Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, April 25, 2012

Life is........An Easter egg hunt!


Die lewe is iewat nogal soos 'n "easter egg hunt", waar God vir ons skatte weggesteek het op die onwaarskynlikste plekke, en nie kan wag vir ons om dit te ontdek nie... 

Soms stamp ons ons koppe teen dieselfde muur vir jare lank maar daardie muur is juis daar om ons in die regte rigting te wys...

Sou jy alles in jou lewe beskou asof jy dit in die eerste plek so beplan het, sal dit jou houding teenoor die lewe transformeer.
God is in beheer en Hy het Sy Groot Plan met ons en weet wat ons nodig het vir ons geestelike ontwikkeling, want uiteindelik is hierdie wereld nie ons tuiste nie. 
Ons is hier om te leer en te verbeter.
Niks gebeur sonder doel of rede nie, en omdat God 'n God van Liefde is, het hy ons gemaak vir genot en plesier en liefde en om Sy Liefde aan andere rondom ons oor te dra, in woord en daad, elke dag. 
Hy het nie nodig gehad om die Skepping so pragtig te maak nie, maar Hy het dit wel gedoen, vir ons waardering en plesier. 
Ons is nie gemaak om te "verduur" nie, maar vir Sy plesier, om hierdie pragtige wereld wat Hy vir ons geskep het, te versorg en geniet......

Shalom & Maranatha

No comments: