Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Thursday, May 31, 2012

God .....se Manier, is anders...?

Godgerigte aktiwiteit IS onbeperkte aktiwiteit. 

God het jou, my lewe beplan voordat ons gebore is......



Ondenkbaar in die fisies-beperkende realm wat ons gebruik as verwysingsraamwerk, -dog Waar!
Dis immers waarom Hy ons in die wêreld gebring het.
 Om ons bloot net 'besig' te hou, was nie Sy oogmerk nie. 
Hy wil sien dat jy die werk doen waarvoor Hy jou 'vooraf voorberei het om te doen.' 
Om 'n goeie saak te dien en hard te werk, is prysenswaardig. 
Maar jy kan dalk net onvanpas wees en jou tyd en kragte mors sonder om die doelgemaakte 'jy' te wees wat God vir jou in gedagte gehad het. 
Hy wil ons doel-gedrewe hê, nie werk-gedrewe nie! 
So............: 


1) Vra Hom om Sy wil aan jou bekend te maak. 
'............want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer' (Filippense 2:13 NV)
God sal inderdaad begeertes in jou plant om jou te lei na die volvoering van Sy doel. 
Dis nie toevalligheid of super-geestelikheid nie, maar God aan die stuur wat jou skip op koers hou. 

2) Verwag om meer te doen as waartoe jy in staat is
Selfgerigte aktiwiteit is self-beperkende aktiwiteit. 
Godgerigte aktiwiteit is onbeperkte aktiwiteit. 
God roep ons nooit op om dit te doen wat ons kan nie; 
Hy roep ons om te doen wat Hy kan! 
'Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink' (Efesiërs 3:20 NV). 
Luister, reageer op Sy vermanings, en alles sal vir jou moontlik word. 

3) As die werk veeleisend raak, maak staat op Sy innerlike krag
Paulus sê: 'Daarvoor span ek my ook in en beywer ek my met die krag wat Hy gee en wat kragtig in my werk.' 
Hoeveel heilige krag het jy vir jou taak nodig?
 'Al Sy krag.' 
Ontsagwekkend! 
En dit is vandag tot my/ jou beskikking, -mits ons daarvoor sou vra.........

Shalom ...Maranatha

No comments: