Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, June 16, 2012

Wag...! / Wait....until.......God moves....?

Moenie God vooruitloop nie en jy sal Sy beste ervaar..... !

As jy al tot God gebid het om jou .....
.....die regte maat te stuur 
....of 'n beter werk, 
....of die hart van 'n moeilike kind te verander, onthou:
1. of Hy die situasie verander 
2. of JOU verander, 
...........Hy '[sal] genadig wees vir [jou].' 

God sien die groter prentjie en Hy het ons so lief dat Hy 'alles ten goed laat meewerk' (Romeine 8:28 NV).

 'Dis moeilik om sin te maak van die lewe se uitdagings as jy midde-in dit staan...jy's te moeg, jou perspektief is beperk...jy het nie die krag of visie om dit op jou eie te doen nie...

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie' (Spreuke 3:5 NV) ...............beteken op te hou met jou spartelende pogings om mense, omstandighede en tyd te bestuur...en die leisels oor te gee aan die Een wat die pad ken. 

Dink daaraan; as jy geweet het wat jy doen, sou jy in hierdie gemors gewees het? 
Ons praat altyd van wag op God. 
Maar Hy wag ook op ons...
....totdat ons reg is om te ontvang;
...totdat ons weet waarvoor ons vra;
...totdat ons voldoende in ons hart voorberei het;
...totdat ons nie meer gegrief en ontevrede voel nie;
...totdat ons 'n behoorlike vlak van volwassenheid bereik het en 'n verhoogde begrip het 

Soms wag Hy totdat ons dink Hy het ons vergeet, net om ons geloof te toets en te laat groei.
Onthou, '...vir die Here is een dag soos 'n duisend jaar...' (2 Petrus 3:8 NV). 

Hy werk teen die agtergrond van die ewigheid...en Hy kan 'n probleem binne minute oplos, ............of oor twee geslagte.' 
Jesaja sĂȘ: 'Die Here [is] gretig om julle genadig te wees...
Dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.' (Jesaja 30:18 NV). 

Wag! 
Moenie God vooruitloop nie en jy sal Sy beste ervaar.....

Shalom..... Maranatha

No comments: