Sekere mense wat reeds die tydige met die ewige verwissel het, -laat die agterblywendes agter met meer as net herinneringe...
Hul nalatenskap is 'verewig' in 'n 'Liefdes-herinnering' wat behoue bly in menige 'stille oomblikke' wat net weereens mens opnuut gedagtig maak aan hul afwesigheid !
Denkend aan hul onmiskenbare 'lag', hul 'menswees', hul 'bewuste teenwoordigheid' & somtyds herkenbare 'eienaardighede in onsselwers', -waarvan die oorsprong daarvan, net toegedig kan word aan die impak wat die gestorwenes se 'menswees-in-lewe', - op ons as agterblewendes gehad het...
Van die moeilikste dinge tydens 'n tydperk van rou, is om weer van nuuts af te leer om gewoond te raak aan 'n wêreld waarbinne die afwesiges nie meer fisies aanwesig is nie, -dog jou hart steeds in verlange verbind is met hom/haar....
Vir diegene wat iemand vandag mag mis & onmiskenbaar na hom/haar verlang:
Aanvaar dat met tyd, die wesenlike realiteit, -dat 'Liefde' nie sondermeer net verdwyn nie; dit verander net mettertyd op 'n manier waarin dit steeds sal bly /aanhou manifisteer.....
Geeneen berei hom/haar voor vir die 'lewe wat veronderstel was' om op 'n sekere wyse te gebeur het, -dog nooit so uitgespeel het nie... !
-Die 'Geselsies' wat nooit klaar & uitgepraat is nie...
-Die fyn uitgewerkte 'Planne' wat nooit gerealiseer het nie...
-Die 'Gewone Dae' wat aangeneem is, -altyd sou voortduur...
Rou of te wel om te treur oor iemand wat dood is, -is nie net oor die verlies van die persoon as sulks nie, -dog ook oor die verlies van die 'toekoms' wat jy glo vir jul bestem was om saam te ervaar...
Desnieteenstaande, selfs wanneer die felle realiteit die 'einde van die verhaal' herskryf, verdwyn Liefde nie...
Onwrikbaar hou dit aan om in stilligheid & onafwendaar, diegene wat ons liefhet, met ons in Gedagtenis saam te wil dra die 'Toekoms' in, -wat hul nie meer in onse aardse bestaan met ons sal meemaak nie...
'Liefde' moet derhalwe nie gemeet moet word aan die tydperk van hoe lank iemand op aarde aanwesig was nie, -maar eerder aan hoe kosbaar die impak was (& steeds is /mag wees), wat sodanige Geliefde op die agterblywendes gehad het...
No comments:
Post a Comment