Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, June 02, 2012

Ek kan (wil) dit NIE (meer) ALLEEN doen nie......!


Op 'n dag sê Moses vir God dat die taak vir hom te swaar is.....


 Daarop het God vir Moses gesê om sewentig manne met leierskapsvermoëns te kry.
 Toe sê Hy: 'Ek sal van die Gees wat op jou is, op hulle laat kom. Hulle sal dan saam met jou die verantwoordelikheid vir die volk dra' (v. 17 NV-1983). 
Begryp dit: jy sal nooit jou droom vervul solank as jy onwillig of nie in staat is om ander mense daarby te laat inkoop nie. 
Moenie dink dat omdat jou droom die moeite werd is, mense sondermeer gaan aanklop om deel daarvan te word nie.... 
Dit werk nie so nie. 
Jy kan dieselfde droom waarby jy kan baat, netso begrawe as jy jouself nie omring met die regte mense nie. 
Moses het gesê: 'Ek sien nie langer kans om hierdie hele volk alleen te dra nie, want dit is te swaar vir my. As U so met my wil maak, kan U my gerus maar om die lewe bring...' (vv. 14-15 NV). 


Wanneer God iemand roep, roep Hy altyd ander mense om hom by te staan

So, begin om jou rondkyk. 
Jy mag dalk slegs een persoon nodig hê (as kameraad / sielsgenoot) of dalk baie in 'n werk-situasie. 
Weliswaar, hoe groter jou droom, hoe groter behoort jou span te wees. 
Maar hier is die goeie nuus: die grootte van jou droom bepaal die hoeveelheid mense wat daardeur aangetrek sal word.
 As jy 'n groot droom het, het jy selfs groter potensiaal om goeie mense te lok om jou te help. Wat jy moet doen, is om met hulle raakpunte te kry, hulle nader te trek, jou visie aan hulle oor te dra en hulle te laat gaan.....
Sou hulle begeesterd & geinspireerd die leisels-van-uitdagings uit eie vrye wil (sonder 'jou salestalk' wel opvat.......
...wel, dan is dit 'n goeie teken in die regte rigting!
Dog, die kwessie van 'unwaivering commitment' om dit end-uit te sien, is 'n ander kwessie wat ons dalkies in tyd, nog oor moet besin...........

Shalom & Maranatha


 Rigters 4-6Mark 14:12-26Ps 4Spr 12:25

No comments: