Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, July 30, 2012

'n Lewe van Liefde...... ?

"... the way to experience more love is to cultivate it ,
& the best way to begin is to love 'our neighbour like ourselves',
& 'embrace' with contentment,  -where we are at now....! " HJ
Hoe gemaak om 'n 'Lewe van Liefde' te kan uitlewe......... ?

Lees dan asb. : 1 Joh 1 


Gaius het ‘n groot indruk op Johannes gemaak. 
So op ‘n manier was hy ‘n ligstraal vir Johannes en hy was baie dankbaar dat daar iemand was op wie hy die heeltyd kon staatmaak. 
Hoor wat sê Johannes van Gaius:
 5My liewe vriend, jy doen regtig wat ‘n gelowige behoort te doen. Ek praat daarvan dat jy jou geestelike broers en susters wat daar by julle langs gekom het, vriendelik ontvang en gehelp het. Dit het nie eens vir jou saak gemaak dat jy hulle nog nooit voorheen gesien het nie. 6Toe hulle weer hier by ons gemeente aangekom het, het hulle ons alles vertel, en dit was ‘n mooi verhaal van jou liefde. Jy doen die regte ding om sulke mense op reis te help. As jy dit doen, kan jy maar seker weet dat God sy hand van tevredenheid op jou skouer sal sit.

Wow, watter ongelooflike getuienis van ‘n persoon wat op ‘n manier die liefde van God in sy lewe ervaar en as gevolg hiervan nie anders kan nie as om dit uit te deel aan die mense om hom
Dit is presies wat van ‘n kind van God verwag word. 
Ja, selfs mense vir wie Gaius van geen kant af ken nie, selfs vir hulle nooi hy in en hy maak dit vir hulle baie lekker. 
Die mense vir wie Gaius so wonderlik behandel het, kon nie uitgepraat raak oor die liefde wat hulle aan hul lywe ervaar het nie en so loop Gaius se getuienis van die liefde van God verder, sonder dat hy ‘n woord gesprak het...... of hulle enigsens mettie Bybel oor die kop geslaan het...!

Ek wil ook so wees. 
Ek wil ook hê dat my getuienis oor die liefde van God so vanself moet loop. 
Ons almal wil dit seker so hê, maar ons sukkel daarmee. 
Ek wonder hoekom?  
Hoekom sukkel ons om die liefde van God hier in ons lewe uit te leef?
Ek dink ons raak te besig. 
Ons raak te besig om die lewe op ons manier te lewe en dan is daar nie altyd plek vir die Here se dinge nie. 
Dan is die uitleef van sy liefde in die liefdelose lewe nie prioriteit nie. 
Sukses in my werk of ‘n groter bedraggie aan die einde van die maand is hoër op my lysie. Wanneer die 'Liefdes-opdrag' dan hier by die voordeur staan, is dit eintlik in die pad en wys ek dit saggies, dog ferm van die hand. 
Dit klink nogal erg en dadelik wil ek dit ontken, maar as ek mooi daarna gaan kyk, is daar ander dinge wat meer aandag van my kry as die onbaatsugtige uitleef van God se liefde......

Doen ek/jy die regte dinge soos Gaius gedoen het?

Gauius kom stel vir ons ‘n voorbeeld. Maar Johannes vertel nie net van hom nie. 
Hy kom gee ons ook ‘n kykie van God se kant af. 
Hy wys hoe God so ‘n lewe ervaar: As jy dit doen, kan jy maar seker weet dat God sy hand van tevredenheid op jou skouer sal sit. 
Sulke gedrag maak God se hart baie bly. 
Dit laat God oorloop van trots en dan sal God sy hand van tevredenheid op jou skouers sit en jy sal beslis anders wees.

Ons moet ook probeer om God se liefde elke dag uit te leef. 
Ons moet by God uitkom om presies te hoor wat Hy van my verwag. 
Ons moet die Heilige Gees vra om ons te help om die dinge wat in die pad staan om God se liefde te leef uit ons lewens te werk. 
Ons moet energie en tyd spandeer. 
Ons moet plekke gaan soek waar ons dit reg kan kry. Want... as jy dit doen, kan jy maar seker weet dat God sy hand van tevredenheid op jou skouer sal sit !

Shalom & ......Marnatha

No comments: