer voorstel nie), maar erkenning van die verskeidenheid van sienings oor enige onderwerp of tema, hetsy die wetenskap, sielkunde, geloof, sport, of wat ookal...!

As 'n sportklub besluit om net tennis te beoefen en te bevorder en nie voorsiening vir
ander sportsoorte te maak nie, pas die tennisbestuur apartheid toe.
Hierteen maak niemand beswaar nie....!

As 'n groep gelowiges in hulle denke van ander kerkgenootskappe verskil en hulle dan 'n eie kerk stig, word dit as vryheid beskou en word hierdie apartheid as geregverdig beoordeel.
 

Maar op politieke gebied word verskille in volkseienskappe en aparte groepering as meerderwaardigheid en onderdrukking van ander beskou.
Dit word as 'onderdrukking' geag as onderskeie volke in hulle eie grondgebiede deur hulle eie volksgenote regeer word. 

Hoe rym dit......?
Geen volk regeer dan oor 'n ander volk of oortree op enige van sy terreine nie.
Noem dit volk, nasie, etnisiteit, stam, geslag, nasionalisme, ras, segregasie, afsonderlikheid, demokrasie, selfbeskikking, minderheidsregte; enige poging om daartussen te onderskei, is om hare te kloof. 

Die wese van elke begrip kom neer op die afsonderlike verskille wat daar bestaan tussen groepe mense op grond van 'n gemeenskaplike lewenspatroon, bloed- en geestesverwantskap, 'n kulturele band, eie waardes, bewussyn van 'n eie identiteit, eie
geskiedenis, eie politieke strewes en heelwaarskynlik uit 'n empiries-akedemiese oogpunt nog vele meer.....

Al hierdie verskille het afsonderlik ontwikkel volgens die natuurlike beginsels van  'ingebore apartheid' van 'soort-soek-soort' !
 

Nadat die nasie tot stand gekom het, is dit 'n afgebakende volk wat nie verder vorming nodig het nie, -omdat dit reeds bestaan. 
Dit kan wel aangevul word deur immigrante uit stamlande wat hulle met die gevormde nasie se kultuur, taal en volkseie vereenselwig. 
Vermenging met volke met 'n heeltemal ander kultuur en afkoms wat veel sterker in
getalle is, sal die nuwe of kleiner volk laat kwyn & met tyd of inherent verander of totaal laat verdwyn waar 'radikale aanpassings tot oorlewing' nie plaasvind nie......


In Suid-Afrika bestaan demokrasie NIE, net 'n meerderheidsregering wat
oor minderhede regeer.
 

Volke kan nie saam 'n demokratiese regering (volksregering) vorm nie omdat die volk wat getalsgewys in die minderheid is, NIE seggenskap het nie!
Die minderheidsvolk word immers maklik uitgestem. 
Hulle is net maar .......... marionette.

Stel volke soos die Nederlanders en die Duitsers onder een regering in een bestel en in getalle is daar mos geen demokrasie nie waar die minderheidsvolk se stemmetal kragteloos is. 

Ongeveer 16 miljoen teenoor ongeveer 82+ miljoen mede Europese volksgenote. 
Sal die Nederlanders dit aanvaar? 
Maar van Afrikaners word verwag om so 'n regering te aanvaar....!
WARE Demokrasie bied vryheid vir ELKE volk !
Een mens een stem klink wonderlik, maar nie waar meer as een volk betrokke is nie! 
Dit is waarom Europa apartheid toepas, -& dus demokrasie handhaaf.
 

Botsende raakpunte by nie-toepassing van apartheid:-
* Denkwyses, gewoontes en gebruike van een volk verskil dikwels in groot mate van 'n ander volk wat tot gevolg het dat misverstande kan ontstaan. 

* Wat as 'beleefd' by een volk beskou word kan by die ander volk as afkeuringswaardige gedrag beoordeel word. 
Dit gebeur veral waar die agtergrond, kultuur en afkoms van die volke drasties verskil.
* Handelinge, gebare en woorde kan as 'n vuurhoutjie in 'n kruitvat dien as dit vernederend, agterdogtig en kwaadwillig begryp word sonder dat dit die bedoeling was. 

* Een persoon kan stilbly om so te probeer om 'n geskilpunt te ontlont terwyl die ander dit as erkenning van oortreding kan opvat. 
* Een kan met twee hande 'n geskenk ontvang om dankbaarheid te wys terwyl die ander dink dit is hebsug. 
* Een kan reguit praat en reguit vrae stel, terwyl die ander dit as ondiplomaties en onbeskof beskou. 
* Die ander kan diplomatiese en versigtige antwoorde as ontwykend waarneem.
* Een kan na 'n verduideliking vra of die ander dit verstaan en hy sal ja sê al verstaan hy nie, maar dink dat hy daardeur konfrontasie vermy. 

* Die een dink die ander moet eerste groet, terwyl die ander uit respek wag dat die ander eerste groet. 
* Die een dink 'n vrou moet toegelaat word om eerste by 'n deur in te gaan, die ander dink hy moet eerste ingaan ingeval daar 'n ongemaklike situasie anderkant die deur kan wees. 
So kan daar oneindige nietige verskille wees wat nimmereindigende onmin veroorsaak.........

* Almal kan tog nie 'n hele paar tale bemeester nie, dit is dikwels moeilik om jouself duidelik in selfs 'n tweede taal uit te druk, daarom ontstaan 'n taalstryd wat derhalwe sommige tale  misken. 

Die minderheid se taal & kultuur word as minderwaardig afgemaak, want die meerderheid se stemme tel wanneer besluite geneem word. 
Dit is immers veronderstelde demokrasie!

* Die begrip en oordra van geskiedenis van ouers na kinders verskil van volk tot volk. 

Elkeen heg sy eie vertolking aan wat gebeur het en die redes soos deur 'n besondere volk vertolk. 
Afrikaners hou in hulle geskiedenis by hulle afkoms en leiers en helde soos Jan van Riebeeck, Andries Pretorius, Paul Kruger, Christiaan de Wet, Koos de la Rey e.a.....
Daar kan nie van Engelse of Zoeloes of Russe of Egiptenare verwag word om ons leiers en helde voorop te stel nie !
Hulle stel uiteraard meer in hulle eie geskiedenis belang, hulle eie helde en afkoms en
ontwikkeling. 

So ook die Swart volke.......... 
Dieselfde argument is dan van toepassing t.o.v elke volk , -om dit wat hul na aan die hart le & kosbaar is, -the huldig.......

* Daar heers juis ernstige twispunte oor dorpsname in Suid-Afrika, en straatname in Pretoria.
Teenstanders van apartheid begryp die begrip nie of hou integrasie kwaadwillig voor as 'n valse versekering van vrede en stabiliteit net om hulle standpunt te probeer regverdig.





Geleidelike afbreek van regte vind plaas met 'n toesmeerdery van geweld en ongekende korrupsie deur die meerderheidsregering in beheer. 
Hulle wil skuldiges nie aan die man bring nie omdat dit ongunstig vir hulle aansien is.
Diegene wat teen apartheid gekant is, hou onderhandeling voor as die oplossing, maar vertel nie dat onderhandeling noodwendig toegewing en afwyking van beginsels behels nie. Anti-apartheidsdenkers dink nie regtig verder as wat hulle 'neuse lank is nie'.....

Hulle maak gewoonlik stellings wat op die korttermyn goed klink, maar oor 'n langtermyn hou dit vele nadele in.
Integrasioniste is uiteraard liberaal in hulle siening, vrydenkers wat wyd dink, in alles vryheid wil sien, daarom kyk hulle nie na die fyner punte van 'n saak nie.


Destyds, (d.i. voor  die 1994 - oorname), sou daar byvoorbeeld 'n kennisgewing op 'n openbare gerief is wat "Slegs Blankes" aandui, sien hulle nie die kennisgewing "Slegs Nie-Blankes" raak wat slegs enkele tree daarvandaan sou pryk nie........
Eensydige foto's word dan geneem en in koerante en oor die wereld vertoon wat kwansuis 'n bewys is hoe Nie-Blankes geriewe moet ontbeer.
Hierdie tegniek was so dikwels herhaal dat dit later as die 'enigste waarheid' beskou was. Veelrassigheid veroorsaak (met enkele uitsonderings) konflik...
Integrasioniste probeer nie hulle saak stel nie en let ook nie op watter nadele aan hulle denkrigting verbonde is nie. 

Hulle probeer kritiseer sodat die voorstanders van apartheid dit moet verdedig. 
Dit is maklik om raak te sien omdat hulle gewoonlik nie 'n spreker wat apartheid goedpraat, geleentheid gee om sy standpunt volledig te stel nie. 
Hulle openbaar en gebruik onverdraagsaamheid as 'n afskrikmiddel teen verstandige denke.
Daar word ook nie vertel dat sogenaamde gelykmaking (alias integrasie), beteken dat die minderheid die slawe van die meerderheid word nie, want as hulle beginsels en sienings gelykgestel word, stem die meerderheid noodwendig die minderheid uit omdat demokrasie
voorgehou word dat die meerderheid reg is, al is hulle verkeerd !

Waar is die gelykstelling ("equality /equal opportunity") dan nou? 
(.......Dit is dan so 'n mooi 'polities-korrekte' woord........?)
 
Dat 'n meerderheidsvolk enigsins demokraties kan regeer, is 'n yslike
vergissing.......

Geleidelike hervormings in die vorm van aankondigings en in wetgewing tot demokratiese sosialisme is die vernaamste tegniek van integrasioniste. 

Hulle doen fyn voorbereiding en beplan sagmaking.
Stadig maar seker probeer hulle mense gewoond maak aan breinspoeling sonder dat dit maklik opmerklik is......... (Vat maar die 'SABC' se uitsendings van Radio & TV (in Afrikaans) as voorbeeld)
Stelselmatig word ons Afrikaners afgetakel; soveel so dat ons nou amper net goed genoeg is om belasting te betaal sodat die 'vreemde' / meerheids-regering kan voortgaan om ons vryhede in te perk. 

Ons is nou in ballingskap soos wat Israel in ballingskap onder ander volke was. 
Is ons soos Israel aan die ANC oorgegee as straf...? 
Volksgenote wat die inperking van hulle vryheid nie raaksien nie omdat dit nog met hulle goed gaan, besef nie dat ons volkseilandjie besig is om drasties met rasse skrede te verklein nie.....
Een van die dae kom hulle ook aan die beurt en dan kom hulle besef en insig baie laat.
As gevolg van nie-navolging van apartheid raak mense argeloos met kultuur, geloof, taal, ekonomie, ensovoorts. 

Sonder visie, sonder vooruitkyk, met slegs aanvaarding van omstandighede word 'n volk
noodwendig los van volkskarakter en verdwyn mettertyd.....
 

Sport is op 'n listige wyse gebruik om Afrikaners te mislei deur te beweer dat ons sportmanne internasionaal aanvaar sal word. 
Vandag word al hoe minder Blankes selfs in plaaslike sportspanne opgeneem.
Afrikanersportlui word verdring. 

Sommer binnekort sal dit 'n rariteit wees om 'n Blanke in 'n Suid-Afrikaanse sportspan te sien, (a.g.v. o.a. die 'demokratiese' 'Kwota-stelsel')
Dit was van die begin af die bedrieglike plan. 
Is dit wat ons Afrikaners wou gehad het? 
Is ons as volk ooit 'met die volle pak kaarte op die tafel', geraadpleeg? 
Is dit demokrasie?

Een van ons vorige volksleiers het lank gelede met diepe insig daarop gewys dat ons Afrikaners as 'n volk sal verdwyn as ons die geringste toegewing oor ons beginsels maak

'n Klein toegewing sal ALTYD sneeubal tot so 'n groot mate dat jy dit nie kan keer nie....!
Hoe sou jy tien of twintig jaar gelede aan volksake gedink het? 

Sou jy omstandighede wat jy nou aanvaar, ook toe aanvaar het? 
Is jy intussen gebreinspoel, beïnvloed om te verander? 

Die Voortrekkers was bereid om met hul eie bloed te betaal om ons volk te beskerm. 
Maak ons hulle opofferinge sommer net so tot niet? 
Dit laat my terugdink aan Bartho Smit se 'Moeder Hanna', -waar daar met reg gevra is: 
"Was hulle leiding & dood dan tervergeefs ...?!"

Langsaam nader hy sy prooi soos 'n slang wat 'n muis hipnotiseer en dan toeslaan met nuwe idees, beginsels. 
Verbloemde aanslag op die fondament van grondliggende beginsels, volkstradisie en kerklike lewe.
Daar word beweer die kerk moet aanpas, die geloof moet aanpas.

Daar word skielik ontdek dat ons stoere kerkvaders wat ons vroeër ge-eer het, wat ons geloofbeginsels neergelê het, nog altyd verkeerd was. 
Die Bybel was in 'n ander tydvak geskryf vir mense wat eenvoudig was en naïef gedink het. Was God dan vroeër naïef en het Hy nou tot bekering gekom? 
Wat op kerklike gebied prysgegee word, spoel deur na ander gebiede in die samelewing; afbreek van beginsels; afbreek van 'n volk; afbreek van geloof in God. 

Die handhawing van apartheid, aparte volke soos deur God geskep, is van wesenlike belang.
In 1857 het 'n Afrikaanse kerksinode op aparte kerke vir Blank en Nie-Blank besluit omdat dit die "Godgewilde model vir die land is". 

In 1998 sê dieselfde kerk se sinode dat "die kerk nie altyd die Woord van die Here reg gehoor het nie". 
Praat van sogenaamde beginselvastheid....! 

Wat volgens die 'Lerings van Jesus' wel aangespreek moes word & jare der jare gelede wel al ongedaan gemaak moes geword het, was die onderdrukking & diskriminisasie van andere op grond van SLEGS kleur & geslag , -wat verkeerdelik (dog gerieflikheidshalwe), saamgegroepeer was/is onder die skeldwoord : 'Apartheid'.
(Lees hierbo, & onderskei andermaal tussen die definisies/verduidelikings van 'Ware Demokrasie, Apartheid & Reg tot Selfbeskikking van elke individuele Volk)
In enige posisie van leierskap waar Mag, Status & Geld ("Power, Status & Money"), met gepaardgaande 'narcisisme'  die afgod & onuitgesproke beleidsrigting van die leierskorps is, is 'dwaling vanaf die voorskrifte van die Bybel' die uiteinde......
Grondliggende Karaktereienskappe & beginsels van 'NaasteLiefde' & Respek edm. is blatant geignoreer & verdraai tot eie/individuele voordeel
Tans is die 'diskriminisasie-euwel' steeds in vele opsigte aanwesig in veelerlei opsigte, -BEHALWE die 'skoen is 'vandag' aan die ander voet' vergeleke met die vorige sg. 'apartheidsbedeling' ! 

Nog 'n ongegronde bewering is dat die Swart volke eerste in Suid-Afrika was en dat die Blankes (Afrikaners) hulle grond afgeneem het.
Van Kaappunt tot by die Visrivier was daar GEEN Swartes nie. 

Eers daar het die twee groepe mekaar ontmoet. 
Piet Retief het namens die Voortrekkers deur bemiddeling van onafhanklike sendelinge en
onderhandeling grondgebied by Dingaan verkry. 

Die verraad deur Dingaan & sy trawante, word (gerieflikheidshalwe) verswyg.........
Groot ander grondgebiede was onbeset of is ook deur onderhandelinge verkry. 
Daaroor word ook geswyg............

Die magtige Engeland het in 1852 en in 1854 skriftelik erken dat die Oranje Vrystaat en 

Transvaal aan ons volk behoort.

Net so verradelik soos Dingaan het hulle hierdie selfde grondgebiede met oorlog
afgeneem!
Het enige anti-apartheidondersteuner ooit iets daarteen gesê ?
Steeds word die Afrikanervolk beskuldig.
Daar word beweer dat daar nou 'demokrasie in Suid-Afrika' is omdat almal mag stem, maar wat beteken 'n 10% inspraak op sake?
Deur aan die vreemde volke se verkiesings deel te neem, bevestig jy dat jy hulle verkiesingstrukture erken en jouself aan hulle onderwerp!
Hoe kan jy in dieselfde juk trek as 15 osse 'n ander rigting as jy inslaan en jou dan met getalle oorweldig?
Jy ondersteun hulle strukture wat tog geen voordeel inhou nie.
Jy het GEEN seggenskap meer....... zero!

Kommunis-strategie:
Infiltreer kerke en saai die saadjie dat apartheid sonde is en menswees aantas.
Moenie dit probeer beredeneer nie, maar stel dit as 'n feit vir aanvaarding as indoktrinasie, maak kultuur af as goed en wel, maar beledigend vir ander bevolkingsgroepe sodat jy moet
toegee en verander.
Sodoende word op die gevoel van voorstanders van apartheid getokkel om van beginselstandpunte af te wyk en integrasie, volksverbrokkeling, te aanvaar.

Maar kommunisme is dan dood ?
Dit was ook net 'n strik wat gestel was om kommunisme 'n hupstoot te gee.
Wat het geword van die belofte van eie skole, eie gemeenskapslewe en verskeie ander beloftes?

Apartheid is regverdige behandeling.
Uiteraard is apartheid ingeweef in 'n volk se strewe na onafhanklikheid.
Dit is 'n basiese beginsel van 'Selfbeskikking' !
Apartheid is geen rassemeerderwaardigheid soos kwaadwilliges probeer voorgee nie.
Ook nie onderdrukking van enigeen nie.
Dit is juis erkenning van elke volk se regte en die skepping van ruimte om daardie regte te beoefen en ongehinderd uit te leef.

Ontstaan en ontwikkeling van apartheid:
Sover vasgestel kon word, was die eerste verwysing na apartheid in die eerste boek van die Bybel.
Apartheid is nie 'n begrip wat net op mense van toepassing is nie, maar ook op diere en plante.
"Gen. 1: 11 – En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad
gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is, op die aarde. En dit was so." 

Let wel, elkeen volgens hulle soorte wat beteken dat hulle NIE vermeng nie. (Sien erens verwysings na sg. Reenboognasie-vetolking)
In Gen 1: 21 ~25 het God dieselfde met die voëls, seediere en landdiere gemaak.
Daar bestaan geen onduidelikheid nie...!
Die Here het die mense in verskillende tale laat praat om hulle apart te laat woon; oor die aarde verstrooid (Gen. 11: 7 en 8).
Die nageslag van Noag is deur God in nasies met verskillende tale verdeel, dit is, Hy het
apartheid gevestig (Gen. 10: 5, 20, 31, 32).

'n Verdere aanduiding dat God die aparte nasies geskep het, is Sy mededeling aan Abram dat hy 'n vader van 'n menigte nasies sal wees (Gen. 17: 4 – 6 en 16 en 20).
God het nog meer nasies beskik soos gemeld in Gen. 25: 23 en 35: 11.
Toe die Allerhoogste vir die nasies hulle besittings gegee het, toe Hy die mense in volke opgedeel het, het Hy vir hulle grense bepaal (Deut. 32: 8).
Ook in Ps. 86: 9 word bevestig dat God al die nasies gemaak het.
God het daaroor gewaak dat Israel nie met ander nasies mag meng nie en het dit bewerkstellig dat die Israeliete van die vreemde vroue moes skei en ook die kinders met gemengde bloed moes wegstuur (Esra 10:10 – 11 en 44). 
Waar Israel deurgaans aan ons as voorbeeld voorgehou word (hulle goeie dade sowel as hulle oortredinge en straf), behoort ons uit hierdie voorbeelde te leer.
Ook Nehemia het huwelike tussen die Joodse gemeenskap en vreemdelinge afgekeur
(Neh. 13: 23 – 27).
Opmerklik is dat God nêrens opdrag gegee het of aangedui het dat as die vreemdelinge gelowig word, hulle wel dan in die Israelitiese volk opgeneem mag word nie.
Tot die kinders is weggestuur..........
God was dus nie net daarteen gekant omdat dit heidense volke was nie, maar ook
omdat dit vermenging van nasies was.
In Mat. 28: 19 gee Jesus erkenning aan die bestaan van die nasies en dat die evangelie aan die verskillende nasies verkondig moet word.
Toe die apostels na die hemelvaart van Jesus die Heilige Gees ontvang het, is hulle met die onderskeie tale toegerus om die evangelie aan die verskeidenheid van volke te verkondig (Hand. 2: 4 – 11).
As God al die nasies gemaak het en so ook ons Afrikanernasie, mag ons God se wil nie teengaan nie.
God se optrede is verhewe bo ons mense s'n (Jes. 55: 8 en 9).
Ons is verplig om die afsonderlikheid van volke te eerbiedig.
Wat God doen is volmaak (Ps. 18: 31). Spr. 10: 29 – Om te leef soos die Here wil, is die krag van die opregte.

Van die vroegste jare af is Europa in aparte volke verdeel, elk met sy eie grondgebied en regeringsvorm.
Aldus word 'apartheid' al vir baie eeue in Europa toegepas.
Dit word allerweë as aanvaarbaar beskou en as een volk sou probeer om 'n ander volk se grondgebied af te neem en oor daardie volk te heers, word dit wêreldwyd veroordeel en ontstaan selfs wêreldoorloë.
Apartheid word in Europa as die oplossing vir verskille tussen volke gesien en so toegepas.
Dieselfde beginsels Apartheid (soos hierbo verduidelik) is sedert die vroegste jare van die Blankes se volkswording aan die Kaap ingestel met uitstekende gevolge.
Dit het veroorsaak dat 'n nuwe volk tot stand gekom het met vaste beginsels wat tot voordeel van alle ander volke strek.
Let wel, hierdie nuwe volk het uit stamlande ontstaan en nie uit onverwante vreemde volkere nie.
(Die voordele van bg. word aanstons bespreek.....)

Maar dit was nie net die Blankes in Suid-Afrika wat apartheid gehandhaaf het nie.
Lank voordat die Swart volke met die Blankes in aanraking gekom het, het hulle apartheid as deel van hulle lewenswyse gevestig.
Die verskillende volke het elkeen hulle eie aparte regeerders in hulle eie volksverband gehad en die een volk het nie met die ander vermeng nie.
Die Xhosas was 'n eie volk, en net so ook die Zoeloes en Swazi's, Tswanas, Pedi's, Ndebeles en ander.......
Trouens, soos in die Bybel se geskiedenis het sommige Swart volke uit ander ontstaan.
Dat die Swart volke met mekaar oorlog gevoer het om apartheid te handhaaf, word gerieflikheidshalwe buite rekening gelaat....!
In die res van die wêreld het daar besinning gekom oor koloniale beleid soos dat Brittanje onder meer oor Suid-Afrika, Zambie (Noord-Rhodesië), Zimbabwe (Suid-Rhodesië), Tanzania (Niassaland), Swaziland, Lesotho (Basoetoeland), Botswana (Betsjoeanaland) en Indië regeer het, en Frankryk, België, Portugal en ander ook oor ander volke.
Hierdie lande het die Afrikaner se sienswyse oorgeneem en daardie volke as aparte state erken en apartheid begin toepas.
Die leiding in hierdie verband het duidelik van Afrikanerleiers af gekom, maar sonder dat dit erken word.
Tuislande, eie gebiede vir onderskeie volke binne Suid-Afrika se grense, was voorsien vir Lebowa, Bophuthatswana, KwaZulu, Transkei, Ciskei, KaNgwane, Gazankulu, Venda en KwaNdebele.
Dit was waar hulle oorspronklik en tradisioneel gewoon het en was hulle hartlande.....
Geleidelik sou daardie gebiede vergroot word soos die onderskeie volke dit kon behartig en soos hulle behoeftes toeneem.
Waarom Engeland en die Europese lande die onafhanklikheid van hierdie volke nie wou erken nie, bly steeds 'n raaisel omdat hulle self aan die kolonies wat ondergeskik aan hulle was, onafhanklikheid verleen het.
Dit is ook onverstaanbaar dat Europa onder volke verdeel is, maar in Suid-Afrika moet daar 'n gesamentlike regering wees waar die getalsterkes die ander kan oorheers en wel doen...(.?)

Voordele van apartheid:
Vervolgens word verduidelik hoe apartheid in Suid-Afrika toegepas was en die uitwerking daarvan.
Wat hierby ingesluit is, is ook die profetiese woorde van Afrikanerleiers van toeka af en die waardevolle lesse wat daaruit geleer is.
Omdat sommige Afrikanerleiers se insig en versiendheid uit nydigheid misken word, word hulle name pertinent nie genoem nie.
Dit is omdat iemand selfs 99% van 'n leier kan verskil en dan nie onbevange erkenning aan die 1% wil gee nie.
Almal het nie dieselfde dunk van byvoorbeeld genl Smuts, genl Hertzog, dr Malan, dr
Verwoerd of mnr De Klerk nie.
Dit is menslik, maar dit misken waarhede omdat daar nie onpartydig en rasioneel gedink word nie............

Die opregte en ware lewensbeskouing is belangriker as 'n leier.....

Verbod op gemengde huwelike tussen die verskillende volke of rassegroepe het tot gevolg dat konflik tussen die kulture, gelowe, watter taal die gesin se huistaal moet wees, watter skool die kinders moet besoek, die taal van onderrig en ander uitgeskakel word.

Gelyke erkenning (respek) word aan elkeen se rassegroep, volk, gegee en hulle is trots daarop.
(Daar is egter  menige voorbeelde van waar verhoudings wat geintegreer moet word, tussen enkelinge & groepe wat 'n verskillende verwysingsraamwerk het, se kanse op sukses, noemenswaardig negatief is...)
 
Afsonderlike woongebiede in dorpe en stede, asook in tuislande bied die geleentheid aan alle volke om hul eie bestuurstrukture vir hulself te skep en elkeen kan in byeenkomste, vergaderings, staatskantore, hofsake, kerke, sportsoorte, en so meer hulself in hulle eie taal uitdruk en hulle eie reëlings volgens hulle eie kulturele gebruike & tradisies tref.
Dit sluit in hulle eie onderwysers, predikante, landdroste en regters, waar werklike en regverdige WARE demokrasie maklik toegepas kan word.
Die stelsel van apartheid bestaan uit aparte groeps-(volks)gebiede, instromingsbeheer en woongebiedskeiding.
Dit is inderdaad die enigste manier waarop verhoed kan word dat een volk deur 'n ander &/of volksvreemdes oorstroom word, tot voordeel / beskerming van almal.
Net soos Swartes nie toegelaat is om in Blanke woongebiede te woon nie, is Blankes ook nie toegelaat om in Swartwoonbuurtes te woon nie.
Onderwys vir elkeen in hulle eie taal en kultuur en eie geskiedenisagtergrond laat vryheid van denke toe.
Voosiening is gemaak vir gesentraliseerde en staatsbeheerde onderwys in ooreenstemming met die eie tradisies.

Afrikaners het byvoorbeeld 'n ander siening van die Boere-oorlog as 'n volksvreemde &/of die (voormalige) vyand.
Gelyke regte vir die afsonderlike volke in nywerhede en ekonomie sodat een volksgroep nie die ander uitbuit nie, is menslik en billik.
Aparte openbare en ontspanningsgeriewe gee aan almal gelyke regte sonder inmenging deur volksvreemdes.
Elke volk kon self verantwoordelikheid aanvaar vir maatskaplike en welsynsdienste vir hul eie mense en die opruiming van agterbuurtes sodat die mense in higiëniese toestande kan leef en floreer.
Waar deurmekaarwoon toegelaat word, ontstaan menigmaal krotbuurtes, a.g.v. inherente sosio-ekonomiese dinamika van o.a. 'elkeen vir homself & die duiwel vir die res...' -beginsels
Daar bestaan 'n ietwat paradoksale toestand in die politiek.
Dit is dat 'n volk militêr swak mag wees, maar met 'n gesonde en sterk ekonomie nogtans die 'ekonomiese wapen' kan hanteer.
Min invoere, min koop by ander volke, net wat regtig noodsaaklik is en genoeg produkte /grondstowwe om te verkoop, is gesonde ekonomie.
Om grondstowwe self te verwerk ("Value add") is beter, want dit bied werkverskaffing.
Vestiging van bedrywe wat ander nie so ekonomies kan doen nie, klop ook die politiek.
Politieke denke verskil...........

Waarom moet een volk se denke op 'n ander volk afgedwing word?
In die stelsel van apartheid kan mindere volke nie oor belangrike verskille deur meerderhede uitgestem word tot nadeel van die minderheid nie.
In vryheid geld die apartheidsbeginsel dat elke volk sy vryheid moet gebruik om in alle opsigte sy eie heil uit te werk, maar nie ten koste van ander nie.
Apartheid het net een mikpunt, om 'n goeie regering te hê en die verpligtinge (take) van die staat te vervul.

Apartheid: Gee erkenning aan en aanvaar die bestaan van veelvolkigheid en minderhede, -elkeen met die voorreg & verpligtinge van 'Selfbeskikking'

Aanvaar verskeidenheid met die ingeboude beginsel van selfbeskikking op alle vlakke.
Aanvaar die beginsel van aparte skole en gemeenskappe as fundamenteel vir gelukkige sosiale omstandighede.
Aanvaar moedertaal-onderrig sodat die leerlinge die onderwysinge maklik begryp binne hulle volksverband, kultuur en idiomatiese uitdrukkings.
Strewe na 'n vreedsame samestelling met wedersydse respek vir mekaar se kultuurgoedere, tradisies, ideale.
Verwerp verdeling van mag van volke onder mekaar omdat dit voortdurend tot ernstige twispunte lei.
Een van ons volksleiers het in sy versiendheid voorspel dat die Afrikaners hulself, hulle besittings, asook die geslagte wat nog kom, sal moet opoffer as hulle hulself aan 'n Swart regering oorgee en dan die land verlaat.
Óf hulle kan aanbly en deel word van 'n Swart nasie totdat daar geen onderskeid meer is nie.
Ons volk het in die verlede bewys dat al sou ons alleen moet bestaan, ons oor die vermoë beskik om vir ons regte te stry en ons sal ook nou voortbestaan.
Ons weet dat die buiteland, ten spyte van kritiek, respek het vir ons dapperheid en Christelike manier van vasberade optrede.

Byvoorbeeld..........
"Vroeg op Woensdag 12 Desember het 'n afdeling Boere 'n aantal Zoeloespioene agtervolg en in die proses ook 'n aantal vroue en kinders na die laer gebring. Andries Pretorius het hulle vrygelaat en met 'n wit vlag 'n boodskap van vrede aan Dingaan gestuur. 
Maar as hy nie sou gehoor gee nie, 'sal ons oorlog voer, al is dit tien jaar lank'.
'Die vroue was besonder deur die genadige houding van die Hoof-Kommandant verbly en het hom ver meer as hulle eie Koning geprys wat nooit enige onskuldige vrou of stomme kind gespaar het nie.
Menigmaal het hy hulle vir sy plesier doodgemaak. 

Pretorius het hulle in vryheid laat gaan en hulle verseker dat geen vrou of kind deur ons
gedood sal word nie.' "
(Bloedrivier deur VE d'Assonville.)


Dit is 'n sterk teenstelling met die optrede van die Britte gedurende die Tweede Vryheidsoorlog (1899-1902) teenoor die Afrikanervroue en kinders waar 34,000+ van hulle dood is...!

Wat het in Suid-Afrika in die praktyk gebeur ?
Namate die volksgetalle vermeerder het, kon veral die Swart bevolkings nie in hulle eie
behoeftes voorsien nie.
Hulle kon nie meer uit die natuur alleen leef nie en het ook nie nywerhede gehad waar hulle kon produseer en inkomste verdien nie.
Daarom het hulle op die plase van Blanke boere en in nywerhede kom werk, uit eie vrye wil, waar hulle van voedsel en kleding voorsien is en ook van 'n inkomste om ander benodigdhede te kon koop.
Plaaslike besture is in behoorlike higiëniese eie woonbuurtes toegelaat.
Geweld as gevolg van integrasieverskille (deur opstokers) tot in 1960 is vinnig die nek ingeslaan toe al hoe meer Swartes tot besinning gekom het en besef het dat die regering se apartheidsbeleid van afsonderlike woongebiede en lewensruimtes en tuislande vir hulle vrede en voorspoed gebring het.
Die opstokers se blus was vir 'n paar jaar uit, wel totdat dieselfde regerende politieke party met integrasie begin het.
Dit het rasbewustheid laat opvlam, maar met 'n ongegronde negatiewe konnotasie en daardie regering het verdwyn.
Almal, Blankes en Swartes, het 'n groot opbloei geniet.
Die algemene lewenstandaard van al die volke het ingrypend verbeter, dié van die Blankes met 3,9% per jaar en dié van die ander volke gemiddeld met 5,4% per jaar.
In 1965 was die groeikoers 7,9% - die tweedehoogste in die wêreld - terwyl die inflasiekoers slegs 2% was en die rentekoers was op 3% vasgestel.
Buitelandse lenings was oorbodig.

Geestelike sterkte van 'n volk is veel meer werd as weermagsterkte of materiële sterkte. Geestelike sterkte is opgesluit in kultuur.
'n Kultuur kan alleen voortbestaan indien alle volksgenote dit toepas en deur middel van apartheid oordra aan hulle kinders, op bestendige wyse gevoed en versterk.
Kultuur bring dissipline, verantwoordelikheid, positiewe denke en voorspoed – 'n waarheidsbesef.
Gelukkig staan die meerderheid Afrikaners geestelik nog sterk.

Misleidingstaktiek:
Teenstanders van apartheid gebruik misleidingstaktiek om hul saak te stel byvoorbeeld deur openbare geriewe vir slegs Blankes voor te hou en slegs vir Nie-Blankes te verdoesel, slegs vir Blankes in treine te noem en nie slegs vir Nie-Blankes nie.
Hulle het geen melding daarvan gemaak dat aan Nie-Blankes goedkoper tariewe toegestaan is nie.
Dit was oneerlike manipulasie.
Hulle uitkyk en verduidelikings was kortsigtig wat die voordele betref.
Hulle het probeer om 'n gesindheidsverandering by Afrikaners te bevorder deur spottend dit wat vir hulle kosbaar is, op 'n slu manier te probeer afkraak.
Alle godsdienstige gelowe sou dan gelyk wees, dieselfde god, wat verskillend aanbid word. Neem egter een deel van die Drie-eenheid weg en dit is heeltemal 'n ander God wat onvolledig en onvolkome is.
Dit klink soos versoening en goeie maniere om toe te gee aan bewerings wat kastig samehorigheid bevorder, maar beginsels verloën.
Afrikaners en buitelanders word gebreinspoel deur voortdurende ongegronde bewerings dat apartheid, en hulle geloof, verkeerd was en buitelanders glo dit selfs nou nog sonder om dieper na te dink.
Dit is soos 'n uitlokkende skuif in skaakspel waar die lokval eers later duidelik blyk wanneer dit te laat is vir 'n doeltreffende teenskuif.
Kwaadwilliges probeer die saadjie saai dat dit verraad is as een volk nie met 'n ander volk saamwerk nie, al sou dit beteken dat sommige fundamentele beginsels prysgegee moet word.
'n Reënboognasie word voorgehou as synde natuurlike samevoeging van kleure in een
reënboog.
Dit word dan verdraai om die skyn te wek dat die kleure vermeng, want geen afsonderlikheid van kleure word in hulle beleid voorsien nie.
'n Reënboog waarin daar swart en wit voorkom en dan grys word, is nog nooit op aarde gesien nie.
Met die beriggewers (koerante, tydskrifte, radio en TV) hoofsaaklik in die hande van liberale groepe wat nie die insig het om diewaarde van apartheid te kan waardeer nie, is nie gebalanseerde inligting nie aan die gewone volksgenote beskikbaar nie.
Stadige breinspoeling vind plaas........
Selfs Afrikaanse beriggewers is eenogig.
Hulle weier byvoorbeeld om die lewensbeskouing van die regsinniges oor apartheid
in betaalde advertensies te plaas.
Dan beweer hulle dat dit demokrasie is....!
Besef hulle nie wat demokrasie is nie?
Hoekom ontneem Afrikaanse koerante hulle volksgenote dit om hulle saak in vrede en rustig te stel?
Voel hulle nie deel van die Afrikanervolk nie?
Dit is egter nie so vreemd dat 'n groep beriggewers probeer om in die goeie boekies van die regering te bly nie, al is dit 'n volksvreemde regering.
In die proses kyk hulle volksgenote verby.
Sou dit gebeur dat 'n ander regering aan bewind kom, sal hulle 'n ander houding inneem, hulle seile na die wind span.
Dit is wat hulle gedoen het nadat die ANC aan die bewind gekom het.
Voorheen het hulle 'n ander deuntjie gesing.
Wat het van hierdie oorlopers se beginsels geword?
Kon hulle beginsels ter wille van beterwete versaak?
Die radio– en TV-diens word deur die regering behartig en daarom berig hulle net oor die regering se sienings, en indien hulle noodwendig oor regsinniges se handelinge moet berig, word dit listig so ongunstig as moontlik gestel sonder om te ver te oordryf.
Ongelukkig word 'n verkeerde beeld geskep.......
Op hierdie gebied is die meer onsigbare geestelike gevaar, die ideologiese gevaar, teenwoordig.
Hulle het die masjienerie om op die gees van die volk in te werk.
Gemeenskapsradiodienste het nie dieselfde geleenthede nie omdat hulle lisensies deur bepaalde voorwaardes aan bande gelê word.
Gelykmaking tussen rasse en volke in Suid-Afrika klink mooi, humanitêr, maar as die meerderheidsvolk regeer, waar is gelykmaking?
Selfs Afrikaners wat as geleerd deurgaan ontbreek aan uiters noodsaaklike kennis van geskiedenis.
" 'n Volk se hoop om vir homself 'n toekoms te skep lê in kennis van sy verlede en hy moet sy toekoms daarop bou" (President Paul Kruger).

Ons is nie meer 'n lesende en studerende volk nie......
Van ons mense lees selde 'n boek van ernstige aard, bestudeer ook nie vraagstukke waarmee hulle worstel nie.
Ons luister na wat teenstanders van apartheid in die pers, radio, en TV aanbied en glo hulle sonder om die geloofwaardigheid daarvan na te gaan.
Dit veroorsaak gebrekkige kennis - onwaarhede - 'skuins gedraai'...!
Langenhoven het uitgewys.........
 "Moenie openlik 'n leuen vertel nie. 
Hou die waarheid net effens skuins en wat jy sê word maklik geglo".

Die Internasionale Reg (wat geld tussen volke en state) verwag van geen volk op aarde om hom vrywillig te laat regeer deur volksvreemdes nie.
Die basis van die Internasionale Reg, en van internasionaal-geldige Verklarings deur die Verenigde Nasies, is dat ALLE VOLKE OP AARDE (en dus OOK ONS VOLK) 'n Reg het op selfbeskikking....!
Daarom word 'n volk wat sy vryheid terugkry nie 'n "guns gedoen" nie – hy het 'n REG daarop!
Mense wat tans nie geraak word nie, besef nie die omvang van moorde, roof, geweldpleging, verkragting, diefstal en werkloosheid wat nog na hulle kant toe kom nie.
Hulle is 'n kleiner groep volksgenote, al besef hulle dit nog nie, en as die volkskarakter in enige opsig versleg, kan hulle hulself nie handhaaf nie.
Selfs die groter groep volksgenote, die meerderheid, het 'n stryd om hulself te handhaaf teenoor die oormag.
Die kleiner groep sal minder regkry, maar ironies genoeg besef hulle dit nie..........

Die Oplossing:
President Paul Kruger het op 29 Junie 1904 geskryf:
"Want wie zich een toekomst scheppen wil, mag het verledene niet uit het oog verliezen.
Daarom: zoekt in het verledene al het goede en schoone, dat daarin te ontdekken valt, vormt daarnaar uw ideaal en beproeft voor het toekomst dat ideaal te verwezenlijken.
Het is waar: veel van wat was opgebouwd, is thans vernietigd, vernield, gevallen. 

Doch met eenheid van zin en eenheid van krachten, kan weer worden opgericht, wat thans daarneder licht.
Het stemt mij eweneens tot dankbaarheid, te zien dat die eenheid, die eendracht, by u regeeren. 

Vergeet nooit de ernstige waarschuwing, die ligt in het woord; 'verdeel en heersch', en maak dat dit woord op het Afrikaansche Volk nooit van toepassing zal kunnen zijn."

Op 16 Desember 1904 by geleentheid van die begrafnis van Paul Kruger in Pretoria het generaal De Wet 'n toespraak gehou en onder andere gesê:  
"Wee hem, die het verledene niet voor ogen houdt. 
Het Afrikaanse Volk wordt opgebouwd op zijn geschiedenis. 
Wee hem, die deze opbouw van de Afrikaanse natie wil verstoren. 
Ik zeg wee hem en dat zegt God".

Uit voorgaande is dit duidelik dat geskiedenis oorgedra van ouers na kinders en op skool 'n baie belangrike middel is om ons volkstrots te behou.
Ons moet sorg dra dat ons intieme kennis het van ons eie volksgeskiedenis en volkshelde.
Wie vertel nog vir hulle kinders van die heldedade van genl De Wet en Paul Kruger in sy jonger lewe en genl De la Rey?
Hoeveel van ons ken dit nog.....?
Dit is ongetwyfeld een van diegrootste bydraende faktore om ons volk se kultuurwaardes en
voortbestaan te verseker.
Hoe het ons voorouers gelewe, hoe het hulle oorleef, hoe het hulle bloed gesweet om ons tot hier te bring?
Watter wyse manne was hulle nie........?
Laat ons daarop let dat ons hulle nie vergeet nie.
In alles is opgesluit: STAAN BY JOU VOLK.
Nie passief soos hensoppers nie, maar aktief en meelewend en meewerkend.
Doen is belangrik....

Maar wat kan ons doen? 
Ons kan saamwerk deur politieke rekonstruksie te doen. Nie politieke partye nie, maar saamstaan met die een doel, naamlik om ons politieke vryheid, volksvryheid, terug te win.
So het dit gebeur in die tydperk 1903 tot 1910 en dit het die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika gelei.
Sedert 1903 het die Afrikanerleiers begin saampraat en vergaderings gehou en takke gestig.
Afrikaners van al vier provinsies het weer tot die besef gekom dat "Eendrag maak Mag".
Daardie "Gewond – maar Onoorwonne" was nie sinneloos nie.
Terwyl die vrouens na die Vryheidsoorlog gewag het tot hulle mans weer na Suid-Afrika gebring is, het hulle eiehandig begin ploeg en saai.
Waar hulle nie trekdiere gehad het nie, het hulle self ploeë getrek.
Die Afrikanervrouens het die verskroeide land dadelik weer begin opbou en vir die destydse magtige Engeland gewys dat hulle onoorwinlik in gees is.
Hulle het nie op 'n hoop gesit en oor hulle gestorwe kinders getreur nie.
Hulle het nie gesê alles is nou verlore nie.
Dit was nie al nie. Hulle het die vryheidstryd voortgesit en binne agt jaar met harde werk gehelp om 'n selfregerende unie tot stand te bring.
Niemand in die wêreld, geen ander regerings, selfs nie eens die magtige Brittanje nie het in 1902 hierdie geestelike sterkte van die Afrikaner verwag.
Moenie mismoedig of bang raak en ophou met stryd nie, want aanhouer wen.
Almal wie se harte reg is, sal die oorwinning smaak.
In gees en siel en wese is die Afrikaner vry en onafhanklik.
Vyandiges kan dink dat hulle 'n volk finaal ondergrawe het, dat die ekonomie in duie sal
stort, maar hulle planne sal op die lang duur vernietig word.

Volhard en oorwin, want integrasie was nog nooit 'n oplossing nie.

Regerings van lande wat hierdie feit veronagsaam het, sit vandag met gebakte pere.
Die volksvreemde immgrante wat hulle toegelaat het is ver in die minderheid, tog stel hulle onredelike eise en dring daarop aan om beter behandel te word as die oorspronklike inwoners, want hulle is mos nou die eregaste.
Wat kan jy doen om te help?
Woon volksbyeenkomste by soos gedenkfeeste op:
- Majubadag (27 Februarie),
- Stigtingsdag (6 April),
- Republiekdag (31 Mei),
- Afrikaanse Taaldag (14 Augustus),
- Krugerdag (10 Oktober) en
- Geloftedag (16 Desember).
Dit is op hierdie feeste waar ons Afrikaners ons geskiedenis herdenk, ons gelofte nakom en mekaar geestelik versterk.
Ons mag nie onverskillig staan nie.
Wees egter versigtig......
Daar is verskeie verenigings oor geloof, kultuur, taal en ekonomie wat hulself voordoen as handhawers, uitbouers en beskermers van ons volk, maar kyk na hulle dade.
Anglisismes, Engelse woorde, nie-bywoning van ons volksfeeste en kritiek daarop en allerhande verskonings toon hulle ware oogmerke.
Ons glo God het ons met 'n doel as 'n volk hier gevestig – dan moet ons ons eie bestaan verseker.
Ons het 'n Godgegewe rol.
Gereelde kerkbywoning is 'n vereiste, want ' God het jou nodig'......
Moenie net na jou eie behoeftes kyk nie en dan verklaar dat jy nie nodig het om 'n Godsgebou te besoek nie.
Is dit waarom ons aan die volksvreemde sosialistiese & kommunisgeiinspireerde ANC-regering uitgelewer is?
Dink baie mooi en diep........
As 'n volk onverskillig staan teenoor sy geloof, teenoor sy God, teenoor gebiedskeiding, teenoor apartheid, sal dit die einde van hulle wees.
Hulle gevoel vir hul eie kultuur, taal, tradisies sal afstomp.
Uitwerking op hulle kinders..........?
Ongetwyfeld deur die Bybel se waarhede te glo, versterk ons huislike lewe, verbeter menseverhoudings, beperk misdaad en korrupsie en gee 'n doelgerigte roepingsbewustheid aan jongmense.
Stuur jou kinders na volkseie skole.
Daar leef en leer en werk en speel hulle nie alleen binne volksverband nie, maar hulle kry daar beter akademiese opleiding en hoërstaande kwalifikasies as by enige rasvermengde staatskool.
Dit sal jou meer geld uit die sak jaag, maar hoe groter die leerlinggetalle, hoe goedkoper kan die onderwys aangebied word.
'n Volk is, net soos jou geloof, mos nie met geld te koop nie.
Dink hoe jy anders kan bespaar.
Minder in restourante eet, 'n bietjie minder aan vermaak uitgee deur meer bordspeletjies en geselsies met jou gesin deur te bring, meer belangstellend teenoor jou kind se doen en late te wees en nuusgebeure te bespreek.
Jy kan nog ander besparings uitdink, pret vir jou en jou vrou.
Besef dat sport ontspanning is. Dit is noodsaaklik om ons as 'n volk liggaamlik fiks en weerbaar te hou, maar wat belangrik is, is dat jy nie moet toelaat dat die mense wat apartheid probeer aftakel, dit deur middel van sport doen nie.

Dit het geleidelik sedert 1969 gebeur en dit was die vernaamste middel wat gebruik was om Afrikaners te sus en van hulle volksbewustheid te laat afsien.
Sluit aan by klubs of groepe wat volksport beoefen, of stig sodanige verenigings as teenvoeter teen die afbreek van ons volk se norme.
Daar bestaan reeds sodanige groepe, weliswaar op klein skaal, maar as jy daarby aansluit, help jy met die uitbreiding daarvan.
Sport en vermaaklikheid is 'n groot gevaar vir die voortbestaan van 'n volk as integrasie daar toegelaat word.
Hoe kan jy op die sportterrein en by vermaaklikheidsplekke deurmekaar boer en dan weier om op kerklike, politieke en algemene terrein met mekaar te verkeer?
Hoe kan jy vir sestien ure per dag oral skouer aan skouer leef en dan net vir slaapdoeleindes op jou eie woongebied aanspraak maak?
Ondersteun volksgenote se winkels besighede en bedrywe.
As jy oor apartheidsgrense heen by ander volksgroepe koop, versterk jy hulle geldmag wat hulle weer teen jou inspan om jou mense te benadeel.
Aanvanklik sal jy agterkom dat jou volksgenote duurder vir hulle produkte en dienste vra, maar dit is juis omdat hulle nie genoeg ondersteuning kry nie.
Het beginsels dan 'n prys?
Na 'n tyd sal hulle omset soveel verhoog dat hulle ook hulle pryse kan sny.
Ons volksgenote se winkels/besighede is, soos dit Christene betaam, op Sondae gesluit.
Sondae-handel word juis deur volksvreemdes en andersgelowiges as 'n lokmiddel gebruik om hulle geldmag te versterk en die Sabbatsgebod te laat oortree.
As ons op Sondae inkopies doen, gee ons 'n nog groter omset aan die verkeerde handelaars.
Vroeër jare het ons mense slegs Kersgeskenke aan kinders tot op twaalf jaar ouderdom gegee.
Kersfees gaan dit immers oor die Kind wat gebore was.
Dit was die volksvreemdes wat mense aangemoedig het om ook vir volwassenes Kersgeskenke te gee sodat hulle groter winste kan maak.
Daardeur word ook ons gereformeerde Calvinistiese geloof versaak.

Dink vir 'n oomblik aan die ironie.....
Wanneer een van ons mense verjaar, gee ons 'n geskenk aan die een wat verjaar.
Wanneer Jesus Christus verjaar, gee ons nie 'n geskenk aan die Een wat verjaar nie, maar vir mense wat nie verjaar nie, en dit net om afbrekers groter winste te laat kry, ons self te
verarm en minder geld oor te hou vir ons kinders se geleerdheid.
Sommige Afrikaners beweer dat ons mense nie kan saampraat en saamwerk nie.
Ons verskil gedurigdeur van mekaar en is sommer net dwars.
Kyk net hoe ondersteun ons volksgenote verskillende politieke partye.
Dieselfde mense glo egter nie in 'n eenpartystaat nie, want dan is daar nie demokrasie nie, vir wat dit ookal werd mag wees.
Wat gebeur onder ander volke?
By alle volke is daar verskillende politieke partye wat mekaar die stryd aansê.
Noem Engeland, VSA, Frankryk, Duitsland of watter land ookal bestaan.
Waarom is dit skielik verkeerd as dit by ons gebeur?
Wanneer dit egter by gemeenskaplike doele kom soos beskerming van ons taal, kultuur en sedes, behoort ons saam te staan in die stryd.
In hierdie opsig stem ons saam, maar elkeen wil dit op ons eie manier doen.
In die proses sê ons dan ook maklik ongeregverdig dat ons op die oomblik nie leiers het nie.
Dit is beslis nie waar nie.
Die leiers is daar, ons moet hulle net erken.
Die saak of doel moet belangriker wees as enige persoon.
Mense neem leiding op alle terreine van die lewe, maar nie net vanuit die voorgestoeltes nie. Wat help dit as daar leiers is wat reg is op watter terrein ookal, maar daar waar die steun vandaan moet kom, is die samewerking of volgelingskap nie reg nie.
Dit is die kweking van 'n gesonde gees in die volk wat tot oorwinning van die volk lei.
Leiers se groot funksie is bo alles dienaars van volksgenote.
Hulle span hulle werkkragte en dinkkragte in om dienaars van die volk te wees.
Mense wat sê dat ons nie saamwerk nie, is juis diegene wat nie wil saamwerk nie.
Iemand kan reëlings tref dat ons vir 'n bepaalde doel bymekaar kom en uit die geledere van die teenwoordiges 'n komitee saamstel wat uitvoering aan die besluite gee.
Jy kan dus self deelneem aan die verkiesing van 'n leier.
Dit is dan 'n uitgemaakte saak dat jy wat beweer dat ons mense nie kan saamwerk nie, sal wegbly in plaas daarvan om saam te werk, vol verskonings.
Dit herinner aan die gelykenis in Luk 14: 16-24.
Maak seker dat jy saamwerk.
Een van die belangrikste redes vir die groot sukses van die Voortrekkers by Bloedrivier, benewens hulle geloof, was die manier waarop hulle voorberei en saamgestaan het.
Gustav Preller het hieroor geskryf:
"Die Wenkommando is die merkwaardigste voorbeeld wat ons geskiedenis oplewer van die afrigting van 'n geheel ongedissiplineerde mag, waarvan die moraal deur teenslae en mislukking reeds laag gedaal het, tot 'n byna volmaakte krygseenheid, gereed om wonders te verrig."
Andries Pretorius het 'n ferm en duidelike afspraak met sy manne gehad en almal het tot in die fynste besonderhede saamgewerk. Pretorius se bevele was streng gehoorsaam sonder dat iemand dit bevraagteken het.
Hy het opdrag gegee:
"Niemand skiet 'n skoot voordat ek twee skote met my dubbelloop afgevuur het nie.
Dit sal die teken wees . . ."
Dit is algemeen bekend dat as iemand, deur angs gedryf, in so 'n situasie te vroeg probeer skiet, die hele strategie belemmer kan word.
Die Voortrekkers het Andries Pretorius egter onvoorwaardelik vertrou en saamgewerk. Maar Andries Pretorius is nie alleen vertrou nie, hulle vertroue was grotendeels op die Here soos die gelofte wat hulle elke dag afgelê het, aandui. 
Dit bind alle Afrikaners soos verduidelik deur ds Mossie van den Berg, prof Adriaan Pont, prof VE d'Assonville, prof JP Oberholzer, prof Ben Engelbrecht, dr J M G Storm, prof Schalk Botha, ds H J Botes en ander. 
Daaroor kan geen twyfel bestaan nie, selfs nie by volksgenote wat afsydig teenoor hulle volk staan nie.

DIE GELOFTE van 1838
"Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag,en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte, want die eer van Sy Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee"

As Afrikanervolk staar ons sekerlik die grootste bedreiging van ons bestaan in die gesig.
'n Oplossing blyk te wees om saam te staan om ons volk se vryheid terug te kry sonder dat 'n bepaalde leier homself voorop probeer stel.
'n Onverbonde en onafhanklike groep mense, geesdriftig om in onderlinge samewerking die toekoms in te gaan.
Jonger mense sowel as ouer mense behoort hulle lot by mekaar in te werp, losstaande van enige politieke party, met die doel om selfbeskikking langs 'n vreedsame en wettige weg te verkry......
Mag God ons Behoed; ons Lei & ons Beskerm met 'n Ps.91-Leerskare van Engele !

Shalom & Maranatha

No comments: