...Nederigheid,
...Matigheid,
...Stilte,
...Orde,
...Vasberadenheid,
...Spaarsamigheid,
...Ywerigheid,
...Opregtheid,
...Geregtigheid,
...Redelikheid,
...Sindelikheid,
...Kalmte,
...Kuisheid.
Hy het sy lewe in dertien herhalende weeklikse siklusse ingedeel, en op een van sy waardes 'n week gefokus.
Toe hy 78-jaar oud was, het hy op sy lewe en die waardes waarop hy sy lewe gebou het, begin terugkyk.
Alhoewel hy gevoel het dat hy die meeste daarvan bereik het, het hy die volgende oor nederigheid te sê gehad:
'Ek kan nie spog dat dat ek hierdie waarde baasgeraak het nie, want dit sal heeltemal teenstrydig met nederigheid wees.'
Die Bybel sê, 'Iemand wat nederig is en respek het vir die Here, kry rykdom, eer en lewe.'
Nederigheid is 'n interessante waarde: jy is veronderstel om dit te hê - maar nie om dit te weet nie!
Jonathan Edwards het gesê, '
Niks plaas 'n mens so ver uit die Duiwel se bereik soos nederigheid nie.'
As daar een ding in hierdie wêreld is wat jou ego nie sal soek of voor sal streef nie, is dit nederigheid.
Tog hang ware en blywende sukses daarvan af....
Shalom..... & Maranatha
No comments:
Post a Comment