Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, August 12, 2012

'My Avontuur-REIS in GELOOF....na 'n allergroter-wordende Volheid-in-'Lewe', -wyl-op-aarde....!



Om elke geleentheid te gebruik om die geestelike reis wat God vir ons in Sy woord uitstippel met oorgawe en toewyding te wandel....... is moeilik, (veral in eie krag is dit ontmoontlik)!

Indien ek / jy, -ons egter 'waarlik' verbind  tot ‘n wonderlike God wat uit die oorvloed van sy liefdevolle genade vir ons die grootste denkbare geskenk gegee het in Jesus Christus, ons Here,  & derhalwe staatmaak op die voortdurende bystand van die Heilige Gees, -is dit 'n ander saak.......

 Uit oortuiging en dankbaarheid fokus ons dan, onder leiding van die Heilige Gees, op uitnemendheid in ons geestelike groei en in ons betrokkenheid om God se heerskappy op alle lewensterreine sigbaar te maak.

‘Goed genoeg’ is gewoon nie goed genoeg nie.

George Barna in sy boek. “Maximum Fatih: Live like Jesus.” , verwys na 10x haltes waarby almal van ons tydens ons 'lewensreis' aandoen. 
Sommige......... kom nooit verder as halte #1 nie.......
Die bedoeling is nie om te veroordeel nie, maar eerder om prakties te leer hoe om op die verskillende haltes te groei.

Hy stel dit dat van haltes #4 >,  af gaan dit oor wedergeboorte. 
Die tragedie is dat van die 9% wat hulle lewens aan die Here oorgee, baie min verby halte #6 kom. 
Halte #6 gaan oor heilige onvergenoegdheid
Daar is ‘n ontevredenheid oor beperkende strukture, doodse roetines en ‘n gelate aanvaaring van middelmatigheid in ons aanbidding van en toewyding aan die Koning van die kerk. 

Die gevaar bestaan om op halte 6 so ontnugter te raak en dan dan maar rustig terug te val na halte 4 waar ons heel wetties die basiese minimum doen en geen wesenlike impak en verskil maak nie.

Hiermee die tien haltes met die persentasie van betrokkenheid op die halte tussen hakies.
Dis interessant dat die navorsing aandui dat ‘, skamele 1 uit 200 mense by haltes #9 en #10 uitkom. 
Ons sien dit nie as ‘n geleentheid om vinger te wys en te verwyt nie. 
Dit is  ‘n uitdaging en ‘n roeping uit die hart van God en in lyn met die laaste opdrag van Jesus in Matteus 28:18-20.

Dit gaan nie eers daaroor dat ons by onsself moet begin nie. 
Dit is wel waar, maar wat eintlik waar is, is dat ons by God moet begin – aan die voet van die kruis, in die kragveld van die kruis en daarom in die beïnvloedingssfeer van die Heolige Gees.

VERSPREIDING ONDER VOLWASSENES OP DIE REIS VAN RADIKALE TRANSFORMASIE

Halte 1 :  Onbewus van sonde (1%)

Halte 2 : Onverskillig teenoor sonde (16%)

Halte 3 : Bekommerd oor die werlikheid en impak van sonde (39%)


Halte 4 : Aanvaar die vergifnis van sonde deur Jesus Christus (9%)

Halte 5 :  Self-belewenis van vergifnis deur betrokke te raak by kerklike aktiwiteite (24%)


Halte 6 : Heilige onvergenoegdheid (6%)

Halte 7 : Gebroke voor God (3%)


Halte 8 : Radikale oorgawe aan God en aanvaarding van Sy heerskappy in Christus (1%)

Halte 9 : ‘n Ongekende liefde vir God (0,5%)

Halte 10 : ‘n Onkeerbare liefde vir mense (o,5%)
Die riglyne is slegs van waarde mits......... ‘n gees van eienaarskap en verantwoording voor God en teenoor mekaar sou bestaan...
Verbind jou derhalwe daartoe om stap-vir-stap by die Here te leer om vanaf halte 6 te groei. 

GROEI DEUR HEILIGE VERONTWAARDIGING/ ONVERGENOEGDHEID :
Gesindheidskuiwe / "Paradigm shifts"
Hierdie onvergenoegdheid word aangeblaas seur die Heilige Gees en bestaan daarin dat doodse roetines en nuttelose strukture net nie meer genoeg is nie. 
Slegs my allerbeste vir die Allerhoogste.
Die feit dat jy ontevrede is met die manifestasies van jou geloof, jou Bybel lees jou gebedslewe, jou Christenvriende, ens., is nie ‘n teken van swakheid nie. 
Dit is ‘n teken van die lewe wat in die krag van die Gees besig is om in jou deur te breek.

Gedragsskuiwe "Behaviour modification" 
Lees jou Bybel met die oog op wysheid en ‘n innige verbintenis met God
Bid vir daardie dinge wat jy nodig het om volwasse te raak en te groei in jou verhouding met God.
Vas om jou fokus te verbeter.
Luiter met oorgawe na die stem van God in sy verskeidenheid van manifestasies.
Doen earlike en pynlike selfondersoek i.v.m. dit in jou lewe wat werklik vir God saak maak. Maak ‘n deeglike evaluering vna jou lewensdoelwitte, jou waardes, jou persoonlike en interpersoonlike verhoudinge, jou tipiese beoefening van jou godsdiens. 
Is dit belyn met die groot dinge wat God vir jou in gedagte het?
Stel jouself oop om die genade van God te ontvang en daar uit te leef.

Vrugte: Die Bewys van Groei
Die eerste aanduiding van geestelike welstand is juis jou heilige ongeduld met godsdienstige speletjies. 
Juis daarom is jy met reg in opstand. 
Jy is nie ‘n ‘heilige’ wanneer jy kerkpolitiek, leë roetines en rituele asook sinlose herhalings gelate aanvaar nie. 
Dit maak eerder van jou ‘n robot of ‘n marionet aan ‘n toutjie. 
Die punt van Christelike Geloof is juis nie om ‘n ‘goeie’ lidmaat te wees nie. 
Jy is geroep om ‘n getransformeerde kind van God te wees wie se missie daarin bestaan om God te eer en mense te seën op wyses wat ‘n blywende verskil in die geskiedenis en lewens van mense maak. 
Indien jy dus geïrriteerd raak met handelinge en verwagtinge wat daardie tipe verhouding met God belemmer – wel gedaan, jy is goed onderweg na halte #7.

Baie Sterkte & Seen-in meelewing-deur die Heilige Gees, -met hierdie ........Geloofsreis ...!

Shalom ....Maranatha

No comments: