Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, February 24, 2014

Liefde.... wat vir altyd by jou is !

Die Boodskap : Romeine 8.......
 
28Ons kan nou van een saak seker wees: God gebruik elke ding wat in ons lewens gebeur om sy doel te bereik. Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit.  
29Dit geld natuurlik vir almal wat Hy volgens sy ewige plan gekies het om in Hom te glo. God het elkeen wat Hy vir Hom uitgesoek het se lewe nuutgemaak. Nou kan hulle die beeld van sy Seun weerkaats. Wanneer hulle in Christus se voetspore stap en soos Hy leef, wys dit dat hulle aan God se nuwe familie behoort. En Christus is natuurlik die heel belangrikste Persoon in hierdie nuwe familie.
30Toe God besluit het wie almal aan sy familie sal behoort, het Hy hulle persoonlik op hulle naam geroep. So het hulle sy kinders geword. Verder het Hy almal wat Hy geroep het, ook vrygespreek van hulle sondes. Toe het God almal wat Hy vrygespreek het, met sy heerlikheid en goedheid oorlaai.
God se liefde is vir altyd by ons
31Wat is ons gevolgtrekking oor alles wat ons tot nou toe gesê het? Dít: God is aan ons kant. Wie sou dit dan nog waag om teen ons te wees?

God het ons elk so lief dat Hy met sy eie Seun se lewe, se bloed........ ’n bloedkontrak ("covenant") opstel!

Dit is ’n wonderlike belofte waaraan ons die HEELTYD kan vashou. 
Vir die res van ons lewe weet ons DIT. 
Wanneer jy dalk in moeilike omstandighede sit en dit voel of die branders jou gaan omslaan, moet jy WEET dat God 'al die stoppe vir jou sal uittrek'!
Jesaja 43........... waar God sê dat as jy deur diep riviere gaan, jy nie oorspoel sal word nie. God is net agter jou ........ Jy sal NIE verdrink nie.

En as dit so warm word dat die vlamme begin trek, moet jy weet dat dit jou nie sal skroei nie. 
God staan by jou. 
As dit net lyk of die vlamme jou wil brand, sal Jesus die vlamme blus; op Sy manier & Sy Tyd..

God IS  aan ons kant.

Dit moet ons op ons harte skryf, want swaar tye is deel van die mens se bestaan. 
Een of ander tyd gebeur daar iets in ons lewe wat nie lekker is nie. 
Verhoudings....... wat uitmekaar wil val........
Finansiële horisonne waar dit lyk of die son wil sak..........
Ewe skielik kom hang daar ’n donker wolk oor ons gesondheid of selfs 'dood' kom klop sonder waarskuwing aan ons deur. 
Dit is die realiteit....... van lewe
Ons lewe in ’n tyd waar sonde nog ’n vatplek kry;  waar mense soms net nie lekker besluite neem nie en nou sit ons met die gebakte pere.

Soveel te meer moet ons die bloedkontrak van God deel maak van ons bestaan. 
Ons moet die bostaande belofte van God op papiertjies skryf en orals opplak.  
........die Wete dat God immer reg langs jou...... NOU staan.
 As die vlamme te erg raak, kan jy maar net vra......
God SAL help. 
Daar is ’n bloedkontrak.........
As Naskrif:
Wees egter ook verseker dat sou  jy slegs in jou eie krag alleen probeer terugveg, -jy jou vreugde en vrede gaan/sal verloor......
 Maar sou jy ten VOLLE op die Here vertrou om namens jou die stryd te voer, jy sal belewe & besef hoe magteloos jy sonder God se ingryping is....!
 

Shalom & Maranatha

No comments: