Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, January 01, 2014

Passion......... / Passie in dit wat jy doen...!



Sukses is nie die sleutel tot geluk nie,
...... Geluk is die sleutel tot sukses.....
-As jy lief is vir wat jy doen, sal jy suksesvol wees...!

 Wanneer jy 'n passie het vir iets en dit najaag, plaas jy jouself in 'n posisie om suksesvol te wees in die lewe. 
Die meeste mense volg nie hul passie nie; gevolglik is hulle gefrustreerd en ongelukkig. 
'n Mens kan dit sien aan die manier waarop hulle hul lewens lei. 
Die grootste fout wat mense maak is om hul brood te probeer verdien met iets wat hulle nie geniet nie.
Hulle verduur eenvoudig hul lewens by die werk, en lewe vir naweke. 
Hulle probeer vasbyt tot hulle kan aftree. 
Dis 'n jammerte, want jou kanse om suksesvol te wees, is in direkte verhouding tot die mate van plesier wat jy put uit wat jy doen. 
Die beste dag van my lewe is wanneer ek 'wen' 
En die tweede beste dag van my lewe is wanneer ek 'verloor' 
Elke dag wat 'n mens betrokke is by die spel , genaamd 'Lewe',  is 'n mens dus besig om sy 'droom' .... te leef.
Daar is geen kleed-repetisie nie, -slegs elke dag die 'werklike vertoning van Lewe-in-Realiteit'..! 


Die beste loopbaanadvies wat jy ooit sal ontvang, is om jou Godgegewe passie te ontdek en dit na te volg........ 


Daar is twee dinge waarna jy in die lewe moet mik; om te kry wat jy wil hĂȘ, en om dit te geniet.

Jaag dus om die hemelse prys te ontvang...!

Shalom & Maranatha

No comments: