"To love someone is to see the world through their eyes
To feel their pain
And their pasts
And to hold those little secrets safety in our hands
As carefully as if
They were our own..."
Ek wil glo dat Eendag, -jy dalkies 'n blyk van verwondering sal ervaar, deur die oë van iemand anders wat jou as 'Belewenswaardig' beleef...
Wanneer jy dit ookal mag/sal beleef, -jy 'n tikkie van Dankbaarheid sal ervaar vir die persoon wat jy inderwaarheid is, - danksy die klaring deur oë van 'n ander ! Hoe ander daarna smag & dit op Prys stel wanneer daar as die tyd geleë daarvoor is, wedersydse uitruiling van 'kosbare persepsies & perspektiewe' van die LewensAvontuur wel plaasvind....
Ek Hoop, jy sal ook die 'Positiewe Skuif in Energie' self beleef wanneer jy 'n vertrek sou binnekom, & sou sien hoe jy die dag ophelder vir 'n persoon wat jou teenwoordigheid sou koester as 'n kleinnood..
Ek wil Glo, dat dit genoegsaam sal wees om nie jou 'edelheid versonke in integriteit' te moet versaak, -te midde van die omringende kontaminasie van valsheid, agterbaksheid, korrupsie & vrees...! Jy is Lewende bewys daarvan dat Lojaliteit steeds 'n werklikheid is, met sagte refleksie van eerlike mening & terugvoer vir 'n ander wat op jou reken & sou wou staatmaak as vertroueling.
Verder glo ek dat jy weet dat die manier waarop jy jou Liefde & Menswees jeens 'n ander betoon, kosbaar is... Die manier waarop jy 'opdaag' & jou plek volstaan -meer beteken as wat jy ooit self sou weet...
Jy's 'Raar'...
'n Wonderwerk in wording, as antwoord op iemand se Gebed...
Genoegsame rede vir iemand om weer in hom-/haarselwers aan te hou glo...
Die tipe van Liefde laat diegene wat daarmee te doen gehad het, -as 'n 'beter' persoon agter as wat hy/sy was voor die Ontmoeting...
Mag jy dit Eendag ook jouselwers Glo!
Om Geliefd te wees is 'n Voorreg wat jy nimmer as vanselfsprekend moet aanvaar nie.
Die 'Gawe om die Geur van Liefde & Begrip' te kan vergestalt in die aldag-interaksie van elke dag, is 'n Skatkis van onuitputlike Waarde...
No comments:
Post a Comment