Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Sunday, June 03, 2012

Jy SE jy IS 'n Christen...?



In sy toespraak op Pinksterdag staan Petrus op en "onder leiding van die Heilige Gees" skets Hy die plan van God vir almal. Die boodskap is:
 "Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word."
Dis maklik....
Dis eenvoudig....
Dis Verstaanbaar aan 'n ieder & elk !

Daar is mense wat dink dat 'n Christen wat "gered word", is een wat goeie dade doen, of elke gebod hou, of 'n aangename allemansvriend is.
Hiervan word niks deur Petrus genoem nie..... 
Hy sĂȘ gewoon dat Jesus die Here is en dat elkeen wat Hom aanroep, gered sal word, (of God s'n sal wees.)

Dus, 
 'n Christen is iemand wat........
- Gedurig na Iemand roep. 
-  Oppad is 
-  Wat iets in sy hart het van wat die Koers is ( wat elke dag deur die aangeroep word, bepaal word). 
- Onrustig is buite hierdie teenwoordigheid, 
........maar ken 'n Naam en vra gedurig sy koers. 
Hy weet dit sal uitloop op 'n aangesig-tot-aangesig ontmoeting met sy Reisgenoot op 'n dag of iewers in 'n ewigheidsmoment. 




Dis belangrik om te onthou Christene is nie noodwendig "beter" as ander nie...."they're just more Christ-like..." 

Christene het 'n 'bestemming' hoewel meeste die begrip nie juis begryp nie..... 

Hulle is bloot beter ingelig, en ken 'n Naam; 'n Naam wat hulle in liefde, nood en aanbidding gebruik.

Shalom ..... & Maranatha

No comments: