Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Friday, July 27, 2012

Gebed..........


Jesus het ons leer bid, 'Gee ons vandag ons daaglikse brood.' 

Let op die woord........... 'daaglikse.'
Jy kry nie krag vir vandag se geveg met gister se brood nie; dit moet vars wees...!

In die woestyn is God se volk toegelaat om slegs genoeg manna vir een dag bymekaar te maak; enigiets meer het sleg geword. 
Mens wonder oor wat God gister gedoen het en wat Hy môre gaan doen, maar al wat jy het, is vandag...?
 'Gee ons vandag ons daaglikse brood.' 
As jy eet wat God vandag gee, kan jy standhou teen die uitdagings wat jou in die gesig staar. 

Hierdie gebed is 'n uitdrukking van 'pragmatiese' Geloof-in-Praktyk. 

Bloot die feit dat jy vra, beteken jy glo God het wat jy benodig, en dat Hy genoeg omgee om vir jou te verskaf. 
Dit sê derhalwe eintIik: 
'Ek het nie nodig om na enigiemand anders te gaan behalwe U nie, Here.' 

Skakel DAAROM af die TV, sluit die deur, gaan op jou knieë en vra God in geloofsgebed:
 'Gee vir my wat ek benodig vir hierdie dag.' 
God weet wat jy nodig het, jy nie! 

Terwyl jy eet wat Hy daagliks gee, sal jy die aanslae van die lewe kan hanteer. 
En onthou................: 
As mense vir geen ooglopende rede nie op jou senuwees begin werk, of jy ervaar wisselende buie, of jy leef deur gevoelens eerder as geloof, is dit dalk omdat jy nie reg eet nie! 

As dit so is, is dit tyd om na jou bron terug te keer en te vra, 
'Here, ek kom vir my daaglikse brood.'

Shalom.....Maranatha !

No comments: