Pages

Search "Moose Chronicles".....for :

Saturday, January 21, 2012

Funeral of a Loved one... / Begrafnis van 'n Geliefde...

Isn't everyone of us craving for.... Flowers / 'Accolades of Appreciation', whilst STILL ALIVE... 
rather than beautiful Wreaths  displayed as : 'In Memory of....' 
when we ARE then...
Finally Gone...?  HJ 

Die foto van 'haar wat was' voor in die Kerk as herinnering; verbeeld statig ooreenkomste met die profiel van 'n eertydse 'Ingrid Bergman' soos in Casablanca.
- 'n Pragtige jong Vrou in die Fleur van haar lewe, -met sagte oe & gelaatstrekke vergesel van 'n innemende glimlag; omraamd met 'raaf-swart' hare....
Dit laat my onwillekeurig daaraan herkou-hunker, dat sy maklik ook mý voete onder my sou kon uitslaan in 'n 'Ander Lewe'...........

Die dominee ook ver gevorderd in jare & met silwerhare op sy kop, praat uit die moed van sy oortuiging oor die 'Hoop deur Geloof & Opstanding tot die Ewige Lewe' !
Daar is géén onsekerheid in die entoesiasme wat gepaardgaan met sy uitsprake nie.....
Hy Glo ...!
Gelowig, ...ook is Hy is oppad..... 
Dáár Soontoe; daar waar dié een wat hom vooruitgegaan het, nou rééds Is.
Sy, nou sonder pyn, of die afgryse, inherent van skete & kwale wat ouderdom vergesel, as 'n moedige metgesel. 
Sy,  -'behoort' tans, -'daar Hinter', -nagenoeg byna soos die op die slégs wit-&-swart foto.... ewe-eens 'Volmaak-te-wees' 

God het egter 'Gesien' dat sy ( Bessie), word moeg
.. & die gedagtes, -al korter, vergetelend, dag na dag...
Daarom het Hy Sy 'Arms' , Liefderik ook om haar toegevou soos 'n 'toedraai-lappieskombers' &  saggies haar 'aan die slaap' Gesus met.....  
"Dis nóu genoeg..."
"Kom na My toe......"
"My Kind...?"
"Ek het solank vir jou gewag...."
"Dog, het Ek't soos geskryf vir jou in die Bybel, al lankal vir jóu 'n 'Plek' voorberei, 
-vir 'n Dag wanneer jy wél by My sou wees, -soos Vandag! "

Vir die agterblewende geliefdes & kennisse, wat haar agteruitgaan van die afsienbare tyd met liefdesoe moes betrag, was dit hartseer om te sien hoe die eens 'sprankel-mens' se lewenskrag so nietiglik met die verloop van tyd, wegkwyn....
Dog, elke goeie 'Woord & Daad' van haar van destyds tot nou, -se rimpels, wat steeds deur die 'kosmos weergalm' , word nie na waarde, weerspieel, in die 'silwer kroon' op haar eens pragtige swartkop...
Na 'n 'dubbel-syfer',-kortkop van 'n millenium, het haar 'goue Hart', - in stadige maat, egter ophou klop...
Vir elk wat haar geken het, dié se Harte is seer, want haar 'plekkie' hier 'benee' is..... leeg.
Haar 'Tyd' hier by ons "underlings" is Finaal, ook as 'Engel-ma', -uitgedien.....
In 'Moedige Geloof ' sien óók ons, -elk reikhalsend daarna uit om haar wéér Eendag by Jesus al-omarmend te 'mag' Sien...!
...vir haar & 'Myse eige Engel-ma', -ook genaamd Bessie, & al die ander Ouma Bessie's van weleer, 
-wat was, 
-is.... 
-nog sal wees.....   


Totsiens, vir 'n 'Wyle' maar NIE Vaarwel......,...
sou ek met 'Permissie wou Se,'....is meer gepas.....
....tydens dié 'Verposing van Geloof & Hoop'  
-in stadige tydsverloop 
van ook elk van ons se 'Lewenssiklus' .....
totdat ook 'dit',-knarsend soos 'n wiel se as, 
- te midde van Liefde,
......dan Tydelik & NIE-Finaal terugkeer
... na 'Aardse as'!     (HJ: 20120121)
Shalom

No comments: