Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Monday, January 13, 2014

Elke Dag se 'Geite'....


Elke dag het sy 'voetsleep-dinge'.......
Sommige aangenaam, -ander minder lekker.

Hoe trotseer 'n mens dit ?
Watter dinge kan dalkies mens help om die 'bergies' wat voor jou neergesit word, met 'n 'lied in jou hart' kaf te draf ?

Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees Ef 3:14

Enkele gedagtes...... (wat dalkies in sekere omstandighede, -wel kan help om die knoop deur te hak......):

*Wys die derhalwe die wêreld hoe God lyk......
Mense leer hoe God lyk deur te kyk na mense wat goddelike dinge doen. 
Jy hoef nie volmaak te wees nie, maar kan deur jou lewe iets van God se aard uitstraal.
*Wees dankbaar vir die lewe wat God jou geskenk het...... 
Die grootste kompliment wat jy aan die gewer van ʼn geskenk kan maak is om die geskenk ten volle te geniet. 
Jy is dit dus aan jou Skepper verskuldig om so gelukkig te wees as wat jy kan sonder om jou te belas met onnodige skuldgevoelens en verwyte. 
Die lewe is meer as ʼn eksamen waar jy moet bewys hoe goed of hoe slim jy is!
Dis ʼn avontuur met laagtepunte, hoogtepunte en gelyktes, maar altyd ʼn onvergelyklike ervaring....

* Wanneer jou lewe op ʼn laagtepunt is, beweeg aan of probeer ten minste om een voet voor die ander te sit al verg dit by tye al jou krag en inspanning om dit te doen. 
Al is die pad hoe donker, kyk hoe ver jy voor jou uit kan sien.....

 *Verwag dat daar tye van vertwyfeling sal wees want geloof is nie ʼn eenvoudige optelsom of ʼn eksakte wetenskap nie. 
Soms is die lewe saai en vervelig en sommer net "sad". 
Vat elke dag soos dit kom in 15 minuut inkremente.
Troos jou daaraan dat Jesus gehuil het, soos jy, dat heiliges ook gesondig het, dat die liewe Petrus ontrou was en dat die dissipels ʼn klomp bangbroeke was toe hulle moes staan waarvoor hulle geglo het.....

*Aanvaar dat geloof ʼn tou om jou bind wat jou lei waar jy nie altyd graag wil wees nie. 
God laat hom nie lei nie, Hy’s die een wat lei!
*Wees gewillig om ʼn bietjie aan jouself te sterf om by God te wees, want God het gesterf het om naby aan jou te wees.
*Skep ruimte in jou hart om lief te hê. 
Beoefen die liefde met toewyding in die wete dat ʼn mens nooit genoeg kan liefhê nie.
*Aanvaar wat en wie jy is en moenie daaroor stres nie, maar besef dat jy te kort skiet - net soos elke liewe mense op hierdie aarde! 
Dit is die aard van die mensdom. 
God alleen is volledig heel en goed.
*Moenie vasklou aan dit wat verby is nie. 
Aanvaar dat die lewe nie stilstaan nie. 
Treur oor jou verliese, vier jou oorwinnings, laat waters wat klaar gemaal het, verbygaan en lewe die lewe voluit.
*Wees deel van God se gesin. 
Die lewe is ʼn groepuitstappie wat familie, die gemeenskap, kerk, vaderland en die hele boksemdais insluit! 
Aanvaar dat daar heilige bande is wat jou bind. 
Vryheid kry alleen betekenis in verbondenheid aan die gemeenskap....

In die lig hiervan, "embrace the challenge of Life" & leef soos jy nog nooit tevore geleef het nie; en deel liefde uit soos nog nooit te vore nie.
Want God het jou gemaak om te leef en te sterf, te lag, en te huil en te wees wat Hy gedroom het jy kon wees: Sy geliefde kind!

Vat Sy Hand, -wat Hy na jou uitreik -om die pad vannie Lewe saam met jou te stap, deur dik & dun !

Shalom & Maranatha

No comments: