Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, October 24, 2010

Prayer / Gebed...!

Gebed is........ versoek !
Die essensie van 'versoek', is verskillend met  'bevel' / 'instruksie' dat toestemming daartoe,  MAG of NIE MAG verleen word.......... 

Die Woord is vol van Bevestigings dat die Here ons  'aanhoor' & ons gebede sal verhoor......in Sy Tyd. 
In praktyk is daar die gevaar dat ons hierdie wonderlike waarhede kan verdraai & God in 'n persoonlike Genie-lyfbediende wil sien funksioneer; gereed om elke versoek van ons onmiddellik aan aandag te gee & in volle maat te bevredig...! 

Die Waarheid is egter:
Ons het 'n Verantwoordelikheid om GOD se WIL rakende dit omvat in ons versoek, -allereers te soek....
Ons wens(e) is NIE 'n bevel vir Hom om onmiddelik te reageer op elke voor- & afkeur vanaf ons nie. 

Ten einde te voorkom dat ons gebedstyd in die aframmeling van 'n 'wens-lysie' ontaard, is dit nodig om te verstaan dat.....
..Gebed is 'n Wyse van gesprekvoering in 'n werklik-lewende Verhouding tussen mens met God !

Gebed is NIE toorkuns nie!
God het in Sy Alwetendheid ons uitgenooi tot 'n Verhouding met Hom. 
Hy het ook die Gespreksmedium daartoe vir ons gegee:  Sy Seun Jesus Christus as die 'Sleutel' tot die ontsluiting van hierdie 'Geheim van Gebed'

Wanneer ons derhalwe God vra om in ons behoetes te voorsien, -(iets wat Hy ons aanmoedig om te doen), moet ons onthou ons 'praat' met Iemand wat...
...ons oneindig Liefhet;
... vir ons net die beste wil Skenk in oormaat;
... inderwaarheid alreeds Weet wat ons rerig nodig het; 
... Wil he ons moet dit in 'afhandlike Geloof & Vertroue' van Hom op 'n daaglikse basis in Jesus se Naam vrae..

Stof tot nadenke....

In ons Gebed tot God..........verkeer ons in 'Intieme Gemeenskap' met die Een, wat 'n Verhouding van onvoorwaardelike Liefde met ons begeer.....
As ons maar net van ons trots & hoogmoed wil afstand doen & in nederigheid by Sy voete gaan sit & gewilliglik wil.........Luister, ..& dan doen !


Naskrif.... "Please.. don't give God instructions !  Just Report for Duty ! "

Harts-Begeerte vanuit my 'pens'...

 * Dat Gebed nie 'n uitspreking eerstens van my wil sal wees nie, -maar eerder 'n  'dankbetuiging' , sal wees vir die Voorreg om ons volkome te kan oorgee aan Sy Wil, innie daaglikse ontvouing van ons Lewensplan tot Sy Eer..! 

Shalom ! 

No comments: