Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Friday, June 15, 2012

"Shadowing".............die Heilige Gees !


Die Heilige Gees is as Gids vir ons gegee...... 

Soos ’n gidshond ’n blinde in die donkerte “laat sien”, so help die Heilige Gees ons ook om op die regte pad te bly. 
Tog weet ons dat ons dit nie altyd regkry nie. 
Die wêreld se geraas stamp ons dikwels van die stasie af en dan hoor ons nie die stem van die Heilige Gees nie. 
Wanneer ons dan by ’n 'keuse' kom, weet ons nie watter kant toe nie en hoe groter die onsekerheid, hoe harder kom die gesuis van die radiotjie se kant af. 
Johannes verstaan dit. 
Vandaar die baie eenvoudige maar kosbare raad: My liewe kinders, konsentreer nou daarop om baie naby aan Jesus te bly leef......
So eenvoudig soos dit. 

As nuwe kelners opgelei word, moet hulle eers shadowing doen. 
Dit beteken dat hulle vir die eerste dag of drie al agter 'n ervare kelner aanloop, maar self mag hulle niks doen nie. 
Hulle mag net kyk hoe die 'expert' dit doen. 
Die nuwe kelner mag nie met die kliënte of selfs die kokke praat nie. 
Hulle kan net vrae vra. 
So het hulle dan stadig begin verstaan wat dit beteken om kelner te wees en kon hulle begin om die dinge wat ’n kelner doen, self te doen. 

En dit is wat Johannes hier bedoel. 
Ons moet naby aan Jesus leef. 
Ons moet elke dag in die skaduwee van Jesus stap, want dit is daar waar ons leer hoe ons moet optree.

In praktyk beteken eenvoudig....... dat ek elke besluit wat ek neem eers moet double-check met my Gids en Leermeester.

Ons moet in Jesus se skaduwee volg /beweeg. 
Elke keer as ek by ’n keuse kom, moet ek vrae vra. 
Voordat ek my mond oopmaak om iets vir iemand toe te snou, moet ek eers vir Jesus vra wat die regte manier is van doen. 
Wanneer ek besluit om iets te wys vir die persoon wat soos ’n padvark ry, moet ek eers in Jesus se skaduwee vir Hom ’n vraag vra. 
Wanneer ek met die TV se afstandbeheer in die hand sit en ’n keuse van ’n kanaal moet maak, moet ek eers vra. 
Wanneer ’n ou met ’n klomp kontant in sy hand voor my staan, moet ek maar eers ’n vraag vra, want hier kan ek baie gou na die geroep van al die gate om my luister. 
Jesus sal nooit moeg raak vir al die vrae nie. 
Al vra jy by daai moeilike besluit elke keer vir Jesus. 
Hy sal elke keer vir jou antwoord. 
Ja, Hy sal...........!

Jesus weet waarvan Hy praat, want Hy was self hier, met sy voete vol stof. 
Hy weet van mense wat ander probeer inloop. 
Hy weet van mense wat elke dag gekonfronteer word om van die pad af te klim. 
Hy weet van geld wat te min is en die gate wat net groter en groter word. 
Hy weet van die regte antwoorde gee. 
Jesus weet wat die regte ding is om te doen. 

29Julle weet mos dat Jesus se verhouding met God in elke opsig foutloos is. In alles wat Hy doen, tree Hy reg op

Watter persoon ken die uitvindsel beter as die ontwerper self? Toe Alexander Graham Bell in 1877 die telefoon ontwerp het, was daar geen ander ou op aarde wat die telefoon beter verstaan het nie. 
Hy het die binne en buitekant soos die palm van sy hand geken. 
Net so ken God ons mense se binne en buitenste. 
Hy sit met die antwoorde, ons moet Hom net vra en Hy sal ons in die regte rigting lei. Wanneer ons voortdurend by Jesus seker maak oor die regte ding, sal ons op die ou end dit doen wat God in ons geprogrammeer het. 
Dan sal ons die toets van die tyd deurstaan. 
Dit is vir julle die toets: elkeen wat so volgens God se wil reg optree, is ’n ware kind van God.

Ja, dan sal die wêreld sien ons is ware kinders van God. 
Nee, nog meer! 
Dan sal die mense wat met ons in aanraking kom, aan hulle lywe voel dat ’n kind van God ’n verskil kom maak het. 
Mag ander dan ook graag in Jesus se skaduwee loop om te leer, omdat hulle by ons gesien en gevoel het......

Shalom ......Maranatha

No comments: