Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, January 14, 2012

"Kwelling".... Worry or...NOT to worry ?

Navorsers het bevind dat....
40% (veertig persent) van die dinge waaroor ons kwel, nooit gebeur nie. 
30% (Dertig persent) lê in die verlede en kan nie verhelp word nie. 
12% (Twaalf persent) het betrekking op ander mense se sake en is nie eens ons besigheid nie. 10% (Tien persent) hou verband met siekte, werklik of verbeelding.... 
Dit beteken slegs 8% (agt persent) van die dinge waaroor ons ons bekommer, mag moontlik gebeur! 

Wetenskaplikes by die Universiteit van Yale het inderdaad 'n 'kommer-geen' geïdentifiseer. Maar hulle sê hoewel jy dit dalk oorgeërf het, kan jy dit oorkom. 
Iemand het gesê dat 'kommer is net rente verskuldig op moeilikheid vóór dit betaalbaar is.' 
En in die meeste gevalle is dit nooit betaalbaar nie. 
Dink net; as jy jou kwel, is daar 'n 92% (twee-en-negentig persent) kans dat jy rente betaal op 'n skuld wat nie eens joune is nie! 
Hoe dom is dit? 
Neem byvoorbeeld die vrees vir vlieg. Jy sou elke dag vir 19,000 (negentienduisend) jaar moes vlieg voordat jy die waarskynlikheid sou bereik om in 'n vliegongeluk betrokke te wees. Tog is 'vrees vir vlieg' een van die ses mees gevreesde oorsake van dood. 

Daar is driehonderd-vyf-en-sestig 'vrees nie's in die Bybel - een vir elke dag van die jaar. 
As jy jou kwel, twyfel jy aan God en maak jy 'n deur vir die duiwel in jou lewe oop. 
Hoe lank al doen jy dit? 
Wanneer gaan jy daarmee ophou? 

Wetend dat Abraham sy gemaksone en basis van veiligheid verlaat, het God gesê, 
..."Abram, jy moenie bang wees nie. 
Ek sal jou beskerm. 
Ek sal vir jou baie gee."' (Genesis 15:1). 

En vandag sê God dieselfde vir jou.

Shalom

No comments: