Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Wednesday, March 14, 2012

Bruikbaar / "Being utilized" ..........deur God ?

...There are some Questions that can't be answered by Google....


As jy gemeen het jy is nie gekwalifiseerd om deur God gebruik te word nie, verander jou denkwyse! 
- Toe Elia vir Elisa geroep het, was hy besig om te ploeg. 
- Toe Jesus vir Petrus geroep het, was hy aan't hengel. 
- Om God te volg, moes Elisa sy boerdery laat staan en Petrus sy visvangery. 


Kan jy jou voorstel dat 'n dissipel se vrou sê, 'Hoe gaan ons die rekeninge betaal?' 
Om God te volg, is soos om op sneespapier te trap en soliede rots onder jou voete te voel. 
Maar jy sal NOOIT die rots voel, TENSY jy bereid is om op sneespapier te trap nie. 


As God jou vra om van 'n veilige hawe weg te stap wat nog altyd deel van jou lewe was, neem jou talent met jou saam.
- Matteus, 'n rekenmeester, het sy pen saamgevat en die eerste boek van die Nuwe Testament geskryf. 
- Toe Dawid na Saul se paleis toe is, het hy sy harp saamgeneem, en die psalms geskryf wat ons vandag nog sing. 


Dis hoekom dit belangrik is om te weet dat dit God is wat jou roep, en wat deur betroubare leierskap bevestig word. 


As jy wegspring voordat die afsetter sy pistool gevuur het, word jy van die wedloop gediskwalifiseer. 


Wanneer God jou roep, moet jy vier dinge in gedagte hou: 
1) Daar is 'n prys te betaal. 
As jy bereid is om dit te betaal, kan jy die beste van God kry. 
2) Daar's 'n pad om te loop. 
Elke tree is 'n geloofstree. 
3) Daar is beginsels om te handhaaf. 
Jy moet God se wil uitvoer, God se weë, om geseën te word. 
4) Daar is 'n belofte om jou te onderskraag. 


'...Jy moet vir niks skrik nie, want jou God die Here sal by jou wees, oral waar jy gaan' 


Shalom & Maranatha

No comments: