Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, September 20, 2012

Wil JY........ God beter leer ken?


Markus skryf: 'Die môre vroeg...het Hy opgestaan...en...gebid' (Markus 1:35 NV).

Jesus het elke oggend inbetalings gemaak sodat Hy deur die dag onttrekkings kon maak...! Baie van ons doen dit nie, en 'n mens sien dit! 

Ons is te besig om te bid, daarom is ons te besig om krag te kry...
Ons het baie aktiwiteite, maar ons bereik niks.

Ook ek moet erken, -ek het vir baie jare meer van gebed geweet as wat ek ooit toegepas het.
Op 'n dag het ek begin om te ontdek, te studeer en gebed te beoefen totdat ek dit ten volle verstaan........ 
Dit het my lewe verander. 
Dis etlike jare sedert ek begin tyd maak het om te bid.
My lewe is omvorm. 
Die grootste vervulling was nie die wonderbaarlike antwoorde op my gebede nie, alhoewel dit wonderlik was; die grootste opwinding was die verandering in die gehalte van my verhouding met God. 
Toe ek begin bid het, het ek nie geweet wat gaan gebeur nie. 
Ek en God was maar ligweg aan mekaar verbind. 
Ons het nie juis bymekaar gekom of veel gepraat nie. 
Nou spandeer ons dikwels tyd saam, en praat ons nie op 'n drafstappie nie, maar ons voer substantiewe, diepgaande gesprekke vir 'n aansienlike tyd elke oggend. 
Ek voel asof ek God baie beter leer ken het vandat ek begin bid het......

Ek het dikweIs meer uit een gebed geleer as wat ek uit baie lees en navorsing kon vind....
Wil jy God beter ken? 
Begin bid!

Shalom .......Maranatha !

No comments: