As jy nie wil hê dat mense sekere dinge moet
onthou nie, moenie daaroor uitwei nie....
As jy nie later allerhande stories
daaroor wil hoor nie, moenie daaroor praat nie.
As ons net kan leer om stil te
bly, sal ons baie minder struweling en stres in ons lewens hoef te verduur.
Laat die volgende Skrifgedeeltes jou lei sodat jy kan leer wat om te sê,
wanneer en aan wie: * 'Skinderstories... sink tot diep in jou gemoed. (Spreuke
18:8);
* 'Vriendelike woorde bring lewe...' (Spreuke 15:4);
* 'Wie 'n wag voor sy
mond het, bly uit die moeilikheid' (Spreuke 21:23).
Wees versigtig wanneer jy
met mense oor jou eie foute praat; jý mag dalk opreg wees, maar wanneer jy pyn
verduur, kwesbaar is en ondersteuning nodig het, is jy geneig om netelige
kwessies op te rakel wat eerder kon gebly het.
Moenie aan ander skietgoed
verskaf nie.
Daar is natuurlik gevalle waar blootlegging reg en verstandig is.
Jesus het egter gesê dat wanneer iemand teen jou sondig, jy die volgende drie
dinge moet doen. 1. Eerstens, bespreek die saak met die persoon alleen.
2. Indien dit
nie werk nie, neem twee of drie volwasse mense saam met jou.
3. Indien dit nog
steeds nie help nie, mag jy dit onder die aandag van die kerk bring
(Matteus
18:15-17).
As jý gesondig het, vra God om vergifnis, want Hy sal jou vergewe;
hou jou oë dan op jou toekoms gerig en laat die res aan Hom oor.
God kan jou
red en jou beskerm.
Wanneer Hy kies om dit nie doen nie, gebruik Hy waarskynlik
die geleentheid om jou te ontwikkel.....
Dog, daar is ook egter tye wat die Here mense oor jou pad laat kom.....
Mense wat soekend-vraend is na antwoorde wat jy mee kan help....
Sonder om te twyfel weet ek dat God vir ons
almal laat weet dat ons dan NIE moet stilbly nie. Met party sal mooipraat werk,
maar met ander moet ons dalk ’n bietjie harder praat, selfs ernstig vermaan.
Call a Spade a spade......
Overgesetseinde 'n Graaf is 'n graaf !
Shalom
Impressions ....to Ponder on? These 'writings'represent the "person behind the eyes" These are merely 'Glimpses in my Soul' of some of the things I do treasure, & care for.... Breathings of my Heart..' Die oorsprong hiervan kom uit 'n verskeidenheid van bronne. Enersyds is dit herinneringe oor 'wat belangrik is', -vir eie gebruik. Andersyds kan andere wat dit van waarde vind ook dit hulle s'n maak.Type TOPIC in, -below at "Search"
Pages
Search "Moose Chronicles".....for :
Labels
Encounter with GOD
(347)
Daily Life
(331)
Relationships
(245)
Work related
(63)
Travel - Adventure
(8)
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment